Die Tshwane-metroraad het voor die afgelope naweek al minstens R148 miljoen aan agterstallige skuld ingevorder sedert hy ophou doekies omdraai het en wanbetalers se dienste voor die voet begin opskort het as deel van sy ongekende skuldinvorderingsprogram.
Nóg sakeondernemings se krag is Maandag ook afgesny. Dit sluit in die vermaaklikheidsentrum Times Square in Menlyn wat die metroraad R4 miljoen skuld en Park View-winkelsentrum in Garsfontein. Dié gewilde winkelsentrum skuld die metroraad R4,3 miljoen.
Don't judge a book by it's cover. Fincred Factoring (Times Square) disconnected. They owe us R4 mil. #TshwaneYaTima #CoTRevenueCollection pic.twitter.com/OPqSWt0PpN
— City of Tshwane (@CityTshwane) February 14, 2022
Park View Mall is owing R4.3 mil. #TshwaneYa https://t.co/1OAsUO2ebz
— City of Tshwane (@CityTshwane) February 14, 2022
Die Tshwane North TVET College in die Pretoriase middestad is ook nou sonder krag oor hul kragrekening wat R20,4 miljoen agterstallig is.
Ook inwoners betaal vir die gelag. Die Waterkloof Marina-aftreelandgoed is in duisternis gedompel oor R3,1 miljoen aan agterstallige skuld, asook die Bridgefield-landgoed in Bronberg oor ’n agterstallige kragrekening van R3,3 miljoen.
Residential estates, hello there! #TshwaneYaTima leaving no stone unturned. Bridgefield Estate disconnected. They owe us R3.3 mil. pic.twitter.com/Rz6IweEuTL
— City of Tshwane (@CityTshwane) February 14, 2022
Randall Williams, burgemeester van die Tshwane-metro, het vroeër aan eNCA gesê slegs 56% van die Tshwane-metroraad se kliënte vereffen hul maandelikse kragrekening, terwyl die meerderheid van die oorblywende 44% in staat is om hul kragrekening te betaal, maar versuim om dit te doen.
Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir finansies, Peter Sutton, sê die metroraad het die afgelope week meer as 420 ondernemings se krag afgesny.
Volgens hom heers daar nou ’n opvatting dat almal wie se krag afgesny word, die metroraad voor ’n hof daag en dan oorwinning behaal.
Suttton sê die metroraad is egter in minder as 2% van gevalle voor die hof gedaag en minder as 1% van hofaksies teen die raad was tot dusver suksesvol.
Omkopery
IOL berig ure nadat ’n maatskappy in Pretoria se krag weens wanbetaling afgesny is, het sommige stadsamptenare die entiteit weer aan die kragnetwerk gekoppel nadat hulle omgekoop is.
Die maatskappy se krag is glo dieselfde aand nog aangeskakel nadat die metroraad dit afgesny het.
Die omkopery is egter op video vasgevang en die onderneming sal boetes van R641 000 opgelê word vir die onwettige verbinding. Die betrokke amptenare sal ook afgedank word.
Maroela Media het vroeër berig Tshwane se skuldboek het verlede week nog op R17 miljard gestaan weens staatsdepartemente, ambassades, sakeondernemings, voorstedelike inwoners en ander entiteite se versuim om vir hul munisipale dienste te betaal.
Die metroraad se agterstallige skuld het in 2020 van R12 miljard tot R16 miljard toegeneem voordat dit verlede jaar op R17 miljoen te staan gekom het.
Williams sê die metroraad het vantevore tevergeefs kennisgewings uitgestuur en by sy kliënte gepleit om hul skuld te vereffen terwyl kontrakteurs omgekoop is om nie die ligte af te skakel nie.
“Ons moes die sisteem verander … Ons het toe besluit op ’n meer visuele ‘in jou gesig’-benadering.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
44 Kommentare
Goed so, julle teiken besighede en komplekse. Gaan julle uitbrei na Mamelodi ook? Wat van al die onwettige en gevaarlike verbindings daar?
Mooi.Probeer bietjie die “in jou gesig benadering” ook in die townships ens.Ek kry solank springmielies en ‘n bier.
En wat van die der duisende “the people” wat free letrix connect?
Daar gaan die krag af, ja dit is seker ESKOM, nee die krag is afgesny weens wanbetaling.
Ja nee kyk die korrupte werkers is ook orals! As jy nie betaal nie moet jy maar die gevolge dra. Ons as gewone huis gebruikers moet stiptelik betaal of die krag word summier afgesny. Praat naturlik nie hier van al die onwettige verbindings in sekere plekke nie.