Gebrekkige veiligheid by Gauteng-hospitale ‘versterk kommer oor NGV’

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Solidariteit se Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns het Vrydag sy ernstige besorgdheid uitgespreek oor die kommerwekkende feit dat nie een van die staatsgesondheidsfasiliteite in Gauteng aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (OHSA) voldoen nie.

Hennie Bierman, hoof van Solidariteit se Beroepsgildes, meen “die flagrante miskenning van beroepsveiligheid” by Gauteng se staatshospitale en -klinieke is verdere bewys dat die regering nie toegerus is om ʼn nasionale gesondheidsorgplan uit te voer nie. “Hulle is nie eens daartoe in staat om die veiligheid van personeel en pasiënte in een provinsie te verseker nie,” sê Bierman.

Hy is veral besorg oor die lede van die Beroepsgilde vir Gesondheidspraktisyns wat in hierdie onsekere en lewensgevaarlike situasies moet werk en voer aan dat die staat geensins oor die vermoë beskik om selfs net die minimum aanvaarbare veiligheidsmaatreëls in te stel nie.

Dit volg nadat die portefeuljekomitee vir gesondheid die sluitingsdatum vir kommentaar op die voorgestelde Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering aangekondig het.

Volgens Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut, dien dit as verdere aanduiding van die staat se onbevoegdheid om selfs op beperkte skaal gesondheidsorgfasiliteite te bestuur. “Enigiemand wat van die veronderstelling uitgaan dat ʼn toename in die omvang van staatsbetrokkenheid by gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners noodwendig gepaard sal gaan met ʼn verbeterde vermoë om gehaltediens te lewer, is naïef of oneerlik,” sê Malan.

“Hoewel ons die idee verwelkom dat gehalte-gesondheidsorg toegankliker vir alle Suid-Afrikaners moet word, is ons daarvan oortuig dat die regulatoriese vaslegging en tegnokratiese beheer wat deur die NGV voorgestel word, die swakste moontlike voertuig is om hierdie doel te bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Carel ·

Daar is baie berigte nou oor NGV, lyk asof mense wakker geskrik het, uiteindelik. Daar is egter net een vraag. Dis of Soldariteit ‘n plan het, of nie? .

lewies ·

Ek stem saam met jou Carel. Kritiek is belangrik, maar kritiek sonder ‘n werkbare oplossings is nie konstruktiewe kritiek nie. Beter planne MOET nou die tafel geplaas word, sodat die geloofwaardigheid van die witras herstel kan word.

Gert van Wierdapark ·

Die NGV lyk na alles behalwe ‘n Plan met betrekking tot Gesondheid?!!!!

Hanna Hoekom ·

Die regering stel nie in kwaliteit dienste (gesondheidsorg ingesluit) belang nie. Hierdie NGV is maar net n manier om hul vet handjies op NOG geld te kan kry. Die grootkoppe gaan landuit gevlieg word vir mediese sorg. Die cANCer kan nie eens n rioolplaas bestuur nie…

Ander Koos ·

Wensdenkery om te dink anc regering sal hulle steur aan iets anders as dit wat hulle wil

KaterinaKat ·

As die oorweldigende meerderheid mediese fonds lede n klasaksie teen die regering bring, mag dit dalk help. Want anders gaan ons wat mediese fondse het, net so sleg af wees soos diegene wat na staatshospitale toe moet gaan. Ons gaan sterf in ons derduisende, ons kinders en kleinkinders. Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is, dat Alle Suid Afrikaners wat mediese fonds lede is, nou SAAMSTAAN soos een en hierdie abominasie keer voor dit te laat is. ONS EN ONS KINDERS EN KLEINKINDERS SE LEWENS GANG HIERVAN AF..As ons hierdie katastrofe nie ten minste Probeer keer nie, sal ons eendag moet toekyk hoe ons kinders en kleinkinders se lewens wegsypel terwyl hulle vergeefs wag om n dokter te sien. Merk my woorde hierdie dag. As die NGV eers ingestel is, is dit te laat. My ma het altyd gese: “Genadetyd gaan ook verby”. Ons genadetyd sal ook.

Kobus ·

Solidariteit kan maar Vrystaat Hospitale insluit,o.a. Pelonomi. Hierdie gaan oor om die uliesie onder die Massads te skep dat die Regeting omgee en is Politieke Populariteit spel vir 2020 verkiesing. Of dit sal werk pla hulle nie.

Von ·

Geen regdenkende mens kan hierdie saak ondersteun nie, die Anc het eenvoudig net nie die kundigheid of wil om van enigiets n sukses te maak nie…die boosheid gaan alle verstand te bowe????

Oom Jaco ·

Hartseer… En daar is sopas ń baba doodgebrand in een van hulle wonderlike staats (ngv) hospitale! Pragtige voorbeeld van wat vir ons kinders voorle?

John ·

Die ANC het die staatskas leeg gesuig en alle ander moontlike bronne is volgende. Infrastruktuur is skamel. Plattelanders en plakkerskampe gaan na groter sentra skuif. Munisipale dienste flop, waterkrisisse heers en kragvoorsiening is bloot ‘n gelukskoot. Die ANC het vir dekades groot geld getap uit Europa vir sy glo edele saak. Daai kraantjie droog op. Die regering het nog nooit omgegee vir armes nie. Dis bloot oèverblindery. Waarom die nuwe plan dan? Sosialistiese kommunisme en magsvergrype a la Kuba. Gooi ace by… is ons nuwe motto. Probeer met ‘n honger haai redeneer. Jy sal nie tyd kry om dit te berou nie.

Seemonster ·

En skielik wonder ek of dit sal moontlik wees vir mediese fondse om hoofkantore in buiteland te setel? . . . . .

Coert mommsen ·

Ek dink daar moet ‘n deeglike opname en ontleding gemaak word van al die toerusting waaroor die land se staatshospitale beskik. Is dit vergelykbaar met die toegerustheid van privaat hospitale?
Maroela : ignoreer asb my eerste boodskap en behou bogenoemde

blouapie ·

Solidariteit, kan julle namens die mediesefondse ‘n aksie reel? Of wag die medisefonse om in te kom by hierdie simpel plan?

Christa ·

Dienste is Nou so sleg en treurig, hoe Sal dit Dan Gaan. Jy Kan nie eers daar doodgaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.