Gesteelde mangatdeksels opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het 42 gesteelde mangatdeksels Donderdag by ʼn skrootwerf in Fordsburg, Johannesburg, opgespoor.

“Die deksels is in Barney Simonweg opgespoor,” het hoofsup Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, gesê. Dit is die eiendom van die stad Johannesburg.

“ʼn 40-jarige man van Kameroen is in hegtenis geneem. Die polisie het ook drie mangatdekselrame en vyf ander wat aan Telkom behoort, opgespoor,” het Minnaar bygevoeg.

Die geraamde waarde van die goedere is R65 000.

“Dit is ʼn neiging wat al hoe meer toeneem,” sê Minnaar. “Die stad het selfs al probeer om die gesteelde of verlore metaaldeksels met plastiekdeksels te vervang.”

Hy sê die deksels word gesmelt en uitgevoer. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.