Gordhan swyg oor name van hoës: ‘Gaan vra vir De Ruyter’

Pravin Gordhan. (Foto: GCIS)

Pravin Gordhan wou ook nie die name verskaf van die hooggeplaaste politici wat glo by die plundering van Eskom betrek word toe hy Woensdag voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn het nie.

Die minister van openbare ondernemings het gesê die komitee moet maar vir André de Ruyter, die voormalige hoof van Eskom, terugroep om dié name te verskaf.

Gordhan se stilswye kom ten spyte daarvan dat De Ruyter in sy inderhoud met eNCA én in sy nuwe boek getiteld Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, noem dat hy die bevindinge van ʼn ondersoek deur die maatskappy George Fivaz Forensic and Risk (GFFR) met Gordhan gedeel het.

Gordhan het aan Skoor gesê hy is in die verbygaan van die ondersoek in kennis gestel en is nooit van ʼn kopie van die sogenaamde Eskom-intelligensieverslae voorsien waarin die politici geïmpliseer is nie. ʼn Diagram met name is wel aan hom gewys.

Daar is egter aan hom gesê dat die diagram op “voorlopige inligting” en geen wesenlike feite berus nie.

“Voorsitter, ek gaan nie ander impliseer of die reputasie van ander deur die modder sleep sonder dat daar geloofwaardige bewyse en verifieerbare feite verskaf word nie. Intelligensiedossiere, soos sommige van julle dalk onthou, het onmeetbare skade aan ons land, sy instellings en individue aangerig.”

Gordhan sê dat hy self in 2017 die teiken was van ʼn sogenaamde intelligensieverslag wat hom eindelik sy pos as minister van finansies gekos het.

André de Ruyter (Foto: ANA)

“So, ek weet waarvan ek praat.”

Ook De Ruyter wou nie die name van die politici verskaf toe hy verlede maand voor Skoor verskyn het nie. Die komitee het De Ruyter gevra om voor hom te verskyn nadat hy in Februarie verskeie opspraakwekkende bewerings oor grootskaalse korrupsie by Eskom in ʼn onderhoud met eNCA gemaak het.

De Ruyter het onder meer beweer tot soveel as R1 miljard word elke maand by Eskom gesteel. Hy het ook verwys na vier misdaadkartelle wat glo binne die kragvoorsiener bedrywig is, en het ernstige bewerings teen ANC-hooggeplaastes gemaak.

“Kos korrupsie Eskom R1 miljard per maand? Ek weet nie. Ek het nie die boekhouding gedoen nie,” het Gordhan vanoggend gesê met verwysing na De Ruyter se “konserwatiewe skatting” van die korrupsie by Eskom.

“Maar Mpumalanga is beslis ʼn misdaadtoneel,” het die minister toegegee. “Daar is mense binne én buite Eskom wat saamsweer om verkryging en ander prosesse te ondermyn… om meer geld te maak.

“Die meedoënlose hebsug duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Martie Smartie ·

So as minister v operbare ondernemings gee hy toe dat hy en sy kollega minister van polisie jammerlik faal om korrupsie by eskom stop te sit. Ja twee top ministers topklas

Kaptein ·

Hy sal nie name noem nie , want hy en oom gwede spoegshe is 2 van die politieke betrokkerowers.

Piet ·

Van George se intelligensieverslag gaan niks kom nie. Ons weet hoekom.
Wie ookal Pravi s’n gedoen het, sy eie mense, moet hy maar verlief neem. Was sy eie mense.
Nou sit hy steeds met ‘n lekker pos. Waaroor kla jy?

Jacobus ·

Vir iemand wat feitlik al wat “SOE” vernietig het, het ek baie te sê! Sharrup liewer en gaan pas jou oranje oorpakke!

Amelia ·

Waarvoor word hy dan n kleinhuiseie (paleis) geld voor betaal anc beleid weet niks sien niks hoor niks sien net die $ wat hul pay en niks voor hoef te doen nie

Hennie ·

Hy weet wie hulle is, maar sê of doen niks nie. Lae morele waardes van die ANC gespuis.

Jaco ·

Sê net wie dit is en beveg dan die naamskendingsaak. Dit sal vinnig oor wees. Daar sal DUISENDE mense en organisasies wees wat vir André sal steun en verdedig. 6 maande en dis oor.

Perdeby ·

Hy weet Wie dit is, maar seker ook bang om te praat, maar hr weet presies wat aangaan. Andre het n Helen Paar groit blikke wurms oop gemaak.

Eugene ·

Ja gordham. Jys net so skuldig. Ramp-phosa regering koop jou om, om stil te Bly.

Swerwer ·

De Ruiter het sy bes probeer maar hierdie laakbare optrede van “Hoës” wat te bang is om die waarheid te spreek is lamsakke, en behoort onmiddelik van hul pos/amp verwyder te word.

Kobus ·

Geagte mnr Gordhan, vergeet dan nou van de Ruyter se info en verslae, maar wat van Regter Zondo se verslag? Wat het u en agbare Mantashe sedert die vrystelling van daai verslag gedoen? Hoe lank trap u en agbare Mantashe water met die ontbondeling van Eskom? Plaas u enige druk op Mantashe om sy werk te doen….soos ek verstaan is verskaffing van krag een van sy KPA’s?

Chris ·

Gordon staan self agter die deur. Almal skel Ramaphosa maar kyk bietjie wie sit in die mees strategiese poste. Gordan en sy maatjies. Kommunis wat nog nie agtergekom het kommunisme is verby nie. Lank lewe kommunisme

Theunis ·

Gordan, die deler is net so goed soos die steler, jy herken jy is bewus van die korrupsie, die vraag dus, Wat doen jy as ‘n kabinet lid daar omtrent of is jy dalk deel van die korrupsie, ek vrae maar net.

Jannie van Niekerk ·

Hy hoef nie name te noem nie, Almal weet dis die hele ANC, EFF en almal wagt met hulle assosieer

Peter ·

Pateet, jy weet wie geimpliseer gaan word, katte begin nou benoud rondspring

Janine ·

Ek kan net my kop skud vir die absolute snert wat kwytgeraak word! Dink die moroon De Ruyter sou ‘n boek skryf sonder bewyse? Ons is nie almal so platkop soos JULLE nie. Tsk!

Adriana ·

Hy is deel daarvan dis hoekom hul almal so lieg om mekaar te beskerm.

Yvonne ·

Tydmors om die ANC kaders voor stok te kry…..verskonings etc…..en hulle kom al die jare weg daarmee

Sharmane ·

Trek jou groot seun broek op en praat die waarheid!!! Moet dit altyd los vir iemand anders om te doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.