[Foto’s] Talle busse in Pretoria gebrand; paaie afgesper

Busse word Maandagaand (20 Junie 2016) in Mamelodi, Pretoria gebrand. Foto: Verskaf

Busse word Maandagaand (20 Junie 2016) in Mamelodi, Pretoria gebrand. Foto: Verskaf

Talle busse is glo Maandagaand aan die brand gesteek tydens gewelddadige betogings na aanleiding van die ANC se nuwe burgemeesterskandidaat vir Tshwane.

Die betoging het aanvanklik in Arcadia begin waar betogers ʼn metropolisiebeampte se motor omgegooi het. Die betoging het egter uitgebrei na Soshanguve, Mamelodi en Atteridgeville waar betogers al meer gewelddadig geraak en verskeie strate afgesper het.

Foto’s van die wrakke van gebrande busse wat deur inwoners gestroop word, is Maandagaand op sosiale media gedeel. Dit is in dié stadium onduidelik presies hoeveel busse gebrand is.

EWN het aanvanklik berig Putco het bevestig dat 20 van die maatskappy se busse in Atteridgeville gebrand is, maar het die verklaring later teruggetrek en gesê dit is net twee busse. ʼn Woordvoerder van Putco het glo aan die nuusagentskap gesê dat die busmaatskappy se bedrywighede Dinsdag geraak sal wees weens die busse wat vernietig is.

Volgens News24 is daar ook 19 Autopax-busse in Mamelodi gebrand terwyl hulle op pad was om die depot te verlaat.

Busse word Maandagaand (20 Junie 2016) in Mamelodi, Pretoria gebrand. Foto: Verskaf

Busse word Maandagaand (20 Junie 2016) in Mamelodi, Pretoria gebrand. Foto: Verskaf

Maroela Media verneem die Pumulani Tolhek op die N1 naby Hammanskraal is Dinsdagoggend gesluit weens geweld in die gebied. Verkeer is glo erg ontwrig weens die betogings en motoriste moes op die snelweg omdraai om van ander roetes gebruik te maak. TrafficSA het op Twitter beweer die Daspoort-tonnel is ook Dinsdagoggend weens betogings gesluit.

Die ANC het Maandag aangekondig dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane vir die komende munisipale verkiesing sal wees. Kgosientso Sputla Ramokgopa, die huidige burgemeester, sal dus nie weer verkiesbaar wees nie, asook nie sy adjunk-streeksvoorsitter, Mapiti Matsena, nie. Die ANC in Pretoria is glo verdeeld in hul ondersteuning aan Ramokgopa en Matsena is ongelukkig omdat Didiza uiteindelik die keuse van die ANC se nasionale leierskap was.

Een van die gebrande busse. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Een van die gebrande busse. Foto: Twitter via @crimeairnetwork

Motheo Mtimkulu, die DA se mediabestuurder van die Tshwane-burgemeestersveldtog, het Maandagaand gesê die geweld in Pretoria se strate is aanduidend daarvan dat die ANC “oorlog maak met homself”.

“Hierdie geweld is ʼn simptoom van die ANC-faksievorming en binnegevegte nadat pres. [Jacob] Zuma en Luthuli-huis die plaaslike ANC teengestaan het deur ʼn buitestander te kry om as burgemeesterskandidaat vir die hoofstad te staan. Hierdie binnegevegte en ongehoorde geweld wys hoekom ons ʼn verandering in Tshwane nodig het,” het Mtimkulu gesê.

Hy het Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, uitgedaag om in te gryp en die geweld stop te sit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

73 Kommentare

jongste oudste gewildste
Grap

En so kom die ANC ook tot sy einde interessante tye wat voorlê

christine

Ges jys reg in vorige kommentaar. Nou as ons reg is sal daai vlg. verkiesing nie gebeur nie. Jammer dat ons die jets kan verloor want hulle vlug landuit.

Pops

Mag die DA Tshwane wen in hierdie verkiesing. Ooooo, dit sal SO lekker wees!!!

Nadia

Tipies! Kry nie hulle s’n nie dan breek en brand hulle af en verniel. Het nog niks opgebou sedert hulle die land oorgeneem het nie.

pieter

EK HET VOORSPEL RSA BRAND NA DIE VERKIESING EK WAS VERKEERD ONS BRAND NOU,SORRY EK TREK MY WOORDE TERUG.