Geweld in Kraaifontein: Vrou doodgeskiet; talle vas

Foto: Henk Kruger/African News Agency(ANA)

Die voortgesette betogings in die Bloekombos-omgewing van Kraaifontein het tot die dood van ʼn 19-jarige vrou gelei met nog 13 betogers wat in hegtenis geneem is.

Die jong vrou is Saterdagmiddag op die perseel van ʼn vragmotoronderneming doodgeskiet. Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het ʼn groep van nagenoeg 500 betogers omstreeks 15:00 die onderneming bestorm nadat ʼn ligte afleweringsvoertuig buite die depot aan die brand gesteek is.

Foto: Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Lede van die polisie se openbare orde-eenheid het verhoed dat die betogers die perseel binnedring. “ʼn Skoot is van die perseel af afgevuur en die jong vrou is in die kop getref en is op die toneel dood.” Die betogers het hierna uitmekaargegaan. ʼn 62-jarige man is Saterdagaand in verband met die vrou se skietdood in hegtenis geneem. Altesaam 13 betogers is ook op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Foto: Henk Kruger/African News Agency(ANA)

Die betogings hou verband met ʼn operasie om onwettige strukture in die Bloekombos-omgewing van Kraaifontein af te breek.

Terwyl wetstoepassingsbeamptes Donderdag strukture afgebreek het, het betogers bande aan die brand gesteek en in ʼn stadium die beamptes met klippe bestook. Nege mense is in hegtenis geneem.

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings in die Kaapstad-metro, het gesê daar is verlede maand in Kraaifontein reeds 21 500 penne verwyder wat gebruik word om persele vir onwettige besetting uit te sit en daar is ook meer as 4 500 vakante strukture verwyder.

Foto: Helpus Save Our Farm/Facebook

Die afgelope paar weke is honderde strukture op grond langs die Tygerberg-renbaan opgerig. “Die diefstal van die grond en die vernietiging en diefstal van eiendom word ten sterkste veroordeel.”

Booi het daarop gewys dat R1,3 miljard se behuisingsprojekte bedreig word weens onwettige grondbesetting. “Van 2018 tot nou is 358 ha se privaat en openbare grond al beset.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JohanR ·

Gooi hom ANC, gooi hom! Sal nie gelukkig wees totat julle by “hook or by crook” die Wes-Kaap regeer nie. Verbaas daar is nie al begin om te bou op Rondebosch Common nie. Daar behoort darem soe 2000-20000 onwettige strukture in te pas hang af of jy nou ‘n bachelor woonstel wil he of ‘n drie slaapkamer!

Elsabe ·

Yep. Waar het hulle gewoon voor hulle kom penne inslaan het? Waar gaan die ‘boumateriaal’ vandaan kom? Waar gaan hulle toilet en waar gaan hulle hul gemors strooi? Is daar water?

Karlahari ·

Ek sal graag wil weet of die besmetters van die Wes Kaap adf kom en of die meerderheid van die Oss Kaap (Xhosa en ANC) wêreld afkom waar alles uitmekaar val.
Die WesKaap is een deel waarop hulle nie kan aanspraak maak nie.
Want hulle het gestop by die Visrivier soos hulle kuslangs suid beweeg het en burgers op beweeg het.

Pieter J ·

Nou word die persoon gearresteer wat die betoger vrou geskiet het terwyl die betogers almal in die omgewing se lewens bedreig het. As jy met vuur speel gaan jy mis een of ander tyd brand.

Grassie ·

As ek die berig reg verstaan het die betogers ‘n voertuig, ek vermoed dit is een van die besigheid s’n aan die brand gesteek en daarna die perseel bestorm om dit te plunder en te brand. As ‘n 62-jarige man van die perseel af gevuur het is hy waarskynlik die eienaar of ‘n personeellid. Nou is hy in hegtenis geneem en van moord aangekla. Laat dit vir ons ‘n les wees. As ‘n klomp geweldenaars en verwoesters in ons land op jou plek afstorm, moenie die plek verdedig nie. Die nuttelose polisie is mos daar, hulle sal mos die gebeure monitor. Na jou plek verwoes is gaan die versekering moontlik nie betaal nie want dit was openbare geweld. Dan het jy niks. Pak dan maar jou goedjies en voertsek, dit is wat “hulle” wil hê.

Trieste, Suid-Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.