Gesiene taxi-baas van Randburg doodgeskiet

Die verdagtes het op die taxi-baas, wat alleen in sy Toyota Hilux-bakkie was, losgebrand (Foto: Reza via Twitter)

Die polisie is op die spoor van vier verdagtes wat Donderdag tydens ’n skietery in Randburg in Gauteng ’n 63-jarige man koelbloedig doodgeskiet het. Die man was die voorsitter van ’n bekende taxi-vereniging in Randburg.

Die skietery het glo Donderdagmiddag in Ysterhoutstraat in Randparkrif in Randburg plaasgevind.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê die vier mans het glo in ’n Audi A3 parallel langs die taxi-baas, wat alleen in sy Toyota Hilux-bakkie was, stilgehou. Hulle het op hom losgebrand. Die taxi-baas het van die pad afgery.

Makhubele sê drie van die verdagtes het glo uit die voertuig geklim en onophoudelik op die taxi-baas in sy bakkie geskiet. Hulle het daarna na hul voertuig teruggegaan en weggery. Die taxi-baas is op die toneel dood.

Die motief agter die moord is nog nie bekend nie.

Makhubele sê nog niemand is in hegtenis geneem nie.

In nóg ’n voorval Donderdag in Roodepoort, digby Randburg, het drie verdagtes ’n afleweringsvoertuig beroof. Die verdagtes het ’n onbekende bedrag geld en ’n selfoon gesteel. Hulle het daarna te voet gevlug.

Makhubele sê lede van die gemeenskap wat in die omgewing was terwyl die voorval plaasgevind het, het gehoor hoe iemand om hulp roep. Hulle het toe die verdagtes gesien vlug en hulle agterna gesit.

Tydens die jaagtog het een van die verdagtes ’n vuurwapen uitgepluk en in die rigting van die gemeenskapslede geskiet. Hy het een van sy trawante per ongeluk in die proses doodgeskiet.

Die oorblywende twee verdagtes het daarin geslaag om weg te kom.

Die polisie het sake van moord vir albei voorvalle aanhangig gemaak.

Lt.genl. Elias Mawela, die provinsiale polisiekommissaris van Gauteng, het die twee gewelddadige voorvalle veroordeel. Hy het ’n beroep op die ondersoekspan gedoen om die skuldiges so gou as moontlik vas te trek.

Enigiemand met meer inligting oor die twee voorvalle wat moontlik tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, kan die misdaadnommer by 08600 10111 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Scalla ·

Tragies, neem wet in eie hande want Sapd kan dit nie doen nie, seker weer n onwettige transaksie wat skeef geloop het en daar is revenge geneem.

Marcia ·

Scalla -South Africa 2020 population is estimated at 59,308,690 people, how many police members are there

Magda ·

Marcia – and who’s fault is that – ANC – stop stealing and there will be more money to employ more people everywhere.

Maryna ·

The police members are too busy searching for people with cigarettes, that’s why…

Hekwag ·

“Gesiene” of te nie, hierdie ouens het almal iewers geraamtes in die kas en die opposisie hou nie daarvan nie. “Live by the sword….”

JohanR ·

Die wapens wat die ouens gebruik het? Is die miskien afkomstig van wapens wat die publiek ingehandig het om vernietig te word?

Die Wolf ·

Dit was te wagte as jy honderde kriminele loslaat uit die gevangenis.

Althes ·

Mnr. Cele het nou heelwat misdaad op hand en moet die oortreders van die grendelregulasies maar eers laat staan. Ten minste was sy suksessyfer hoog met grendelstaat oortreders. Hul was nie gesoute misdadigers nie.

Cherokee ·

Die Audi het langs die Hilux stilgehou en op hom losgebrand. Toe ry die Hilux van die pad af.

Cherokee ·

Soort van moeilik verstaanbaar, tensy die Hilux stilstaande was op die ryvlak waarna dit weggetrek het.

Francois ·

Jammer as ek nie n traan stort hier nie. Dit verg nou alle polisie lede om sy aanvallers te soek. Ek sien nie dat so baie gedoen word as n blanke boer op sy plaas vermoor word nie

Jack ·

Na die loslaat van bykans 100,000 werklose gevangenis sal moord en roof toeneem en bheki gaan alkohol en wettige vuurwapens die skuld gee nie die swak besluit van die oorlogskamer nie. Hulle moet pa staan vir die toename in geweld. Ek raai dst hulle nie weet waar die losgelate gevangenis nou is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.