Gauteng wil ook spoorweë afwentel

(Foto: @MbalulaFikile/Twitter)

In ʼn verstommende verwikkeling het die ANC-geleide regering in Gauteng ook sy begeerte uitgespreek dat passasierspoorverkeer na provinsiale beheer afgewentel moet word – en hom by die Demokratiese Alliansie gewend wat al jare lank dié noodsaaklike hervorming in die Wes-Kaap versoek.

Derrick America, die DA se woordvoerder in die Wes-Kaap oor mobiliteit, sê die sameloping van dié twee invloedryke provinsies is ʼn beduidende stap om die toekoms van passasierspoordienste in Suid-Afrika te verander.

Ricardo Mackenzie, Wes-Kaapse minister van mobiliteit, het vandeesweek die Gautengse LUR vir vervoer en logistiek in Kaapstad verwelkom vir ʼn omvattende drie dag lange interregeringswerkswinkel. Tydens dié byeenkoms het albei partye heelhartig hul begeerte uitgespreek dat passasierspoorverkeer afgewentel moet word en dat die taxibedryf hervorm moet word.

“Die DA in die Wes-Kaap sal, aangevuur deur dié gesprek, ʼn formele brief aan die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, skryf om te hoor of haar departement moontlik sy standpunt oor die afwenteling sal heroorweeg nou dat haar ANC-kollegas in Gauteng ook by dié versoek aangesluit het.”

America sê die DA in die Wes-Kaap versoek al jare lank dat passasierspoorverkeer afgewentel moet word, as mens die absolute belangrikheid daarvan in ag neem as ʼn lewensaar wat duisende individue soomloos verbind met die hartjie van Kaapstad se middestad. “Ons sien gretig uit na die reaksie van minister Chikunga en hoop ons sal sien hoe politieke wil belyn met die behoeftes en strewe van Suid-Afrikaners, eerder as die strewe van die ANC en sy kaders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lillian ·

En wat is, jul alternatief? Hoe gaan duisende trein passasiers by die werk en terug kom by die huis as hierdie hul enigste vorm van vervoer is? Julle dink alweer nie….

Harley Davidson ·

Die infrastruktuur is vernietig en sal moet herstel of vervang word ,hopelik het ons volgende jaar ‘n nuwe regering en kan die proses van opbouing begin.Die spoorweë se verval het begin onder voetwasser vlok wat die spoorweë polisie ontbind het in 86.

Theuns ·

Dis al manier om spoorvervoer te verbeter. Daar moet erens begin word en dis nie nasionaal montlik met die swakkeling cadres all over nir. Breek op na meer kleiner effektiewe areas wat in stand gehou en bestuur kan word. Wyse besluit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Uitstekend! Mense begin besef dat meer funksies afgewentel kan word. As ons weer sien breek die land op in kleiner onafhanklike state.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.