Geen beurtkrag (vir nou)

Argieffoto ter illustrasie van beurtkrag. (Foto: Robert Weidemann/Unsplash)

Daar word tans geen beurtkrag verwag nie, máár die kragnetwerk verkeer steeds onder groot druk.

Dít beteken beurtkrag kan Donderdagaand op kort kennisgewing ingestel word, sou daar deur die loop van vandag enige beduidende ineenstortings van die kragnetwerk plaasvind, waarsku Eskom.

Die kragvoorsiener sê in sy jongste verklaring die kragnetwerk sal vanaand baie ingeperk word weens ’n voortgesette tekort aan opwekkingskapasiteit.

Sou Eskom later genoop word om beurtkrag in te stel, sal dit heel waarskynlik gedurende die aand se piektyd van 17:00 tot 22:00 wees.

Eskom moet in dié stadium klaarkom sonder 3 101 MW weens beplande instandhoudingswerk en ’n bykomende 13 149 MW weens onbeplande onderbrekings.

Die kragvoorsiener het beklemtoon dat beurtkrag slegs as ’n laaste uitweg ingestel word.

“Ons doen dus ’n beroep op alle Suid-Afrikaners om voort te gaan om elektrisiteit tussen 05:00 en 09:00 en weer tussen 16:00 en 22:00 spaarsaam te gebruik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rooikoos ·

Dis nie Eskom wat moet klaarkom sonder die MW’s nie, dis ons, die verbruikers!

Henri ·

Hulle “prime” ons. Ek wed 10 tiekies ons het beurtkrag vanaand.

JohanR ·

Hoekom gaan die krag af tussen 4nm en 8nm? Dis die tyd dat mense probeer om by die huis te kom om kos te maak, te eet en reg te maak vir bed. Maar nee 5nm is die krag af en kom eers weer 8nm aan. Hoekom nie af sit tussen 2vm en 4vm waaneer die land slaap?

SjN ·

JohanR, die krag behoort glad nie afgesit te word as die job reg gedoen was van die begin af en soos dit hoort nie!!

Harley Davidson ·

Ek glo nie de Ruyter en sy raadgewers weet self waar hulle staan nie en intussen moet ons yskaste en tv’s vervang alhoewel ons ten duurste vir krag betaal in die piesang Republiek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.