Gautengse skermsweefvlieënier sterf naby Citrusdal

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Andre Morales Kalamar/Unsplash)

ʼn Skermsweefvlieënier van Gauteng is vroeër die naweek in ʼn skermsweefongeluk naby Citrusdal in die Wes-Kaap dood.

Volgens die Suid-Afrikaanse hangsweef-en-valskermsweef-vereniging (Sahpa) het die man (37) slegs vir ontspanning geskermsweef.

Hy het egter Vrydagmiddag aan ʼn geleentheid van die Glen Valskermsweefklub deelgeneem toe hy in die moeilikheid beland het.

Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nie bekend nie.

ʼn Ondersoek is van stapel gestuur, aldus Sahpa.

Volgens die vereniging sal daar verklarings by ooggetuies afgeneem en die saak ondersoek word om die bydraende faktore te verstaan.

“Sahpa mag nie die identiteit van die vlieënier bekend maak nie, en ook nie bespiegel oor die oorsaak van die ongeluk nie,” het die vereniging dit duidelik gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.