Gebouekapers swaar gestraf in Jhb-hof

hof-hamer

Argieffoto.

Twee gebouekapers is Woensdag swaar tronkstrafvonnisse opgelê in die Johannesburg-landdroshof.

Kenneth Ntila (58) het 15 jaar gekry en sy makker, Sinethemba Mkhumbuzi (43), agt jaar vir bedrog wat verband hou met hul onwettige oorname van Angus Mansions in die stad. Die twee mans is 4 September skuldig bevind in dieselfde hof.

Die skuldiges het tussen Augustus en November 2006 skuiwergate in die webwerf van die registrasiekantore vir maatskappye- en intellektuele eiendom geïdentifiseer en deur vervalste dokumente hulself as die eienaars van Angus Mansion geregistreer. Dié 67-eenheid-gebou is egter deur Philani Ma-Africa besit.

Ná hulle die eienaarskap van die gebou verander het, het hulle hulself voorgedoen as direkteure van Philani Ma-Africa en die gebou vir R3,5 miljoen verkoop.

Mkhumbuzi en Ntila, ʼn voormalige prokureur wat in 2014 van die rol geskrap is deur die prokureursorde, het toe aansoek gedoen om ʼn uitsettingsbevel wat toegestaan is. Hulle het die inwoners van Angus Mansion uitgesit en die meeste van hulle moes op die straat slaap. ʼn Bejaarde huurder is glo dood weens blootstelling.

Herman Mashaba, Johannesburgse burgemeester, het gesê die regmatige eienaars van die gebou het jare lank gesukkel om die eiendom terug te kry. Philani Ma-Africa het hom in 2009 tot die appèlhof gewend om die “verkoop” asook die uitsettingsbevel van Angus Mansions ter syde te laat stel.

Volgens Mashaba is daar tans 164 bevestigde gekaapte geboue in Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico K ·

Agt jaar tronk straf is nie ‘n swaar straf nie. Hy kan na 2 jaar moontlik uitkom. Nie vir iets wat met soveel beplanning en voorbedagte rade gedoen is nie en waar daar miljoene rand ter sprake is nie.

Basjan ·

Wanneer gaan sekere regeringsamptenare tronk toe vir hul bedrog sake?

Koos1 ·

Nooit nie Basjan, nooit nie.
Hierdie land het mos 3 stelle wette: 1 vir die gewone man op straat, 1 vir blankes en 1 vir die lede van die regerende party.

snoefie ·

begin heel bo! by 783 aankkagte! ek dink daar sal nog soveel bykom! op presidentsvlak gepleeg! en werk pad af ondertoe tot by rassiste wat blankes stadig wil kook sodat hulle dit nie agterkom en terug baklei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.