Generations-akteur sterf

Menzi Ngubane (Foto: Menzi Ngubane SA/Facebook)

Die bekroonde akteur Menzi Ngubane is Saterdag in die ouderdom van 56 oorlede. Ngubane het ʼn beroerte by sy huis gehad.

Hy word oorleef deur sy vrou Sikelelwa en twee dogters.

Dié akteur, wat in Ladysmith gebore is, het die afgelope 10 jaar baie tyd daaraan spandeer om bewusmaking te skep rondom niersiektes en diabetes terwyl hy positiewe lewenstylveranderinge aangemoedig het. Hy het tussen 2010 en 2015 nierversaking gehad totdat hy uiteindelik ʼn orgaanoorplanting ondergaan het. Hy het daarna openlik oor sy gesondheidsprobleme gepraat ter wille van bewusmaking.

Sy akteursloopbaan strek oor meer as drie dekades en hy het bekendheid verwerk met sy rol as Cijimpi op Kwakhala Nyonini. Hy het ook die rol van Enoch Santonga vertolk oor ʼn musiekblyspel oor die nasionale volkslied.

Ngubane is veral bekend vir sy rol as Sibusiso Dhlomo op die SABC 1-sepie Generations. Hy was ook met die akteur Samuel L. Jackson te sien in ʼn fliek genaamd In My Country.

Huldeblyke stroom in vir die akteur. Hy word geloof vir sy professionaliteit en toewyding tot die bedryf.

“As ʼn familie wil ons baie dankie sê vir almal vir hul voortgesette ondersteuning en die gebede vir ons geliefde seun,” het Naomi Mokhele, familiewoordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Sy stryd met nierversaking en diabetes het oor die jare ʼn oop geheim geword. Ons wil graag in privaatheid rou oor ons geliefde seun en sal binnekort begrafnisreëlings bekend maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Ag dit is baie hartseer nuus.Sterkte San sy familie.Ek hoop sy mede auteurs kry berading.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.