Foto’s: Só lyk Kaapse kus ná woeste hooggety

(Foto: Andre Stroebel, speaker van die Hessequa-munisipaliteit.)

Beskadigde infrastruktuur, motorwrakke en bolle skuim was Sondagoggend in verskeie kusdorpe in die Oos- en Wes-Kaap te sien terwyl die owerhede hul staal vir nóg ’n moontlike woeste hooggety.

Nog fratsgolwe – met deinings van tot 2,9 meter – word tydens vanmiddag se hooggety tussen 15:00 en 17:00 aan die kus verwag.

Dít nadat gevaarlike fratsgolwe Saterdag tydens hoogwater skade in onder meer Gqeberha, Sandy Bay, Drieankerbaai, Gordonsbaai, Jongensfontein, Heroldsbaai, Wildernis en George aangerig het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die see was vanoggend op plekke steeds stormagtig en die laaggety laer as gewoonlik.

Die NSRI en nooddienste is op hoë gereedheid geplaas sou nog fratsgolwe vanmiddag tref en doen ’n beroep op die publiek om versigtig te wees wanneer hulle naby die water kom.

(Foto: Andre Stroebel, speaker van die Hessequa-munisipaliteit)

Stormagtige waters by Buffelsbaai. (Foto: Verskaf)

Só lyk Bloubergstrand. (Foto: Verskaf)

Só lyk Bloubergstrand. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karoo ·

Media lig mense voor en geduurende die tyd in van storm weer, so hoekom parkeer jy dan jy voertuig reg by die see?
NRSI vra mooi… bly weg, maar nee, mense maak ‘n uitstappie daarvan en ry af see toe om golwe en verwoesting te sien??? Regtig!! l

Bolandse Nooi ·

Dom kry soos wat Dom doen. “Curiosity killed the cat!” sêg die Engelse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.