Gʼn plek vir dié lied in demokrasie

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie. (Foto: AfriForum)

Die EFF se voortgesette pogings om die “onverdedigbare te verdedig” skep ʼn uiters gevaarlike presedent vir Suid-Afrika se jong demokrasie, het die DA Donderdag in reaksie op ʼn hofuitspraak oor die sing van die omstrede strugglelied “Kill the Boer” gesê.

Regter Edwin Molahleni het kort tevore die burgerregtegroep AfriForum se aansoek, dat die lied tot haatspraak verklaar word, met koste van die hand gewys. Die organisasie het reeds aangedui dat hy teen die uitspraak gaan appelleer.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, sê die steurende boodskap wat met die uitspraak gestuur word, is dat die aanmoediging van moord op ʼn sekere groep, gegrond op hul identiteit, aanvaarbaar is en geen gevolge dra nie.

“AfriForum werk konstant met die slagoffers van plaasaanvalle, asook die familie van vermoordes in hierdie grusame misdade. Ons begryp die pyn en trauma wat hierdie slagoffers en oorlewendes mee moet saamleef. Ons is dus diep teleurgesteld oor vandag se uitspraak.

“Daar is geen plek in die samelewing vir liedere wat die moord van mense, gegrond op hul identiteit, aanmoedig nie,” sê Roets.

Solly Malatsi, die DA se nasionale woordvoerder, stem saam.

Malatsi sê die EFF is vasbeslote om die vlamme van rasseverdeling in die land te stook.

“Daar is vandag in ons demokrasie geen plek vir die aanmoediging van die doodmaak van ʼn spesifieke groep mense nie en ʼn oproep daarvoor deur hierdie lied of op enige ander manier is onaanvaarbaar,” sê hy.

Die DA het ʼn beroep op die EFF en ander partye gedoen om stellings wat rassespanning kan opjaag, te staak. Malatsi sê Suid-Afrikaners wat waarde heg aan ʼn verenigde, konstitusionele en regtegedrewe demokrasie moet saamstaan en dié poging van die EFF om die land te verdeel, verwerp.

“Niemand mag toegelaat word om ʼn lied te sing wat vra vir die doodmaak van minderheidsgroepe nie en dit moet ook vir hierdie lied geld.

“Niemand moet ooit ʼn lied sing wat vra vir die doodmaak van gelowiges, LGBTQI-minderheidsgemeenskappe, ander rasse of diegene met gestremdhede nie. Die gedagte aan só ʼn lied is absoluut afskuwelik – en net so moet hierdie lied ook wees,” sê Malatsi.

Hy waarsku ook dat die EFF se voortgesette verdeling van die samelewing op grond van ras wel strook met die party se aankondiging dat hy ná die verkiesing in 2024 met die ANC gaan saamwerk.

“Die EFF-ANC-koalisie gaan doelbewuste rasseverdeling versterk en gaan ʼn koalisieregering skep wat dink dit is oukei om geweld teen minderheidsgroepe aan te hits. Dit moet gestuit word.”

Die VF Plus het ook sy teleurstelling te kenne gegee en sê ná 26 jaar van demokrasie is daar nie meer plek in Suid-Afrika vir opruiende uitsprake nie.

Die Menseregtekommissie (MRK) het die slagspreuk “Kill the Boer” – in ʼn saak wat die VF Plus gedryf het – reeds in 2003 tot haatspraak laat verklaar.

Dr. Pieter Groenewald, partyleier, sê dit is moeilik om te verstaan waarom die Gelykheidshof nie nou dieselfde bevind het nie. Die regter het onder meer laat blyk dat daar sekere tegniese punte is wat die uitspraak rig en dit sluit ʼn gebrek aan genoeg bewyse in.

Groenewald sê ʼn vroeëre verslag van die polisie het bevind dat uitsprake van politici mense aanhits tot geweld en dat dit een van die oorsake vir plaasaanvalle en -moorde is.

“Indien hierdie slagspreuk as wettig beskou word, gaan dit geweldige konflik en tweespalt in Suid-Afrika veroorsaak, aangesien ander groepe geneë sal voel om soortgelyke negatiewe en kwetsende uitsprake te gebruik.

“Dit is totaal onaanvaarbaar dat die lied met die woorde wat ʼn duidelike aanhitsing is om boere te vermoor, bloot as ʼn sogenaamde ‘strugglelied’ beskou kan word,” sê Groenewald.

Dit mag nie geduld word nie en die VF Plus sal wil sien dat die saak tot in die Konstitusionele Hof beveg moet word.

Buite die hof het EFF-ondersteuners “Kill the Boer” gedreunsing.

Die party het die uitspraak verwelkom.

Die hof het bevind daar is geen grondslag of oorsaaklike verband tussen die sing van Dubulua Ibhunu en die aanhitsing om ʼn slagoffer van ʼn rooftog op ʼn plaas leed aan te doen nie, sê die EFF.

“Dit is iets wat die EFF deurlopend benadruk het: Vryheidsdreunsange en struggleliedere is nie bevele vir enige aksie nie en geen ondersteuner van die EFF sien dit só nie.”

Die EFF sê daar is ʼn groep wat probeer aanvoer dat swart mense irrasionele wesens is, wat sal doodmaak weens ʼn dreunsang of ʼn lied.

Die party, wat sy verklaring met die woorde “Kiss the Boer, Kiss The Farmer!” afgesluit het, sê die uitspraak moet verwelkom word as ʼn oorwinning teen rassiste.

“Die stryd duur voort vir grond om teruggegee te word, met rassistiese drukgroepe soos AfriForum wat dit tot elke prys probeer verhoed. Laat ons vryheidsliedere vrylik sing, ter ere van die dapper helde en heldinne wat vir ons politieke vryheid geveg het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Kokerboom ·

Kan nie glo dat ‘n Regter so ‘n uitspraak lewer????????

Kobus ·

My standpunt is dat die Regters “gewilde” uitsprake lewer want dan kan niemand vinger na hom wys . Lees EFF. In sy hart weet hy dat die saak verder geneem sal word maar die onus is nou nie meer op hom nie. Indien die beslissing gehandhaaf word, het hy die deur nou wawyd oopgemaak vir negatiewe dinge wat gaan gebeur. Dit gaan nou misbruik word.

ROELOF ·

Nou kan ons maar die ou lansvlag uithaal. En ‘n gepaste lied kry om ou Juli-ass te vermaak.

Luna ·

Dan kan die Boere seker maar die Stem sing of tel alles soos gewoonlik net vir seker groepe

hendrie ·

Hopelik gaan daar nou ‘n lig op vir siele wat alewig vra/sê dat die doodstraf weer in die droewe land ingestel moet word.

Johann ·

So ons kan die “ou” vlag waai…en NET die Afrikaanse stem sing…vir ‘n begin.

domheks ·

Regter Edwin Molahleni is seker ook ‘ eff-lid. Dit kan nie in een hof so se en in ‘n ander hof dan weer ‘n ander storie! Geen land kan so ‘n regstelsel hanteer nie!

Kosie ·

N land waar n vlag tot haatspraak verklaar word maar n lied wat vra dat mense vermoor moet word moet nie letterlik opgeneem word nie en is nie haatspraak nie, in wat se samelewing leef ons.

Trotse Boervrou ·

Kan een ding sê…. Ek stof nou Bok van Blerk se liedjie “De la Ray” af en pas die woorde aan. Geen kwade bedoelens, geen haatspraak. Ek doen dit sommer oor dit mooi is en lekker is om te sing.

Marelize ·

En wanneer hulle die dag R200 vir ‘n sak aartappels en R50 vir ‘n brood betaal – dan moet hulle nie kla nie.

Dries ·

Wat nou al lankal ten Hemele skree is ::
ONS MOET ‘N ONAFHANKLIKE LAND KRY ASB.

Nici ·

Kom ons koop almal saam ‘n stukkie land by Namibie????
Ek reken ons begin ‘n kollekte vir ‘n plek waar mens in vrede kan aftree.

Geert ·

Ja ons moet n eie grondgebied kry. Ons moet ophou dink dis nie moontlik nie en dit begin eis. Wat gaan van ons kinders word ?

Sarel ·

Baie hartseer dag vir SA se Regstelsel…gaan die Regter die gevolge van sy uitspraak dra.

OW ·

Een bevinding van ‘n Regter definieer gelukkig nie die doetreffendheid van ‘n land sê regstelsel nie.Hierdie saak sal omgekeer word al moet dit tot by die Konstitusionele Hof gaan vir beslissing.

Samuel ·

Dit lyk my sake teen die EFF/Julius Malema, kom nooit op “n einde nie. Geen beslissing teen die EFF nie. Is sommige regslui bang vir Malema??

Piet Snot ·

Glo nie hy’s bang vir Malema nie; hy deel moontlik bloot Malema se mening.

Harley Davidson ·

Dit is baie jammer maar dit is wat dit is ek stem nie saam met die regter nie en glo Afriforum moet hulle verder versterk met plaasbeveiliging en die opleiding van plaasbewoners om hierdie terorisme te stop

Nici ·

Die regter is useless (mag mens dit nog se?). Ek hoop die saak word suksesvol geapelleer. Wat as witmense sou sing “kill the EFF supporters’”? Sou dit haatspraak wees?

Wildemien ·

Ek sou reken die presedent is geskep om dit te mag sing.

Piet Snot ·

Regter Molahleni se uitspraak wys hoe ver die regstelsel al gekaap is deur kaderontplooïng.
En ja Roelof, ek dink ook daai toetsie gaan gedop word. Altans, ek hoop so!

Oosieoos ·

Daai regter is a rasis as hy sulke liedere goedkeur en moet verwyder word nie plek in a demokrasie vir so iemand.
Hy weet net een skree heks dan steek honderd haar aan die brand so hoeveel meer bewyse soek hy

Oosieoos ·

Regter Edwin Molahleni het al a hele paar uitsprake gemaak wat erg gekritiseer was 2016 was a groot een

Ettienne ·

Daar was ongelukkig regstegniese gebreke in Afriforum se saak. Hulle moet nog beter voorberei en meer klem lê op bewysbare feite. Twee, dat die regter ‘n uitspraak kan lewer wat nie in ooreenstemming met ‘n verklaarde beginsel is nie, stem my tot droefenis en weemoediigheid oor die kwaliteit van die regstelsel. Aan die abderkant wonder mens ook nou hoe relevant en wetlik binding uitsprake van die arme menseregtekommissie is…? Maar mede Afrikaners sing die stem, wys ons ou vlag…viva burgerlike ongehoorsaamheid en lydelike verset!!

Pieter ·

En so mors ons tyd, geld en met mense se lewens… Net omdat een persoon nie lekker verstaan wat reg en verkeerd is nie… Mense, as die so in openbaar redeneer, hoe agter geslote deure…

Herman L ·

Sal ‘n liedjie “Kill the Comrade ” dieselfde toets saag?

gatgogga ·

Nou, almal wat aangekla word van aanhitsing i.v.m. verlede jaar se onuste, luister mooi:
As “Kill the Boer” nie gesien kan word as maak die Boer dood nie, dan kan “Burn and loot Makro” ook nie beteken verwoes Makro nie.

hendrie ·

Hopelik gaan daar nou ‘n lig op vir siele wat alewig vra/sê dat die doodstraf weer in die droewe land ingestel moet word.

Johan Botha ·

Is Molahleni se uitspraak dalk ‘n voëlvry verklaring?

Swerwer ·

As die die geval is mag ons maar ons STEM sing en ons regte SA Landsvlag hys wat nog waarde in ons tyd gedra het, en basta met “die nuwe reënboognasie se landsvlag en al hul verdraaide sienings” Die EFF was en is nog altyd deel van die ANC .

Frank John ·

Wie kan my nou keer om die Stem te sing? “Uit die blou van onse hemel…..”

Wildemien ·

Hierdie “regter” hoort nie op die bank nie. Hy is ‘n rassis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.