Gemeenskap help drie opspoor wat glo plaas beroof

(Argieffoto: SA Polisie)

Inligting wat deur gemeenskappe verskaf is, het die polisie gehelp om drie verdagtes in dieselfde saak binne ure in drie verskillende dele van die land vas te trek.

Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê dit het Dinsdag onder die polisie in Harrismith in die Vrystaat se aandag gekom dat daar by ʼn plaashuis in die gebied ingebreek is. Verskeie items, waaronder ʼn vuurwapen, is tydens die inbraak gebuit.

Inligting wat deur gemeenskapslede verskaf is, het die polisie tot by die voorstoep van ʼn 22-jarige man gelei wat na bewering by die voorval betrokke was.

Kort daarna het dit aan die lig gekom waar nog een van die verdagtes hulself bevind.

“Die inligting het die span ondersoekbeamptes na die omgewing van Khalanyoni gelei waar ʼn werknemer van ʼn taverne in hegtenis geneem is,” sê Kareli.

ʼn Gesteelde kragopwekker, wat vermoedelik aan die eienaars van die plaas wat beroof is behoort, is in die 22-jarige tavernewerker se besit gevind.

Ná nog verdere ondersoek is die span Woensdag in die vroeë oggendure na ʼn plaas in Elandsrivier gelei. Dit is hier waar die polisie ʼn 24-jarige vrou vasgetrek het. Die gesteelde vuurwapen was glo in haar slaapkamer versteek.

Kareli sê die drie makkers staan tereg op aanklagte van huisroof, die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

Hulle sal na verwagting eersdaags in die Harrismith-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek het geen vertroue meer in die polisie nie en glo as daar ‘n verandering kom sal dit van die gemeenskap kom,ongelukkig met ‘n swaard wat oor hulle koppe hang van vervolging deur die einste polisie.

ES ·

Ek hoop die taverne “eienaar” word ook sommer vervolg vir die bedryf van ‘n ongilisensieerde taverne en dranverkope. Amper almal van hulle het nie dranklisensies nie.

Theuns ·

Dink jy ramaposa se cadres sal dit doen? Almal dieselfde krininele uitkyk

MJLS ·

Bravo vir die SAPD se werk. Sluit hulle toe sonder enige borgtog verwagtinge.

Theuns ·

Daardie moordenaars het voorheen gemoor en gemeenskap.weet dit.. hul is deel van kriminele beskermers.
Niks spesiaal.
Wetsgehoorsames doen dit ELKE keer.
Tien teen 1 nog verkerrdes wat hul uit gemeenskap wil hê.

christo ·

Goeie speurwerk. Die inligting is verkry van die oorwegende swart gemeenskap. Hulle is net so keelvol vir misdaad in hulle die gemeenskappe. Sonder inligting kan die polisie nie misdadigers opspoor nie. Die SAPD stasiebevelvoerder kan trots wees op sy lede se sukses. Die staatsaanklaer moet net nie ‘n gemors maak van die saak nie. Kriminele kan die beste prokureurs bekostig, want in SA is misdaad ‘n belonende bedryf.

Nicolaas ·

Gemeenskapslede behoort vergoed te word dan sal meer navore kom om skelms uit te wys

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.