Geen vuurwerk meer in Kaapstad

Argieffoto

Die Stad Kaapstad het besluit om nie langer enige openbare ruimtes te identifiseer waar vuurwerk afgevuur mag word nie.

In effek beteken dit dat die afvuur van vuurwerk in Kaapstad nou verbied is. JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, het gesê die afvuur van vuurwerk is nie toelaatbaar nie ingevolge die munisipale verordening oor vuurveiligheid.

Volgens Smith het die stad egter ʼn hele paar jaar lank ʼn toegewing gemaak en is vuurwerk tydens Guy Fawkes, Diwali en Nuwejaar toegelaat.

“Daar is egter verskeie faktore wat ons vanjaar van plan laat verander het. Dit sluit in minder belangstelling by die subrade om aangewese persele goed te keur en die koste verbonde aan die bestuur van dié terreine, insluitend die ontplooiing van personeel en hulpbronne, soos wetstoepassingsbeamptes van die metropolisie en die verkeerdienste en natuurlik die brandweer en reddingsdienste.”

Die toenemende openbare verset teen die afvuur van vuurwerk is ook in ag geneem, aldus Smith. “Aangesien daar hierdie jaar geen aangewese persele sal wees nie, doen die stad ʼn beroep op inwoners om hulself daarvan te weerhou om vuurwerk af te skiet.”

Smith het weer eens benadruk dat net die nasionale regering die wetgewende bevoegdheid het om die invoer, vervaardiging en verkoop van vuurwerk te verbied of die gebruik volgens ouderdom te beperk.

“Ons herinner inwoners daaraan dat ingevolge die wet die gebruik of afvuur van vuurwerk in enige gebou en openbare deurgang ʼn boete van R200 tot gevolg kan hê; dat die verkoop van vuurwerk aan ʼn kind of iemand onder die ouderdom van 16 ʼn boete van R300 tot gevolg kan hê en dat iemand wat ʼn kind of persoon jonger as 16 toe te laat om vuurwerk sonder toesig van volwassenes te hanteer ʼn boete van R300 opgelê kan word.”

Lede van die publiek met inligting rakende die onwettige verkoop of gebruik van vuurwerk moet dit by die stad se openbare noodoproepsentrum aanmeld deur 107 van ʼn landlyn, of 021 480 7700 van ʼn selfoon te skakel. Die polisie kan ook op 10111 gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Christa ·

Fantasties! Kaapstad, soos altyd is jy die res van Suid-Afrika ‘n hele paar treë vooruit. Welgedaan!!

We salute you!

PaulV ·

Nee Outoppie, dis nie belaglik nie, dit is wonderlike nuus. Duisende mense, en veral diere, is baie dankbaar vir hierdie besluit.

MAROELA MEDIA; “… deur 107 van ‘n landlyn, of 021 480 7700 van ‘n selfoon te skakel” – is dit nie andersom nie? En verder; ek het al voorheen hier genoem dat die polisie se noodnommer jare gelede verander het van 10111 na 08600 10111. Indien iemand in ‘n noodsituasie verkeerdelik 10111 skakel sal hul geen antwoord kry nie.

Liewe Heksie ·

Outoppie het seker nie diere nie en of het nog nie gesien wat met honde gebeur as vuurwerke af geskiet word nie.
Dit is wonderlike nuus, die mensdom moet ‘n slag ophou om selfsugtig te wees en begin dink aan al die diere rondom ons.

JohanR ·

Een van hierdie mooi dae sal mans nie meer rooi onderbroeke, en vrouens nie meer geel onderbroekies in Kaapstad mag dra nie. Soos daar was in Saudi-Arabia, sal daar broekie polisie aangestel word om dit na te gaan…..

Neels ·

FANTASTIES!! Wens dit kon Nasionaal afgekondig word – dis ‘n simpele vermorsing van geld, ‘n pynlike ervaring vir diere en ‘n absolute gevaarlike situasie wat brand aanbetref …. vra my waar ‘n vuurpyl my grasdak by my lapa aan die brand gesteek het (vuurwerende gras of te not). Dit verbaas my altyd dat mense wat nie kan bekostig om kos die tafel te sit nie hulle geld op die gemors kon spandeer.
Welgedaan Kaapstad!

Nienie ·

Ek stem heelhartig saam. Dis n vermorsing v geld. Ons het droogte en die diere het vrede.

Vra net ·

As dit oor vermorsing van geld gaan, wanneer takel hulle rook en drink? Dit is ook ‘n vermorsing van geld en die nadraai daarvan is baie erger as geraas. Wat van die ander geldvermorsende aktiwiteite wat die mens so najaag? Te veel om op te noem.
Dis mos my geld, ek kan daarmee maak wat ek wil.

Essie ·

Ek wil nog sien hoe hul die afvuur van vuurwerke gedurende die nuwejaarsvierings stop gesit word

Dirk Breytenbach ·

Uitstekend! Ek kan nie die doel of nodigheid van vuurwerke afgevuur deur die publiek insien nie, maar wel deur professionele maatskappye vir groot byeenkomste.

Vertienvoudig net asb. die boetes.

Dankie Kaapstad!.

Alfredo H ·

Niks ander as geraasbesoedeling nie. Goeie roep Kaapstad. Ek wens dat jul buur-owerhede (Stellenbosch en Drakenstein) ook sal wakker word. Laasgenoemde was mos gou om kerkklokke stil te maak, maar klappers mag jy skiet…self voor die hospitaal.

JR ·

Dankie tog hoop die ander provinsies volg hierdie voorbeeld wel gedaan Kaapstad

Leon ·

Wonderlike nuus! Dis ‘n onsinnige gebruik wat diere in en om die omgewing angsbevange maak, somtyds met noodlottige gevolge.
Welgedaan Kaapstad. Die hoop is dat dit ook in die res vd land verbied sal word.

Julius ·

Ek wens hulle wil die invoer van vuurwerke heeltemal stop. Dis geldmors op sy beste.

JR ·

Dankie tog ek hoop die ander provinsies volg hierdie voorbeeld wel gedaan Kaapstad

SêMaarNet ·

So as daar geen plekke is waar jy wettig vuurwerke mag afskiet nie, hoekom nie sommer ook die verkoop daarvan oral verbied nie? Dit hou die versoeking weg van tipiese wetteloses wat dit wel wil gaan afskiet.

Hagar ·

Maklik huur n boot vaar n veilige end van die land af en doen n reuse vuuwerkvertoning. Daar is elkgeval genoeg water om enige brand te blus.

Sê net ·

Hagar, jy weet mos die volgende storie sal wees dat hulle die arme klein vissies gaan skrik maak. Moenie eers praat van die goed wat in die see gaan val en die aarde ruineer nie.

Kosie Kramer ·

Weens my temporale lob-epilepsie is ek baie gevoelig vir flitsende ligte, en harde geluide en klanke, en sterk reuke. Ek het my vuurwerke jare gelede al weggegooi. Baie honde sal saam met my bly wees.

Oompie ·

My front temporale lobbe het skade. Dit maak my sensitief vir lig flitse en harde geluide. Dit is egter my probleem. Ek gun almal wat vuurwerke wil gebruik vir kulturele redes, godsdienstige redes, en selfs vir die plesier om dit te doen in beheerde gebiede.

Anoniem ·

Baie goeie besluit, maak die boete R1000 – alles is net geldmors – koop kos vir die wat nie kos het nie !

Ellisras ·

Dit word genoem vrye keuse. As die staat alles begin voorskryf stop dit nie by vuurwerke nie. Die Staat wil meer en meer beheer. Tot die staat alles beheer.

Leon Dormehl ·

Ja en my vrye keuse is dat ek nie myself of my diere wil frustreer met die nuttelose geraas. Honde en katte kan nog in die huis onder die bed inkruip. Maar hou bietjie dop hoeveel voëls vlieg veward en beangs rond waanneer vuurwerke afgevuur word. Meneer, her jy al gesien hoe lyk hond wat se pens oopgeskeur is terwyl hy oor n heining probeer spring om weg te kom?

PJC ·

Die volgende wat hulle gaan verbied is die gelui van kerkklokke want daar was al reeds klomp klagtes daaroor. Party mense kla mos oor alles. As dit nie hulle hondjies is wat gestres word nie is dit hulself. Hulle belange kom altyd eerste.

Outoppie ·

Jare gelede het vuurwerke niemand of diere skade berokken nie. Wat is nou die verskil of het mense net lekker suurgat geword

Vryhand ·

MOOI SO…LAAT DIT WERELD WYD GEBEUR..EK PES VUURWERKE..MOOI SO KAAPSTAD

Chris Ws ·

Pragtig Kaapstad! Pas nou net daai regulasies streng toe.Invoere en verkoop van vuurwerke behoord landwyd HEELTEMAL verbied te word.

Skroef ·

Die berig meld dat die AFVUUR VAN VUURWERKE NOU VERBIED IS IN KAAPSTAD! Maar klink of die verkoop daarvan, onder voorwaardes, nog wettig is. Kan iemand asseblief vir JP gaan vra hoe maak dit sin.

George in Bloem ·

Pfffftttt. En julle dink mense gaan hulle daaraan steur? Hahahaha!Goeie een. Asof die polisie die brandstof of mannekrag of die wil het om dit af te dwing. Hulle reageer beswaarlik op ernstiger klagtes so ek kan my nogal indink hoe “spoedig”hulle op hierdie gaan reageer.

Leon Dormehl ·

Ja en my vrye keuse is dat ek nie myself of my diere wil frustreer met die nuttelose geraas. Honde en katte kan nog in die huis onder die bed inkruip. Maar hou bietjie dop hoeveel voëls vlieg veward en beangs rond waanneer vuurwerke afgevuur word. Meneer, her jy al gesien hoe lyk hond wat se pens oopgeskeur is terwyl hy oor n heining probeer spring om weg te kom?

Maljan ·

Met sulke KWAAI boetes kan hulle verwag dat die Wet op elke hoek en draai oortree gaan word! As daar geen persele beskikbaar gaan wees nie, maak dit sin daar vuurwerke aangekoop kan word? Die sapd, indien ek dit nie mis het nie, staan in diens van die ANC. Wanneer vuurwerke tydens Diwali Guy Fawkes en oujaar in elke tweede erf afgevuur word, dan werk die SAPD se landlyne, selfone en hekke glad nie. Ook nie wanneer straatsmouse oop en bloot vuurwerke op die sypaadjie staan en verkoop nie.

madels ·

Dis so belaglik! Ek wens hulle wil eerder moord, verkragting, diefstal ens ens verban, maar nee, al hierdie dinge word toegelaat, moordenaars, verkragters, diewe kom vry en alle korrupte politikus is vry… belaglik belaglik belaglik dat iets soos vuurwerke nou nie meer mag gebeur nie. Bepaal julle eerder by die wetteloosheid in die land en doen iets daaromtrent ASB!

aj ·

DANKIE TOG Kaapstad!

Niemand het die reg om ontploffings te maak wat ander mense (en diere) se gehoor beskadig nie. Die ontploffings maak jou DOOF!

Die ontploffings stel gevaarlike GASSE vry wat die lug besoedel en by sensitiewe mense (kinders) asemhalingsprobleme veroorsaak.

Die vuurwerke ondersteuners is welkom om BINNE HULLE EIE HUISE vuurwerke af te sit. (Waar hulle, hulle eie breine kan ‘uit blaas’ en verstik van die GASSE in hulle longe, of hulle eie huise afbrand!).

ASB ! Nooit weer in publieke plekke nie!

Essie ·

Fantasties! Wens hulle wil die verkoop daarvan ook heeltemal verban.

Rina ·

Dit veroorsaak brande …. bemors die aarde … raas en stink. Gaan na n brandeenheid outoppie na n fees tydperk en gaan kyk hoe lyk verbrande kinders ….. diere …. wens al die provinsies kan die stap neem

Rina ·

Jipeeeeeee wens al die provinsies wil dit vir altyd verban. Brand gevaaaarrr . Verbrande kinders en diere. Hoe meer gesuip mense raak hoe roekeloser DIT STINK EN DIT RAAAS

Nooit so gedink nie ·

Klappers uit, wapenskote in. Kaapstad het waarskynlik die hoogste bende aktiwiteit in die land en jy wil nie hê klappers moet afbreek maak aan die simfonie van geweld wanneer die bendes mekaar takel en die Polisie dit monitor nie?

Judge Dredd ·

…..nou kan die tannie langsaan se hondjie onverstoots blaf elke oggend 1 uur vir die maan….
Voorheen kon ek ‘n klapper skiet en dan is hy stil vir ‘n week.

Lee ·

Dis great. Wens hulle wil dit in Gauteng ook doen maar hier sal so iets nie gebeur nie. Buiten die diere wat mal raak is daar kinders ook wat nie van die harde geluide hou nie. Awesome Kaapstad!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.