Foto’s: Walviskarkas spoel uit by die Strand

Die walviskarkas wat Vrydag by die Strand in die Wes-Kaap uitgespoel het. (Foto: Facebook)

Die karkas van ’n boggelrugwalvis het Vrydagmiddag by die Strand in die Wes-Kaap uitgespoel.

Swemmers, roeiers, branderplankryers en seilplankryers word nou versoek om nié Saterdag óf Sondag langs die strandfront van die Strand in die water te gaan nie aangesien die karkas moontlik haaie kan lok.

“Ons doen ’n beroep op watergebruikers langs die Strandfront en in die rigting van Gordonsbaai en Macassar om bewus te wees van moontlike verhoogde haai-aktiwiteit in die gebied en versigtig te wees,” sê Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

Die Stad Kaapstad se spanne beraam intussen planne om die karkas binnekort te verwyder.

Tientalle mense het Vrydag op die strand saamgedrom nadat die karkas uitgespoel het. Die oorsaak van die walvis se dood is nie in dié stadium bekend nie.

“Met groot getalle [migrerende] boggelrugwalvisse tans in die omgewing van Kaapstad en ’n bevolking wat steeds herstel ná jare van walvisjag, is dit heel normaal om dooie walvisse van tyd tot tyd te sien uitspoel,” aldus die Seafari App.

Die walviskarkas wat Vrydag by die Strand in die Wes-Kaap uitgespoel het. (Foto: Facebook)

Die walviskarkas wat Vrydag by die Strand in die Wes-Kaap uitgespoel het. (Foto: Facebook)

Die walviskarkas wat Vrydag by die Strand in die Wes-Kaap uitgespoel het. (Foto: Facebook)

Die walviskarkas wat Vrydag by die Strand in die Wes-Kaap uitgespoel het. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.