Fotoverbod op verdagte in branderryer-moord

(Foto: pixabay)

Die landdroshof in Simonstad het ʼn verbod geplaas op die publikasie van enige foto’s van ʼn verdagte wat vir die moord op en kaping van ʼn branderryer in Scarborough in hegtenis geneem is.

Die landdros het die bevel gemaak hangende verdere ondersoek.

ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval verlede Woensdag toe ʼn man se liggaam in die kattebak van ʼn uitgebrande motor in Ocean View in Kaapstad gevind is.

Die verdagte is Vrydag in dieselfde gebied vasgetrek. Die polisie het beslag gelê op ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en die slagoffer se motorsleutel is in die verdagte se besit gekry.

Die branderryer is die laaste keer lewend by Witsandstrand, naby Scarborough, gesien.

Die 38-jarige slagoffer, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, was vermoedelik op pad terug na sy motor nadat hy gebranderry het, toe twee mans hom oorrompel het. Hy is glo in die voertuig se kattebak gedwing en hulle het met hom weggery.

Volgens die polisie het die mans twee vroue opgelaai, wat besef het iemand is in die kattebak en geëis het om uit te klim. Die mans het tydens die argument met die vroue teen ʼn ander voertuig gebots.

Die bestuurder van dié voertuig het die mans gekonfronteer, maar weggery toe hulle hom na bewering met ʼn vuurwapen gedreig het.

Die twee vroue is ongedeerd.

Die verdagte staan tereg op aanklagte van moord, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en roof met verswarende omstandighede.

Die saak is uitgestel tot 21 Mei vir ʼn borgtogaansoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

BlinkStephaans ·

Dit is omdat die robbies al die beskerming geniet dat dit gaan soos dit gaan… wys hul gevrete.

Cherokee ·

Ek hoop daar’s g’n kans dat sy borgtog aansoek sal slaag nie.

Francois ·

Ek is self n branderryer al 40 jaar
Ons word die heeltyd dopgehou deur skollies wat in die duine en bosse wegkruip.
Ek kan nie eers my vriendin in die kar los nie.
Ek kan net parkeer en surf by plekke waar dit veilig is.
Ek moet heeltyd my kar van die see af sit en dophou.
Hoekom moet ons die heeltyd rond skarrel omdat ons bang is ?
Wat vir n lewe is dit ?

Onkloko maboko ·

Sal jy dit laaik as jou foto na ares gewys word al is jy verkeerdelik gearresteer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.