Geen borgtog vir twee ná ‘onwettige jagters’ verdwyn

Abraham de la Rey (52). (Foto: SAPD/Mpumalanga)

’n Boer en sy plaasvoorman van Mpumalanga word daarvan beskuldig dat hulle twee vermeende onwettige jagters wat op hul plaas verdwyn het, vermoor het.

Die twee mans het in Februarie in die Evander-landdroshof verskyn, waar hulle borgtog geweier is.

Abraham de la Rey (52) en Arthur William Underhay (39) het op aanklagte van moord en regsverydeling verskyn.

Volgens die polisie was Underhay die plaasvoorman ten tye van die voorval.

Kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder, sê al twee is in hegtenis geneem nadat Sthembiso Mbuyiseni Mnikathi (30) en Buhlebekhaya Ximba (30) op 19 Mei verlede jaar op ʼn plaas by Leslie in Mpumalanga verdwyn het.

Luidens die verklaring het vyf mans glo daardie nag onwettig op ʼn plaas gaan jag. Hulle is opgemerk en daar is glo skote in hul rigting afgevuur. Drie van die mans kon glo daarin slaag om weg te kom, maar Mnikathi en Ximba is sedertdien nooit weer gesien nie, sê Mdhluli.

Die polisie se ondersoek na die voorval het glo aan die lig gebring dat De la Rey en Underhay na bewering betrokke was en dat Mnikathi en Ximba moontlik dood is.

Plaaslik word berig die polisie het glo op menslike oorskot afgekom op die plaas. Dit is onseker of die plaas in De la Rey se naam geregistreer is.

“Die polisie is van mening dat die twee verdagtes toe elders, ver van die plaas, van die liggame [van Mnikathi en Ximba] ontslae geraak het,” sê Mdluli.

William Underhay (39), plaasvoorman. (Foto: SAD/Mpumalanga)

Die twee mans is op 18 Januarie in hegtenis geneem. Hulle is sedertdien in aanhouding en is op 20 Februarie borgtog geweier.

Hulle sal weer op 20 Maart in die hof verskyn, waarna daar moontlik nog aanklagte teen hulle aanhangig gemaak kan word, aldus Mdhluli.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Andre ·

…jy weet mos jy mag nie meer jou goed teen diewe en rowers beskerm nie!

Hendrik ·

Moet asseblief nie wilddiewe “jagters” noem nie. Jagters jag wettig, wilddiewe stroop wild, hulle jag nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja Willie, en ‘n dief is nou ‘n “besoeker”.

Oudste ·

Daar is ‘n woeste groot verskil tussen jagters en wilddiewe. As jy sonder toestemming “jag”, is jy ‘ n wilddief, punt.

Christo ·

Jagters betaal en dan kry hulle toestemming om so te maak op ander mense se grond

Anel ·

Nou wonder ek wie het gaan kla? Die stropers?? Wat ‘n klug is ons regstelsel nie!!!

ProPatria ·

Asseblief Maroela Media.
Doen ‘n regstelling en vervang “jagters” met wild stropers, wild diewe, of ten minste met “onwettige jagters”.

Frank ·

MM, groot ASSEBLIEF, hule was nie “jagters” nie, maar stropers/wilddiewe/onwettige betreders

Henry ·

Tot die gemors poachers is nou kroon wild met hierdie huidige krinminele regering .Dis n skande

Christine ·

Die wilddiewe het verdwyn en is moontlik dood? As daar nog nie bewyse is nie, hoe kan die manne nie borgtog toegelaat word nie?

SjN ·

Wat soek die 5 onwettige jagters in elk geval daar? Is die ander, glo 3, ook in aanhouding? Hul is mos die oorsaak tot optrede.

christo ·

Stropers, of hulle met of sonder vuurwapens onwettig op ‘n plaas is met die doel om diere onwettig dood te maak.
Tog is die twee aangeklaagdes reeds in die media verhoor en skuldig bevind. Moet nie vir my sê dat magistraat wat die saak hanteer nie ook die koerante lees nie….

Dries ·

Was die boer en voorman vermoor, was die “jagters” dieselfde dag uit op borgtog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.