Geen saak meer teen Dundee-boer

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Dinsdag aangedui dat hy nie voortgaan met die vervolging van Garth Simpson, ʼn boer van Dundee, nie.

Simpson is bykans ʼn jaar gelede van moord aangekla nadat hy glo die 17-jarige Qiniso Dlamini op sy plaas naby Glencoe in KwaZulu-Natal doodgeskiet het.

Die 69-jarige boer het na bewering op die dag van die skietery ʼn trop beeste op sy plaas aangetref wat nie aan hom behoort nie en onregmatig op sy plaas gewei het. ʼn Groep jong mans het op die plaas aangekom en glo volgehou dat die beeste aan hulle behoort.

Simpson het in daardie stadium reeds die polisie ontbied en het met sy haelgeweer ʼn waarskuwingskoot afgevuur. Die mans het hom glo oorrompel en ná ʼn struweling met Qiniso is ʼn skoot afgevuur.

Qiniso is dood en Simpson is kort daarna in hegtenis geneem.

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid, sê byna ʼn jaar ná die voorval het die NVG die Glencoe-landdroshof ingelig dat vervolging opgeskort is.

“Ons is bly dat mnr. Simpson nou dié tragiese voorval agter hom kan sit,” sê Broodryk.

“Hoewel dit altyd betreurenswaardig is as iemand hul lewe verloor, is dit ons mening dat mnr. Simpson in die eerste plek nooit, op grond van die beskikbare bewyse, aangekla moes gewees het nie.”

Simpson se regsverteenwoordiger het destyds aangevoer dat die oorledene Simpson se vuurwapen by hom wou afneem en dat die tiener sy eie dood veroorsaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Waarnemer ·

Gsrth Simpson,hier is nou jou kans ….dagvaar die staat vir onregmstige arrestasie en eis die rook uit hulle uit.

Jr ·

Weereens die staat betaal nie n sent, ek en jy en belasting betaler betaal vir hulle gemors. Mense moet besef die cANCer het nie n sent vir hulle naam nie, dis my en jou geld

Cherokee ·

Dit word nie sommer van ñ rak afgehaal nie. Dit kan in ñ baie duur en landurige proses ontaard. Met een persoon wat ñ saak moet beveg teen ñ staat wat na willekeur regsadviseurs aanstel.

Johan ·

Dit sal nie so maklik wees nie. Dit sal jare duur en op die einde sal die arme man al sy regsake moet betaal.

miche ·

Ek is baie bly dat die saak teen Simpson nie voortgaan nie.
My vrees is dat sekere groepe mense uit weerwraak en protes die arme man gaan aanhou teister.

Harley Davidson ·

Hulle weet wat wag vir hulle op die man se plaas en die bangbroeke teikens net weerlose mense.

Di ·

Bly vir die boer! Dink net as die EFF hiervan hoor is daar weer GROOT drama

Harley Davidson ·

Dagvaar die staat vir onregmatige arestasie en aanhouding hierdie onbevoegde weet nie wats moet leer wat hulle mag en nie mag doen nie.

Danie ·

Was dit regtig nodig boer in noodweer opgetree wat geregverdig is.Dit wys jou maar net waar ons regstelsel heen is.Die sapd kan nie wag om ons mense te arresteer en toe te sluit.Stel asb n groot siviele eis teen staat in.As daar nog geld oor is????

Windhond ·

Mens is eintlik oorstelp met vreugde wanneer n onskuldige deesdae onskuldig bevind word – dis om van naar te word

Swerwer ·

Geregtigheid seëvier altyd. Nou moet daar ‘n saak teen die Sieklike Regering/SAP/Regslui gemaak word dat hul hoes vir hierdie ongeregtigheid wat plaasgevind het.

Windhond ·

Ja sodat ons belasting betalende – eerlike burgers weer moet hoes om die siviele eis te betaal

Sandra ·

Ek hoop hy dagvaar die staat vir onregmatige aanhouding. Dit was van die begin af duidelik dat hy onskuldig is.

Ina ·

Dank aan onse Hemelse Vader dat geregtigheid geskied het. Ek het vanaf dag een vir hierdie boer en sy gesin gebid. Seenwense vir julle.

007 ·

Ja en wat nou? Hy was in die selle, terwyl hy moes boer. Sy lewe is gered oor daardie noodlottige skoot. Anders was hy self begrawe. Dagvaar die SAPD vir onregmatige inhegtenisneming. Hulle het mos nou erken hulle was verkeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.