Ses mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo Derek Wood (53) buite ʼn laerskool in Johannesburg doodgeskiet het.
Lees meerAlles vir Donderdag 20 Maart 2014
Oscar Pistorius moet sy huis verkoop
Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius moet sy huis in die Silver Woods-landgoed verkoop om sy regskoste te dek, het sy prokureur Brian Webber Donderdag gesê.
NW-vloedskade beloop R100 miljoen
Vloedskade in Noordwes beloop minstens R100 miljoen, het premier Thandi Modise Donderdag gesê.
Numsa aanvaar Amplats-aanbod; Amcu-staking sloer voort
Numsa het Anglo American Platinum (Amplats) se loonaanbod aanvaar, het die mynmaatskappy Donderdag gesê.
Gesteelde mangatdeksels opgespoor
Die polisie het 42 gesteelde mangatdeksels Donderdag by ʼn skrootwerf in Fordsburg, Johannesburg, opgespoor.
Video: Renate Barnard-saak kan regstelaksie knak
Luitenant-kolonel Renate Barnard is al vir nege jaar in ‘n regstryd met die Suid-Afrikaanse Polisiediens gewikkel oor die toepassing van regstellende aksie.
Sewe sterf in botsing
Sewe mense is Donderdag dood na ʼn trompop-botsing tussen ‘n vragmotor en ʼn bakkie op die N2-snelweg in KwaZulu-Natal.
Groot visse vir Vryheidsfront Plus se kandidatelys
Verskeie bekendes, waaronder ook parlementslede van die DA, is nou onder die Vryheidsfront Plus se top 25 kandidate.
Video: Ballistiese kenner skets Oscar Pistorius-moordtoneel
Die polisie se ballistiese deskundige, kaptein Chris Mangena, het Donderdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof getuig Reeva Steenkamp is éérste in die heup gewond terwyl sy regop agter die toiletdeur in Oscar Pistorius se huis gestaan het.
Bostonse bomslagoffer sonder been weer ballerina
Met ‘n prostese wat spesiaal vervaardig is, het die professionele ballerina, Adrianne Haslet-Davis, weer die kollig betree. Adrinanne het haar been verloor tydens die Boston-marathon se bomaanslag.
Dwelms aan skoolkinders verkoop
ʼn Wenk van die publiek het daartoe gelei dat die Johannesburgse polisie op verskeie dwelms, wat onder andere aan skoolkinders verkoop is, beslag gelê het.
Amcu-staking: Paartjie in Noordwes aangeval
Vier mans het ʼn mynwerker en sy vriendin Woensdagaand in Noordwes aangeval, waarna hulle die paartjie se plakkershut aan die brand gesteek het.
Video: Nkandla-verslag opgesom
Die Openbare Beskermer het Woensdag in ‘n verdoemende verslag oor die veiligheidsopgradering van president Jacob Zuma se privaatwoning by Nkandla, bevind dat wanadministrasie en onbehoorlike gedrag plaasgevind het.
Miljoene bababednette herroep weens verwurgingsrisiko
Ikea, die Sweedse meubelmaatskappy, het Donderdag nagenoeg drie miljoen bababednette wêreldwyd herroep omdat dit glo ʼn verwurgingrisiko inhou.
Hof hoor oor onbillike regstellende aksie
Die konstitusionele hof het vandag Solidariteit se waterskeidingsaak namens lt.-kol. Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangehoor.
Theuns Stofberg se 10 dae oue kleindogter sterf
Die oud-Springbokrugbykaptein, Theuns Stofberg, en sy familie is in rou nadat sy kleindogter 10 dae ná haar geboorte glo weens breinsvliesontsteking gesterf het, het Rekord Centurion Donderdag berig.
Taalreëls: Só praat mens van storms
Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind oor die verskillende storms en hoe daarna verwys word.
Grootste Afrikaanse sakeplankompetisie begin vandag
Akademia begin Donderdag met sy nasionale sakeplankompetisie vir 2014 met prysgeld ter waarde van meer as R300 000.
Vloede: Reddingspogings duur voort
Soek- en reddingspogings duur voort in dele van die land wat onlangs deur swaar reën getref is.
Liefdesoorlog- Gerhard Steyn en Anaïs
Hoewel Gerhard Steyn vanjaar tien jaar in die musiekbedryf is, het sy gewildheid eintlik eers begin toeneem nadat hy sy derde album, Breekbaar, vrygestel…