Gesin op gasteplaas aangeval

Argieffoto: Reint Dykema

Wat veronderstel was om ʼn heerlike wegbreek-naweek te wees, het in ʼn nare ervaring ontaard toe vyf gesinslede Vrydagaand op ʼn gasteplaas buite Machadodorp in Mpumalanga aangeval is terwyl hulle buite ʼn chalet op dié plaas gebraai het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn oupa (66), ouma (60), hulle dogter (36) en haar twee kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, het omstreeks 22:30 om die braaivleisvuur gekuier toe vyf mans hulle oorval het.

Die mans het klapmusse en handskoene tydens die voorval aangehad. Volgens Hlathi het dit gelyk of die verdagtes gewapen was met “tuisgemaakte vuurwapens”.

Die mans het die gesin vasgebind waarna hulle die chalet geplunder het. Volgens Hlathi het die mans ʼn televisiestel, kos, klere asook elektroniese toestelle gesteel waarna hulle met die gesin se Hilux-bakkie op die vlug geslaan het.

Die gesinslede was ongedeerd en kon daarin slaag om hulself los te wikkel waarna die eienaar van die plaas ontbied is, het Hlathi gesê.

Die gesteelde voertuig was toegerus met ʼn navigasietoestel wat gewys het dat die voertuig in die Nelspruit-gebied beweeg.

Die voertuig is kort daarna tussen Witrivier en Nelspruit opgemerk waarna die polisie die verdagtes agternagesit het. Die verdagtes het egter dié voertuig in die Plaston-omgewing agtergelaat en die bosse in gevlug, het Hlathi gesê.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die naam van die plaas word op versoek van die plaaseienaar vir veiligheidsdoeleindes nie genoem nie, het Hlathi verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Talie ·

Johan dit help ook nie eers nie. Die oom wat deur sy kombuisvenster geskiet is aan die Oosrand het sy skietding aan sy sy gehad. Die lafaards kom in groot groepe op weerlose mense af. Nooit een op een nie.

Docpietza ·

So is daar polisie wat in bosse kan inbeweeg agter misdadigers aan????

Joey ·

Nie almal het wapens nie. Die mense was vir naweek weg. As hulle wapens het word dit die moordwapen, want hoe verdedig een man sy familie teen 5?

Werner ·

Talie n wapen maak jou nie koelvas nie maar ek is seker as die oom n kans gehaad het en hom gebruik het sou hy want statestieke bewys dat in 90% vd gevalle waar die slagoffer terug baklei die gemors weghardloop ons moet net leer om ons wapens efektief te kan gebruik

Gert van Wierdapark ·

En so word 25 jaar van ” Demo-Crazy” vandag in SA gevier!

Boerboel ·

Weereens niemand is in hegtenis geneem nie. So sit dit lyk my hulle moet nie gevang word nie?

Eunice ·

DANK die Vader,hulle leef almal en het ongedeerd hiervan afgekom ?

Koos de Meyer. ·

Ons moet nou maar dag en nag jou vuurwapen by jou dra. Jy kan nie eers meer veilig braai nie, selfs ook nie in die stad nie. 25 jaar van anargie, roof en moord en nog meer.

Sterkte aan julle lafhartiges. ·

Moenie genade verwag die dag wanneer die skoen aan die ander voet is nie , julle gaan ……….., glo my.
Nie een van hierdie brutale aanvalle en moorde op ons blankes word vergeet nie. Nie almal van ons is vergewend gesind nie. Ons het nie nodig om drie, vyf en ses op n slag toe te slaan nie want ons is nie lafhartige leë koppe nie.

Boerin ·

Polisie onbevoegd..kon n helikopter en honde kry sou hulle ernstig wees om hierdie spul te vang,wat nog wil hulle he,hulle het presies geweet met die hulp vd navigasietoestel waar hulle is! Nee wat ons is regtig verlore,mens moet seker se dankie hulle het reageer!
Weerlose ouman ,vroue en kinders word deur vyf boewe aangeval! Vyf !!! Lafaards!….mens is dankbaar dat niemand vermoor of verkrag was nie !
Kinders vir die res van hul lewe bang gemaak,dan word daar gewonder hoekom ons voel soos ons voel!

Helena. ·

Dis net regverdig om daai plek se naam te noem..gasteplaas.. sodat mens jou nie vasloop in sulke tipe gevare nie. Die rotte kruip oral rond waar was die sekuriteit. Nee mens wil weet waar dit veilig is.

Chris ·

Wonderlik smeer CR heuning om almal se monde van die Utopia waarin ons werkvbly n leef. n Lewr sonder sorge en kwellinge. Net om elke dag in dir nuis te lees van die teenoorgestelde. Die is in elkhrval nir m keeling vir hom nor want dit is maar weet net blanked sogenaamd grondiewe wat aangrvsl en betoot is, eintlik maar net onteining sonder vergoeding soos hy en sy mede kaders glo. Die woord se ook vertrou nie op prinse en konings nie.In geloof sal ons oorleef en ons verteou op n Godelike verandering na die 8e daarvan is ek seker , nie n verandering deur die anc nie want die is een meer korrup as die ander .

Johanna Botha ·

Die freedom gebring aan SA met komplimente van die anc ! Gaan dit OOIT hier regkom ! Misdaad oral !

Dries du Toit ·

Elke uur word daar n witmens geroof en vermoor. Ons moet ernstig begin plan maak

IK ·

Waarom die polisie nie ‘n ongemerkte voertuig gebruik sal nugter alleen weet.

Rose ·

Is al so siek vir die woorde.” Nog niemand in hegtenis geneem nie “

Stormrider ·

Wat my taamlik vies maak is dat die naam van die plek weerhou word om die eienaar se besigheidsbelange te beskerm. Ons gaan binnekort op ‘n staptoer in daardie omgewing, vir al wat ek weet kan ons dalk by dieselfde plek tuisgaan? Die eienaar beter sy veiligheid baie drasties opskerp om ‘n herhaling en/of ‘n tragedie te voorkom.

Andre Stander ·

Jy is verantwoordelik vir jou eie veiligheid… As jy nie redelike stappe neem om jouself, en die in jou sorg te kan beskerm nie – dan moet jy eerder maar net tuis bly. Want daar is dit veili… Oh, nee, wag, uhmmm…….

Wielspore ·

Daar was onlangs ‘n plaasaanval in die Watervalboven gebied wat nogal naby Machadodorp is. Dan is dit ‘n sindikaat wat betrokke is.

Annie Webb ·

Sal mense dan nou vorentoe weer in groepe (viertrek-)waens moet beweeg en laer trek voor hulle begin braai?

Andrea ·

Ek glo só, Annie. Dis al hoe ons sal kan bestaan. Afriforum se Ankerstede of -dorpe waarvan hul praat sal eerder vestingstede of -dorpe moet word. Kibbutz sisteem met plase. Omhein, dag en nag bewaak. Slegs matige veiligheid binne die parameter van die omheinde en bewaakte areas. As jy buite hierdie areas MOET beweeg, sal dit in n swaar gewapende konvooi moet wees. Dis ons voorland as ons slim is. Solank as wat ons geïsoleerd bly, gaan ons uitgemoor word. Dag na nag na dag… Tot daar só min oor is dat hul in een aksie almal uitgewis word.
Daar’s geen ander manier om in hierdie land voort te bestaan nie. Veral nie sodra die EFF en ANC openlik koalisies vorm nie, of weer saamsmelt nie. Selfvoorsienende, klein areas van ‘selfbeskikking’ binne die chaos, oorgehaal en opgewasse om te veg vir selfbehoud wanneer nodig.

Lana ·

Wanneer mense bymekaar is vir braai of partytjie moet hulle beurte maak om “wag te staan”.
Daar moet ten alle tye iemand wees wat bewus is van wat rondom die groep aangaan

Pitty ·

Inliging vanaf werkers op die plek. Mense begin met jou eie hande werk.

JP ·

As ou so na die gemors wat aangaan in ons land kyk, lyk dit so al hoe meer na ‘n “western movie”. Sterkte

hercu ·

Cyril Rampasella sal vir elke moord en plaasaanval in hierdie land verantwoording doen!

dan word vooraf beplan om R120 miljoen te spandeer vir sy inhuldiging, maw die verkiesing is vlgns die cANCer reeds gewen!

ons Vader slaap nie!

Strand looper ·

Eks bly jul leewe! Hoop dit was n “wakeup call” !

Om deesdae in ons liewe land te oorleef moet jy regtig 2 keer dink voor jy iets aanpak self net winkel toe kan in n tragedie otntaard. Wees altyd peraad soos hul dit by ons ingedril het in die army.

Die sefde geld op ons paaie moenie met n taxi probeer kompenteer nie los hom hy sal wel eendag sy gat sien en jy sal bly leewe.

Sterkte aan die gesin

Andrea ·

Presies. My dogter is onlangs saamgenooi deur vriende na só n plaas toe. Toe ek die vriend se pa bel en vra oor veilgheid, sê hy dat ons in elk geval nêrens veilig is nie. Baie waar, maar hier by my slaap sy snags agter slot en grendel met vuurwapens onder ons hande, kwaai honde buite en binne, alarmstelsels binne en buite. Is ons buite, is ons vuurwapens aan ons. Ekt op die ou-end die gasteplaas gegoogle. Daar was geen tekens van diefwering, omheinings, ens nie. Dis bloot te gevaarlik om die kans te vat.

JG ·

Die land is in totale anargie en Cyril kan net praat oor die ou landsvlag wat vertoon word…

Cherokee ·

Tog snaaks hoe julle Cyril..Cyril.. (of Julius.. Julius) asof julle van vriende praat. Dit is bloot Ramaphosa en Malema.

Marota ·

Dit maak nie saak of daar sekuriteit is of nie as hul wil ingaan sal hul maak nie saak wat se veiligheids maatreëls daar is nie so wat ek eintlik sê mens is nêrens veilig nie. Laat ons dan asb die boer se wens om die plaas se naam te weerhou respekteer.

Attie. ·

Geen boer kan saam met sy gesin in die aand vleisbraai nie, weet mense dit nou nog nie. Gaan hou vakansie op veilige plekke….nie op ‘n afgeleë plaas nie. Dit klink so rustig en idillies, maarsoos almal kan sien, allesbehalwe.

PJC ·

Dit gaan nie regverdig wees om die plaas se naam te noem nie want hierdie is nie ń uitsondering nie. Almal is in dieselfde bootjie d.w.s. ewe onveilig. Selfs die oorblyplekke in dorpe en stede is ewe onveilig tensy hulle spesiale maatreĕls in plek het wat in elk geval onbekostigbaar is. Ek weet nie wat die antwoord op hierdue probleem is nie. Miskien is daar van die ander lesers wat ń sinvolle oplossing het.

Sarel ·

Dit is nie asof daar gereeld op die betrokke plaas aanvalle is nie. Jou eie huis kon net sowel die teiken gewees het.
Dit is nou maar net n gegewe dat jy misdaad gaan ervaar, dit is n misdaad vriendelike land.
Misdaad skep werk en is herverdeling van rykdom. Misdaad skep meer werk en stimuleer die ekonomie meer as wat enige ander besigheid.
Staat kan nie bekostig dat misdaad in bedwang gebring word nie, dit sal n ekonomiese ramp wees.

Alex ·

Die misdaad kan nog gaan, maar hoekom moet daar elke nou en dan iemand vermoor word vir “fun”?

B wentink ·

CR is die grootste tweegatjakkals nóg. Ek glo nie dit sal ná 8 mei anders wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.