ʼn Oryx-helikopter van die lugmag is Saterdag ingespan om ʼn egpaar na veiligheid te bring ná groot oorstromings by Loch Vaal in Vanderbijlpark.
Swaar reën het die afgelope paar dae oor die gebied uitgesak.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê nooddienswerkers kon nie die ouerige egpaar, wat in hul huis gestrand was, na veiligheid bring nie.
“ʼn Oryx-helikopter van die lugmag is ontbied om die egpaar op te hys en na droë grond te neem. Hulle is nie beseer nie,” het hy gesê.
Gauteng: Air Force helicopter rescues two after Loch Vaal flooding, Vanderbijlpark. @News24 @_ArriveAlive @Mooivaalmedia @maroelamedia @SowetanLIVE @TimesLIVE @eNCA @City_Press @SABCNews @Netwerk24 @BeeldNuus @RekordNewspaper @IOL @IOSNewsSA @JacaNews @FatalMoves @news365coza pic.twitter.com/bZl2A6jLi4
— NETCARE 911 (@Netcare911_sa) January 16, 2021
Sommige paaie in die gebied is tydelik gesluit en mense is gevra om ekstra waaksaam te wees.
- ‘n Lugfoto van die Vaalrivier en Loch Vaal wat na links vertak. (Foto: Warren van der Weide)
- (Foto’s: Netcare 911)
- (Foto’s: @Charley51120559/Twitter)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
So dankbaar dat die 2 ouer persone deur SA Weermag gehelp kon word.
Dis nou waar die SANDF van nut is nie om strande te bewaak nie.