Gauteng gaan R12 miljard gee vir e-tol

e-tol

Argieffoto

Die Gautengse regering gaan R12,9 miljard bydra om die e-tol-skuld te vereffen.

Gautengse premier Panyaza Lesufi het Dinsdag met Enoch Godongwana, minister van finansies, en die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Bpk. (Sanral) se tegniese span vergader om uitstaande sake af te handel wat betrekking op die afskaffing van e-tol het.

Vuyo Mhaga, woordvoerder van die premier, sê daar is tydens die vergadering besluit dat die provinsiale regering ’n 30%-bydrae sal maak tot die vereffening van die e‑tol-skuld, sowel as die befondsing van die Gautengse snelwegverbeteringsprojek (GFIP).

“Tydens die vergadering is besluit dat die Gautengse regering altesaam R12,9 miljard (30% van R43 miljard) sal bydra, wat van verskillende inkomstestrome verkry sal word,” sê Mhaga. Dit is egter nie duidelik wat hierdie inkomstestrome sal behels nie.

“Die provinsiale regering sal met Gautengse inwoners konsulteer oor presies watter inkomstestrome gebruik sal word om die skuld te vereffen.”

Die provinsiale regering sal ook vergader oor ’n langtermyn-terugbetalingsplan, waar die tegniese span advies oor tydraamwerke sal gee.

“Deur die skuld oor ʼn langer termyn af te betaal, sal ons die druk op die provinsiale regeringsfiskus verlig, terwyl die lewering van maatskaplike dienste en ander noodsaaklike dienste soos die bekamping van misdaad, nie agterweë bly nie,” het Lesufi gesê.

“Baie werk moet nog deur die Gautengse regering, die nasionale departement van vervoer, Sanral en die nasionale tesourie gedoen word ten einde die e-tolprojek af te skaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Burgermeester ·

Ek dink meeste van ons sal graag wil weet van watter verskillende inkomstestrome is hulle van plan om R12.9 miljard te verhaal om van die skuld te delg.
Hoekom kan hulle nie die kapitaal vir beter gesondheid / wetstoepassing gebruik nie?

Parmantige samaritaan ·

Inkomstestrome: Lees “blanke belastingbetaler”.

H.A. ·

R12 miljard word nou weer gemors. Wat gaan aan met die regering ? Maar verder val die land uitmekaar!

Tante Toekie ·

Hulle het genoeg inkomstestrome. As hulle meer soek, kan hulle opstaan op en gaan werk daarvoor!

Bernard ·

Hoeveel hiervan na Kapsch Trafficom – die sinistêre Oostenrykers agter die skerms?

Kobus ·

Daar is geen manner Dat hulle n sent uit my sal kry nie good luck aan hulle

Pietertjie ·

NEE! Dis belastingbetalers wat die geld gaan opdok. Nadat baie van hulle reeds vir Etol betaal.

Anel ·

Nou wanneer wil hulle met die inwoners vergader? Hy praat twak, man.

annie ·

Ek like van daai inkomstestrome… Watter voordeel het die e-tol eintlik vir SA ingehou? Highway robbery ten beste. Uitlanders ploeg met die land al sedert oertyd. En dit hou nie op nie.

Lood ·

Die belastingbetaler gaan nou weer betaal vir die ANC se skema wat misluk het. Die e-tol stelsel moes al tien jaar terug geskrap word. Dan was die skuld baie minder, As ek reg verstaan word die skuld R5 000 000 meer per maand. As iets nie werk nie, skrap dit!

Danie ·

‘Gauteng’ menend die inwoners van Gauteng moet maar weer uithaal en wys. Gee eerder die 12 miljard vir Eskom sodat ons kan krag kry. Seker klaar vergeet dis die regering se skuld dat ons in die situasie sit.
Moenie die e-tol ding voor ons deur kom gooi nie – ons het nooit daarvoor gevra nie.

Danie ·

Eskom het geld nou as prioriteit nodig.Wat van die potholes op die grondpaaie??Of die gesondheid krisis ?? Nee wat ek gee op dis n nagmerrie.

E ·

Power to the people, ek het geweier om te betaal en sal weer. Dankie OUTA, dit was ‘n lang baklei, maar niks wat die moeite werk is kom vinnig nie. maar ek dink die regering het nou ‘n duidelike boodskap gekry – ek hoop die regering is een van 44 en lees hierdie, as hulle so aangaan, gaan ons dit verder uitbrei soos eiendomsbelasting ens ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.