Gautengse raadslid se moordenaar gestraf

Mapiti Matsena (Foto: Verskaf)

Die voormalige voorsitter van Gauteng se portefeuljekomitee vir gemeenskapsveiligheid, Mapiti Matsena, se moordenaar is 30 jaar tronkstraf opgelê.

Monoko Francis Thoko (29) is in die Pretoriase hooggeregshof gevonnis nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van moord en huisbraak met die doel om moord te pleeg.

Matsena is in Julie verlede jaar in sy huis in Doornpoort noord van Pretoria vermoor. Hy is in die bors met ʼn skerp voorwerp gesteek.

Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die staatsaanklaer, Mari Marriott, het in die hof aangevoer dat Thoko die moord op Matsena beplan het aangesien hy die betrokke aand tot 21:00 gewag het om die oorledene se perseel te betree.

Matsena was saam met sy vrou en seun in hul huis in Doornpoort toe Thoko toegang tot die huis verkry het. Thoko het Matsena se vrou in die slaapkamer aangetref. Sy het geskree en Thoko het haar aangesê om stil te bly en ’n kombers oor haar gegooi.

Matsena is na die slaapkamer waar hy oorval en in sy bors gesteek is. Hy is op die toneel dood.

Volgens Mahanjana kon nie aangevoer word dat Thoko berou getoon het bloot omdat hy skuldig gepleit het nie aangesien die staat ’n baie sterk saak teen hom gehad het.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Moedeloos ·

Nog n moord op die kop van ons Regering en Hoedeman. Ek hoop jul het genoeg boekies om al hierdie dade op te skryf wanneer jul eendag moet erkenning gee wat het julle gedoen om die landsburger te beveilig en die skurke te laat boet.

Androclus ·

Lewenslank dis wat ek sou voorstel,dalk kry hy nog parool ook,ek weet nie wat in hierdie nuwe SA van julle aan gaan nie.REGtiG

Hennie ·

Hy behoort volgende week uit te wees op par-ool! Hy is helemal te swaar gestraf, shame!

Hennie J ·

As daar nie meer agter die moord is nie eet ek my hoed op. Ek glo die knaap is n huurmoordenaar wat vir die volgende 6+ jare gratis na omgesien sal word en wat dan lekker die lewe sal geniet met die vrugte van sy arbeid.

jou gewete ·

wens alle plaasmoordenaars kan so vinnig gevonnis word, al wat verkeerd is is dat dit doodstraf moes gewees het

Swerwer ·

‘n Jaar later na die moord gepleeg is word die skuldige toegesluit. Waarom is daar nie sulke vinnige reaksies op plaasmoorde en al die ander moorde nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.