Geldskieter betrap met talle Sassa-, bankkaarte

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto.

Die Valke in samewerking met die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) het Vrydag op ʼn vermeende geldskieter in Lindley in die Vrystaat toegeslaan en beslag gelê op talle bank- en Sassa-kaarte.

Die geldskieter het glo ʼn dag later selfmoord gepleeg, het ao. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke, gesê.

Volgens haar is die geldskieter met altesame 66 kaarte van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), asook 17 bankkaarte betrap.

Dié kaarte het aan verskillende mense behoort en is saam met identiteitsdokumente en PIN-kodes van kliënte weggehou. Daar is glo ook buitensporige rente op die slagoffers se lenings gehef.

Die woekeraar was ʼn 51-jarige prokureur, het Steyn gesê.

ʼn Saak is teen hom aanhangig gemaak en is in die lig van die man se dood na die direkteur vir openbare vervolging vir ʼn beslissing verwys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Scalla ·

Dit bleik standaard praktyk te wees, op sassa dae in die vroee oggend ure staan die geldskieters vir ure voor een kitsbank met al die leners se kaartjies en pin nommers om hul geld te kry, trek alles en die leners moet die verskil by hul gaan kry, dit is mos uitbuiting en teen die wet?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.