Good-voorsitter bedank uit party

Die leierskap van die Good-party. (Foto: Armand Hough / African News Agency)

Nthabiseng Lephoko, nasionale voorsitter van die Good-party, het Maandag haar bedanking by die party ingedien.

Lephoko beskuldig Patricia de Lille, leier van Good, daarvan dat sy Shaun August, voormalige hoofsweep van die DA-koukus in die Kaapse stadsraad, bo haar as LP verkies het.

“De Lille maak haar eie besluite oor wie waar en hoe geplaas moet word … beloftes is gemaak. Ek is aangesê om nie bekommerd te wees om nie [vir ʼn posisie] gekies te word nie en ek het bewyse daarvan.”

Lephoko het aan SABC Nuus gesê partylede is aanvanklik laat glo dat Good ʼn party is wat hoofsaaklik deur vroue gelei word nadat dit vier maande gelede op die been gebring is. Sy glo dat dit egter nie die geval is nie aangesien twee mans nou die voortou neem.

De Lille het dié party op die been gebring nadat sy verlede jaar die DA verlaat het. Good het vanjaar meer as 70 000 stemme in die sesde nasionale demokratiese verkiesing verower wat die party twee setels in die Nasionale Vergadering en een in die Wes-Kaapse wetgewer verseker het. De Lille sal saam met August, die party se nasionale organiseerder, terugkeer na die Nasionale Vergadering.

August het verlede jaar saam met Brett Herron, nou sekretaris-generaal van Good, uit die DA bedank ter ondersteuning van De Lille.

Lephoko beskuldig die party daarvan dat sy uit die party se besluitnemingsproses gelaat was. Sy voer aan dat belangrike besluite nooit met haar bespreek is nie en bloot sonder haar medewete geneem is.

Die party het gesê hy is uit die veld geslaan deur Lephoko se redes vir haar bedanking aangesien sy dié ontevredenheid nooit onder die leierskap van die party se aandag gebring het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

TN ·

Die DA kan hulle sterre dank dat hulle deur die pyne gegaan het om van hierdie vrou ontslae te raak !

Andreas ·

As iemand of ‘n party wat beloftes aan mens gemaak het daardie beloftes nie gestand doen/na kom as teenpresasie na mens jou kant gebring word nie, dan lyk dit is die een wat die beloftes verbreek uit die veld geslaan omdat die ontevredenheid van gegriefde nooit onder die leierskap, wie daardie beloftes verbreek het, se aandag gebring is nie.

Hierdie tipe verskoning deur leierskap vertel ons tot welke mate ons leiers bereid is om verantwoordelikheid te vat.

Theoman ·

O my Good ness hier begin n ding wonder of dit Good of Bad is

Marietjie ·

Bla bla bla en so word beloftes gemaak en daar kom niks van nie

Herman Goosen ·

The GOOD, The UNTRUTHFUL and The BETRAYED. Klink maar na gewone politiek

wielie ·

Ag my goodness ,,,,,,,,, kom net oor dit en begin practice what you preach. Genade as almal so aanhou baklei gaan alles ten gronde. Word wakker vat hande en BEGIN IETS DOEN voor die land in sy maai is

Nico ·

Hier is dit maar net nog ‘n bewys dat in politiek gaan dit net oor die eie-ek en wat ek op die soustrein kan skep en vergeet wie my daar gekry het. Die soustrein is die oorsaak van al die politieke partye wat so opskiet.

Neels ·

Good nou kan die gemeente sien hoekom aunty Pat en die DA se paaie vir Good geskei het

Essa ·

So deur die kommentare gelees lyk dit asof Good reeds ‘n groot grap is, deur hulle eie toedoen. Ettiene, Kasper sal dalk oorweeg om sy dienste aan te bied. ?

Adam ·

As die dame opgelet het in die klas sou sy geweet het sekere politici is meer onbetroubaar as ‘n tweedehandse Alfa.

Heinrich ·

O die hemele behoed ons as ‘n man êrens aangestel word of ‘n party leier ‘n besluit maak…

Pieter ·

Geen een persoon is groter as ‘n party of beweging nie. As die leier besluit op ‘n ander persoon bo jou is daar ‘n rede daarvoor. Hoogmoed en status bring jou niks in die sak nie. Lephoko is maar net nog ‘n magsbehepte persoon en sou een of ander tyd met die leierskap probleme op getel het! Good-riddens is seker van pas!

Andreas ·

Nie as die belofte deur bv de Lille, of iemand wat die mag daartoe het gemaak is.

jaco ·

Swart teen Kleurling nogal. Interessant. Ek dog dan dat net wit mense rassisties kan wees en dat alle nie-wit mense heel gelukkig is met nie-rassigheid…

Arno Scheepers ·

That my lady is who and what Auntie Pat is…..not very GOOD.

Gatvol ·

Gebruik kiesers om jou te ondersteun met baie promises. Die jonger generasie het nie hulle huiswerk oor haar gedoen nie. Dit is n ou laai van haar. Gaan maar terug in die geskiedenis. Dit gaan net oor finansiele welstand.Haar kiesers gaan nog dik trane huil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.