Fraser vergader met Valke oor Ramaphosa

Arthur Fraser. Foto: ANA

Arthur Fraser, die voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, het Woensdag met die Valke vergader oor die strafregtelike klagte wat hy onlangs teen pres. Cyril Ramaphosa aanhangig gemaak het.

Fraser sê in ’n verklaring hy het die Valke van bykomende inligting verskaf om hul by te staan in hul ondersoek na die meer as $4 miljoen wat na bewering in 2020 op pres. Cyril Ramaphosa se wildsplaas Phala Phala in Limpopo gesteel is.

Die voormalige spioenbaas het ook sy waardering vir die Valke se “professionaliteit en die spoed waarmee die Valke op sy klagte gereageer het” uitgespreek.

Ramaphosa is in die spervuur nadat Fraser strafregtelike aanklagte by die polisie teen hom aanhangig gemaak het. Dit omdat hy glo nie die diefstal by die owerhede aangemeld het nie.

Fraser beweer boosdoeners het destyds met Ramaphosa se huiswerker saamgespan en dat Ramaphosa die voorval van die “Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en/of Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) weggesteek het”, asook dat die verdagtes in die saak ontvoer, ondervra en toe omgekoop is vir hul stilswye oor die voorval.

Lees al Maroela Media se berigte oor die omstredenheid rakende Phala Phala hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

casper ·

Hey Ramamparra – Jy is nou die padda in die pot ne !!!!!!!!!!!!!!

Harley Davidson ·

Ek vertrou die polisie nie en rapporteer niks by hulle net wanneer ek ‘n motor ongeluk moet aanmeld en dan ook net omrede die versekering dit verys, gelukkig nog net een keer gebeur. En sou ek 4 miljoen dollar het sou ek dit in ‘n mauritius rekening plaas so ja ek stem saam Ramaposa hier.

Anel ·

Die Fraser moet maar eintlik stil bly. Aan die eenkant laat hy ‘n misdadiger vry en aan die anderkant wil hy ‘n misdadiger aan die pen laat ry. Dat ou Ramapose ondersoek moet word is reg, naar wat van Zuma?

ROELOF ·

Fraser moet nou maar versigtig wees en gereeld oor sy skouer loer.

koos ·

Wys jou net, die hele cANCer is besmet en sieklik. Kyk maar net na die OG se verslag elders op MM oor hoe vrot die muslikte paliteite vaar.

twaalfboor ·

En hoekom was Fraser so stil vir twee jaar terwyl hy daarvan geweet het? En dan het hy ook vir Zuma parool gegee. Neewat ou Fraser, jys glad nie die hero hier nie. ALMAL van hulle het geraamtes in die kas. Net ñ kwessie van tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.