Gesin van vyf vermoor

Nooddiensvoertuie. (Foto: Netcare 911)

Die liggame van vyf lede van dieselfde gesin, onder wie twee kinders, is gister in ʼn plantasie naby Richmond in KwaZulu-Natal gevind. Die moorde hou dalk verband met ʼn familievete.

Die gesin het verlede week van hul plaas in Boston, net buite Pietermaritzburg, verdwyn. “Die polisie het Saterdag twee verdagtes ingeneem vir ondervraging. Die twee mans, onderskeidelik 25 en 27 jaar oud, is in Elandskop vasgetrek,” het brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, Dinsdag gesê.

“ʼn Gesamentlike operasie is gister uitgevoer en die polisie het op die gesin se uitgebrande voertuig in Byrne, Richmond, afgekom. ʼn Verdere ondersoek het die polisie na ʼn nabygeleë plantasie gelei waar die liggame van Sizwe Mauris Ngcobo (64), Thandazile Zondi (41), Bonokwakhe Khuboni (40), Sibongile Fanelesibonge (2) en die een maand oue Libra Ngcobo gevind is.” Die liggame was erg verbrand en reeds besig om te ontbind.

Naicker sê klagte van ontvoering en moord word ondersoek en nog inhegtenisnemings word verwag. “Die twee verdagtes is ook formeel aangekla en sal na verwagting Dinsdag in die landdroshof in Richmond verskyn.”

Lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, sê in dié stadium lyk dit of die moorde verband hou met ʼn familievete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

RB ·

Oor die laaste meer as ‘n kwart eeu meer dodelik as enige ander!

Suzette ·

Ek het met die begin van die pandemie al gese as covid ons nie doodmaak nie sal die anargie wel

Swerwer ·

Dit is absoluut onmenslik! Hoe vermoor/verbrand jy ander.

Jakkie ·

Ek stem dit is soooo onmenslik en dit nogal ‘n 2 jarige en ‘n baba wat niks verkeerd kon doen of hulle self kan verdedig nie!!!!

Fae Fubar ·

Verfoeilike gemors. Ongelukkig kan hulle net tot lewenslange tronkstraf gevonnis word.

Tanniepetoors ·

Ek kan nie glo wat ek nou gelees het nie. Hoe vermoor jy vyf mense, een ‘n baba en dan probeer jy nog die liggame verbrand? Verseker sielsiek.

Elinette ·

Nee, tannie, nie sielsiek nie. Vir sielsiekigheid is daar dalk nog behandeling, maar vir doodgewone wreedaardige moordlus wat inherent ingebore is, is daar niks wat help nie.

Skappie ·

So ‘n hartseer verhaal die. Hoe verbrand mens ‘n ander mens, en dan nog sulke klein kinders?

Delia ·

Here….wat het van u skepsels geword. Mens het net nie Meer woorde nie

madels ·

Dis verby wreed en erg vir families en vriende wat agterbly. Mense wat hierdie tipe goed doen het geen menslikheid in hulle meer oor nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.