‘Geen geregtigheid’ ná 89 sake glo van rol geskrap is

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die drukgroep Action Society sê hy met afgryse kennis geneem dat 89 sake wat met geweld teen vroue en kinders verband hou, van die rol geskrap is.

“Dit benadruk opnuut die probleem wat Action Society die heeltyd uitwys: Geregtigheid wat uitgestel word, is geregtigheid wat ontsê word.”

Die drukgroep lê die skuld onder meer voor die deur van die polisiebestuur.

“Hierdie onverskilligheid en onbeholpenheid op bestuursvlak by die polisie voed die kultuur van nalatigheid. Dit sal misdadigers net aanmoedig en daartoe lei dat meer mense slagoffers van geweld- en seksuele misdaad word,” het Kaylynn Palm, hoof van Action Society se provinsiale aksiesentrum, gesê.

Sy meen die probleme met sake wat nie opgelos word nie en uiteindelik van die rol geskrap word, die simptoom is van “diepgewortelde ondersoekende en forensiese nalatigheid” wat nou in alle vlakke van die polisie verskans is.

Sy sê hoewel daar steeds in baie gevalle uitnemende ondersoekwerk gedoen word, bewys die afname in die aantal sake wat opgelos word – asook ʼn baie lae skuldigbevindingskoers – dat die polisie op die verkeerde pad is.

Die drukgroep glo ook dat die probleme in die polisie nie net tot die Wes-Kaap beperk is nie, maar ook in die res van die land voorkom.

“Action Society wil dringend weet wat die polisiebestuur beoog om te doen om geregtigheid aan slagoffers van geslagsgebaseerde geweld te bied. Action Society is meer as gewillig om die bestuur te leer hoe om ʼn saak te verwerk en aan slagoffers die geregtigheid te gee wat hulle verdien.”

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie gestuur en terugvoer sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jacobus ·

Maar ons kan Europa toe gaan en teen groot koste ‘n ander land gaan aankla!

Johan ·

Wat verwag hulle as Cele net n kleuterskool onderwys kwalifikasie het?

ES ·

Die probleem is onvoldoende werk deur ondersoekbeamptes. Meeste rolle word van die hofrol geskrap as gevolg van swak ondersoek en geen bewyse.

donsie ·

die probleem is nie by die polisie nie dit is justisie, die hof rolle is te vol en dan is dit maklikk om net ‘n saak te meditate in plaas van om dit na verhoor te neem. dit gebeur daagliks met
aanranding sowel as diefstal sake. Die aanklaer kry positiewe punte as hulle saak meditate in plaas van verhoor

Anneliese ·

En dan noem die uwe Cele vir Ian name?! Dalk moet hy bietjie verduidelik hoekom hy so kwaad word. Die waarheid maak seer

Bolandse Nooi ·

Wat verwag mense as die polisie “baas” ‘n taxi-baas is en self soos ‘n Mafia-lid (Big Boss) met sy hoed op lyk?

Amelia ·

En hoeveel moord sake word nie eers opgelos nie en indien wel is dit tronkstraf vir n paar jaar en die families sit met hartseer

Perdeby ·

Die sake is seker van die rol geskrap weens onvoldoende bewyse. Ek was self in die SAPD en niemand weet hoeveel ma’s steek die kinders op om vals verklarings af te le? Die ma le self dan ook n vals verklaring af, en beskuldig die pa van dade wat hy glad nie gepleeg het nie! Die dag wanneer dit in die hof beland en hulle moet getuig sing hulle n ander deuntjie, want as hy tronk toe gaan is daar geen inkomste vir die ma en kinders. Dan praat hulle vinnig, maar het nog nooit gehoor waar hierdie mense aangekla word omdat hulle die staat se tyd gemors het nie!

JN ·

Dit is die probleem met Suid Afrika!
Die Cele’s en kie, speurders ens tot die polisie met geen ondervinding, geen bevoegdheid maar die kitaar slaan hulle en hul vet paychecks vat hulle!
Cele Cele Cele….wat n grap, wat n verleentheid en klap in die gesig van slagoffers en hul families! My hart is hartseer vir julle mense oor die ongeregtigheid in die naam van korrekstelling!Dit is wat julle faal…

Joy ·

Ek sukkel sedert Januarie 2024 om ‘n beskermingsbevel vir my dogter teen haar eks te kry. Hy het konneksies in SAPD, en die saak is reeds twee keer uitgestel, ten spyte van bevestiging dat hy haar dophou en dat hy mense het wat haar dophou.

skurweberg ·

Toe ek as student vir die SR van ‘n Inrigting in die vroeë 70 gestaan het is my naam an die rol geskrap , omdat ek van die verhoog af gesê het waarteen SA oppad is. Nie toegelaat om die waarheid te praat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.