Gebou-ineenstorting: Dodetal styg tot vier

Foto: Pheladi Sethusa, @pheladi_s / Twitter

Foto: Pheladi Sethusa, @pheladi_s / Twitter

Reddingswerkers het ‘n vierde liggaam gevind in die puin van die gebou wat Woensdagoggend in Power Park in Soweto ineengestort het.

Nana Radebe, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, sê die liggaam is onder die puin verwyder terwyl drie ander liggame steeds onder die puin vasgekeer is. Die gebou was ʼn ou kragstasie wat agter die Orlando-torings geleë is.

Nooddienspersoneel moes Donderdag ‘n man se arm op die toneel amputeer om hom uit die puin te red. “Nooddienswerkers en traumadokters kon nie die balk van sy arm verwyder nie, want dit sou moontlik ʼn tweede ineenstorting veroorsaak het,” het Radebe gesê.

Altesaam vyf mans is sover uit die puin gered. Dit is nie duidelik of nog mense onder die puin vasgekeer is nie.

‘n Onbekende aantal mense, wat glo besig was om kabels en metaal te steel, was binne die gebou toe dit ineengestort het. Drie kon daarin slaag om te ontsnap en het die polisie en nooddienste ontbied.

Die foto’s is deur @SAR_K9_Unit op Twitter gelaai.

Die gebou voor en na dit ineengestort het:

Lees ook:
Gebou-ineenstorting: Man se arm op toneel geamputeer
Foto’s: Een dood, nog vasgekeer ná gebou ineenstort
Drie vermeende diewe in gebou vasgekeer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.