Suid-Afrikaners was rasend Saterdag nadat die Springbokke die Engelse kafgedraf het om die 2019‑Rugbywêreldbeker te verower. Die Web Ellis-trofee sal nou binnekort vir ʼn derde keer na Suid-Afrika reis.
Die Bokke se oorwinning Saterdag beteken dat hulle drie van die sewe Wêreldbekers gewen het waarin hulle sedert 1995 gespeel het. Nog net Nieu-Seeland kon daarin slaag om drie keer die Wêreldbeker te wen.
“Soos ware soldate het ons seuns tot die laaste druppel bloed baklei. Hierdie patriote was bereid om te wen of te sterf met hul tokse aan,” skryf die ANC in ʼn verklaring ná die Bokke se oorwinning van 32 – 12 teen die Engelse Saterdag. Die regering het ook sy dankbaarheid uitgespreek teenoor die tegniese span wat die Springbokke bygestaan het en hulle na hierdie “fantastiese oorwinning” gelei het.
Die DA het gesê dié wen kom op ʼn tyd wat Suid-Afrika op ʼn afgrond staan. “Ons nasie is tans erg verdeeld en het dringend iets nodig om ons te verenig. Ons sê dankie aan die Bokke vir die herinnering dat ons inderdaad sterker is wanneer ons saam staan,” het die DA in ʼn verklaring gesê.
Die parlement het veral die briljante leierskap van Rassie Erasmus en Siya Kolisi geprys. “Ons hoop ook dat hierdie spelers rolmodelle vir ons jong mans sal wees,” lui die parlement se verklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
40 Kommentare
Baie geluk bokke julle is die beste. As die land se mense maar net so kon saamstaan dan was ons nie in die moeilikheid nie. Hoop Julius Malema kan sien dat ware Suid Afrikaner wit en swart kan en wil saamstaan.
Hoop die regering sien dat dit net die REGTE AANSTTELLING vir die regte werk kos om sukses te behaal, by name Rassie Erasmus, die ou behaal orals nog net sukses, want hy is een van die BESTE afrigters wat tans op aarde loop, vat nou maar vorge 2 afrigters, waarvan een n politieke aanstelling was, goeie span by Jake White geerf en binne 2 jaar span so verswak oor politiek, gee die span vir ANC en daar is binne 6 maande niks oor
Baie geluk Bokke – welgedaan. So trots op julle. Danien – jy is reg ja. Maar kom ons almal los Malemmer net vir een berig uit. Deur hom te noem val ons na sy lae vlak en ons besmet ‘n berig wat oor positiwiteit gaan. Go Bokke! Valerie – hoop jy kon betyds weer sneesdoekies koop na verlede week en jy (natuurlik) weer die span ondersteun het wat teen die Bokke gespeel het. Jou reg – maar “some you win some you loose”. Dit is sport. En daai “weet nie wie nie” – hoop jy vra daai REUS Cheslin Kolbe… Lees meer »
Daai foto van die slim diknek skeeloog platsnoet honde laat mens onmiddelik aan rugby dink – soos die video van ‘n dom snorkende bulldog wat al in die rondte spin en agter sy eie stert aan blaf.
Geluk Bokke.
F A F jy is nou ons HERO!!!!