Gedwonge sterilisasie ‘wreed, vernederend’

(Foto: Daan Stevens/Unsplash.com)

Die kommissie vir geslagsgelykheid sê die gedwonge sterilisering van vroue is ʼn skending van hul regte en het bevind dat die gebruik wreed, martelend, onmenslik en vernederend is.

Die kommissie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat verskeie vroue, talle van hulle MIV-positief, sedert 2015 gekla het dat hulle sonder toestemming by verskeie staatshospitale gesteriliseer is.

Die kommissie het bevind die vroue is nie voldoende ingelig oor die sterilisasieproses voor hulle toestemming moes gee om ʼn histerektomie te ondergaan nie.

Ondersoekers het vyf hospitale in Gauteng en 10 hospitale in KwaZulu-Natal, waar die meeste van die klagtes aangemeld is, besoek.

Die kommissie sê in sy verslag hy het boonop ʼn opdraande stryd gehad om die bewerings te ondersoek. In sommige gevalle kon hospitaallêers nie opgespoor word nie en in ander gevalle is dit weens ouderdom reeds vernietig. Hospitaalwerkers met wie die kommissielede gepraat het, was soms openlik vyandig.

“Dié vyandigheid was van mediese werkers én bestuurslede,” lui die verslag.

“In sommige gevalle het kommissielede aangemeld dat personeel by sommige van die hospitale (in Durban) dokumente probeer versteek het, terwyl ander openlik geweier het om saam te werk.”

Die kommissie sê hy sal sy verslag en bevindings aan onder meer die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) voorlê, omdat dié instelling die mag het om medici se optrede te ondersoek.

Hy beveel ook aan dat die departement van gesondheid die bepalings in die Wet op Sterilisasie ondersoek en verseker dat pasiënte nie net toestemmingsvorms onderteken nie, maar ook behoorlik ingelig word oor presies waarvoor hulle toestemming gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gato ·

Ag tog menseregte word altyd heel bo aan die lys genoem as iets nou kamstig verkeerd is.
Wat van die babas se regte wat HIV positief gebore sou word omdat die Ma’s nie enige verantwoordelikheids besef het en ophou om kinders te kry as sy Vigs het nie. As die massas nie opgevoed genoeg is om verantwoordelik op te tree nie dan kan ek nie sien wat is so verkeerd daarmee as hulle “gehelp” word om die regte beluite te maak nie.

Foefie ·

ag pelounie man. Hulle doen dit sekerlik nie vir elke vrou wat inkom nie maar as jy na 6 of 7 kinders elke jaar daar opdaag GAAN hulle begin stappe neem.

Die kabaal… maar aborsies is WETTIG??? WTF?

smith ·

Ja nee kry eerder n aborsie want dis mos meer menslik as om te steriliseer. Ek kan nie sien hoe die mense rideneer nie. Regtig????

Michael ·

Ek stem heeltemal saam die wêreld is oorbevolk na 2 kinders behoort daar n wet te wees dat jy gesteriliseer word veral in die afrika lande met SA heel bo.

Dries ·

Ons hoor gereeld van baba’s wat in asblikke en op vullishope opeindig. Net so erg.

Stephan ·

Ek dink die mense wat betrokke is moet almal n prestasie bonus kry…. hulle weet presies wat aangaan en wat die gevolge is… hulle doen die land en die samelewing n helse guns. Ek sou net graag wil sien dat hulle die pa’s ook nader trek… dit is n veel goedkoper operadie. Ek sal kom help papierwerk verbrand ouens… laat weet my net. Ek hoop regtig julle het iemand aan julle kant wat kan baklei namens julle… iemand wat n paar oë kan laat oopgaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.