Gordhan wen weer teen openbare beskermer in die hof

Adv. Busisiwe Mkhwebane. (Foto: Oupa Mokoena/African News Agency)

‘n Volbank regters van die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het reg tot appèl geweier aan die openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, om te appelleer teen ‘n bevinding wat die hooggeregshof in Desember verlede jaar teen haar gemaak het.

Ter sprake is haar bevinding in 2018 dat die destydse hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Ivan Pillay, op onbehoorlike manier toestemming verleen is om vroeë aftrede (met omvattende finansiële voordele) te neem.

Mkhwebane se bevinding het Gordhan as destydse minister van finansies by die besluit betrek, en daar is wyd in politieke kringe gevoel en beweer dat sy die bevinding se tydsberekening so beplan het dat dit sou val enkele dae voordat pres. Cyril Ramaphosa sy kabinet sou saamstel.

Die bewering was dat dit ‘n truuk van Mkhwebane sou wees om dit onmoontlik te maak vir Ramaphosa om Gordhan as minister in sy kabinet op te neem.

Toe puntjie by paaltjie kom het Ramaphosa wel vir Gordhan as minister aangestel, maar Gordhan, Pillay en hul voormalige kollega Oupa Magashula het nietemin die bevinding op hersiening geneem, en uiteindelik in Desember gewen.

Mkhwebane het aansoek gedoen om verlof tot appèl, maar in Woensdag se saaklike uitspraak van kwalik twee bladsye deur die volbank bestaande uit regters Elizabeth Kubushi, Mpostoli Twala en Norman Davis is bevind daar is geen redelike kans dat ‘n ander regbank tot ‘n verskillende bevinding sal kom nie.

Die versoek om die reg op appèl is dus met koste van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MakersMark ·

Sy moet maar hanskoene ophang daai vlak van onbevoegdheid sal nie vir Gordhan laat bewe nie.

Persheks Adri ·

Lekker! Laat jy gaan met ‘n spoed pffft magtag man

JM ·

Probeer dieselfde vertragingstaktiek as Zuma en die belastingbetaler moet aanhou opdok.

KB ·

Wéér die wonderlike SA regs-stelsel.
Wéér ‘n verleentheid!

(As medici hul werk uitgestel het soos die SA-regslui, was daar al baie meer mense dood.)

Pieter ·

Gordhan is wolf is skaap klere hy is deel van die ANC gemors. Hy was menister van finansies hy weet zuma hulle het die staatskas geplunder.Maar hy het nie n woord gerep nie. Die kommuniste is almal die selfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.