Gesinsgeweld laat drie jong seuns wees

Bloot ter illustrasie (Foto: Verskaf)

Inwoners van Secunda is in rou gedompel nadat ʼn ouerpaar van drie kinders Maandag oomblikke uit mekaar dood is. Die man en vrou het glo baklei waarna hy haar met sy motor doodgery het en homself ure later om die lewe gebring het.

Volgens brig. Selvy Mohlala, woordvoerder, is die polisie omstreeks 22:15 ná dié toneel van gesinsgeweld ontbied.

“Die polisie het inligting ontvang omtrent ʼn man wat na bewering met sy voertuig, ʼn Toyota Corolla, oor sy vrou gery het.

“Die man en die vrou het glo baklei waarna hy in sy voertuig geklim het, oor haar gery het en van die toneel weggejaag het. Hy het ʼn ruk later teruggekeer om sy vrou hospitaal toe te neem. Sy is egter oomblikke later weens haar beserings in die hospitaal dood.”

Mohlala sê die man is later naby ʼn ou mynskag dood aangetref.

“Daar word vermoed dat hy sowat 35 m van die skag na sy dood gespring het.”

Die voorval het glo voor die egpaar se minderjarige kinders, drie seuns, plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karoo ·

Goeiste…. ek hoop daar is ander familie en vriende wat die 3 seuns kan inneem en ondersgeun.

Martie ·

Dit is wat hierdie land aan sy inwoners doen, mense word tot sulke dade gedwing deur armoede, werkloosheid, hoe rentekoerse en misdaad.

Kiepie ·

Nee Martie, daar is baie mense wat swaar kry wat nie tot sulke drastiese stappe oorgaan nie.

Marlene ·

Daai arme kinders! Ek hoop regtig hul kry die nodige liefde, hulp & ondersteuning

Delia ·

Nee Martie. Jou opmerking maak nie sin. Interne beheer en verantwoordelikheid. Ry sy vrou dood, skiet homself, alles voor die kinders. Nee, nie die land of Regering of SA se skuld. Eie verantwoordelikheid

Anje ·

Dit is hart verskeurend. Here asb waak oor hierdie kinders en gee hul die lewe wat hul verdien

Charllas ·

Martie ek is jammer ek stem nie saam nie. Ons het alles verloor toe my man sy werk verloor het, soos in ALLES…. my man werk op `n dagloon so hy kry minder as `n tuinwerker, en ja ons stry oor geld en oor kos en oor alles maar hy het nog nooit my seer gemaak, en ons sal mekaar verseker nie vermoor nie. Saam ons is daar baie wat swaar kry wat afhanglik is van `n paar broode `n week en nie een van daai mans dink aan moord nie. Dis selfsugtige wat die man gedoen het, en het lewensskade aan sy seuns gedoen, daai seuns gaan dit NOOIT vergeet nie…. watse man doen so iets??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.