Graad 1-seun sterf by laerskool

Divan Joubert. Foto: Facebook.

Divan Joubert. Foto: Facebook.

Divan Joubert, ʼn graad 1-leerder aan Laerskool Standerton in Mpumalanga, is Maandagoggend by die skool oorlede.

Rudi Hamman, die skoolhoof, het in ʼn verklaring gesê Joubert het glo op die skoolterrein gestruikel.

“Een van ons graad 7-leerders het Divan opgehelp, maar hy het onmiddellik daarna inmekaar gesak,” het Hamman gesê. “Daar is onmiddellik noodhulp in die vorm van mond-tot-mond-asemhaling sowel as hartmassering toegepas, maar ongelukkig was dit nie suksesvol nie. ʼn Dokter, wat langs die skool woon, se hulp is onmiddellik ingeroep en hy het Divan dood verklaar.”

Die skool het die polisie en die departement van onderwys in kennis gestel.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal.

Hamman het namens die skool en personeel, asook die hele gemeenskap, hul innige simpatie en medelye teenoor Divan se ouers, Leon en Marlene Joubert, sowel as Divan se sussie, Zoë, uitgespreek.

“Ons vra ook die ouers en gemeenskap om hierdie gesin in hul gebede te dra en bystand aan hulle te verleen in hul tyd van smart,” het Hamman afgesluit.

Lees die opvolgberig hier.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Dirk ·

Ek wil nie eers dink hoe sy ouers moet voel nie, ‘n graad eentjie, dit is verskriklik. Ek sal graag wil weet hoe struikel ‘n graad een kind hom dood?. My hart bloei vir sy ouers en ek het geen raad nie, want ek was nog nooit in hulle skoene nie en kan net vir Vader dankie se daarvoor.

amanda strauss ·

Dirk
Ja dit is baie tragies en dit is nog vandag die pappa se verjaardag ook. Ons dra die gesin op in ons gebede. Asook my kinders wat vriende met hulle was en my kleindogter se maatjie.

Maronel ·

Dit kan wees dat iets met hom gebeur het voor hy gestruikel het. Dit is nie onwaarskynlik dat hy op sy jong ouderdom hartaanval/beroerte kong gekry het nie. Of het sy koppie teen ‘n muur hard gestamp. Sterkte aan die ouers en sussie. Nog so jonk. Sy hele lewe het nog voor gelê :-(

Pops ·

Ag dis so hartseer!! Ek wil en kan my nie eens indink hoe enige-iemand in die gesin/familie/skool moet voel nie. So klein nog. Baie sterkte vir mamma en pappa en sussie!!

Francis Linstrom ·

Mag ons Hemelse Vader hulle al die verskriklike hartseerpad dra.

Francis Linstrom ·

Mag ons Hemelse Vader hulle al die verskriklike hartseerpad dra.

anne ·

Dis so hartseer en tragies. Hy was nog so klein, baie sterkte aan die ouers, sussie en die familie.

Elfie ·

Ai… so aan die begin van sy lewe nog. Baie erg en saam met duisende ander dink ek aan hierdie familie en wens hul sterkte toe.

Piet Pompies ·

Die mooiste blomme word altyd eerste gepluk, sterkte aan die familie en skoolmaats.

Mandie ·

Ek sit hier mert trane in my oë, dis so hartseer. Ek ht n dogtertjie in gr1 ek kan my nie indink dat so iets met my moet gebeur nie. My hart gaan uit na die ouers en die sussie van DIVAN. Rus in vrede seun jy gaan gemis word en jou mense sal altyd lief veer vir jou. Sterkte mamma pappa en sussie.

chris ·

Wat ‘n hartseer verhaal. Pappa, mamma en sussie weet net dat God julle in die tyd sal dra en omvou met Sy liefde. Hou vas aan Sy genade en trou . Ek het my seun op ‘n jong 25 jarige ouderdom aan ‘n hartaanval verloor. Die seer en verlange gaan nooit weg nie . Baie sterkte .

Chantal ·

Ons hartjies gaan uit na mamma en pappa en sussie toe ons bid vir julle ons dink aan julle ons weet nie waardeur julle gaan nie. Ons vra die Hemelse Vader om sy hand oor julle te hou en julle te dra deur die tyd, Divan jy gaan deur so baie mensies, vriende en famielie gemis word. R.I.P Divan, eks n mamma van 3 en ek het geen woorde nie dis vreeslik baie hartseer hy was nog so klein

Jaco ·

Mag GOD julle dra in hierdie moeilike tyd, hy is ons rots en ons vesting.Net GOD kan die hartseer en pyn wegvat.Ons dra julle in ons gebede.Sterkte.

Hannelie ·

Daar is net Een Vertrooster in sulke tye en ek bid dat Hy hulle as gesin sal toevou in sy liefdevolle arms van vertroosting. My hart is seer saam met hulle. My jongste 1 ook nou in gr 1.

Shannon ·

Ai Leon en Marlene, ek kan myself nie iets meer tragies voorstel nie. Die outjie lyk nog so dapper daar in die foto. Het nie woorde nie.

surina ·

Geen woorde nie,dis eintlik so verkeurd.maar God se tyd is nie ons tyd nie.hier is ek baie siek,elke dag in pyn.hoekom n onskuldige gesonde seuntjie vat.sal ons ooit verstaan.maar ons Pappa Liewe Jesus het sy eie redes en ons kan net bid en glo en vertrou.sterkte aand die familie en vriend.ons God is Groot en almagtig.

Anita ·

Wat ‘n pragtige seuntjie! Baie liefde en sterkte aan sy ouers, sussie, grootouers, maatjies en almal wat hierdie mooi kind lief het.

Mag Vader julle in ‘n mantel van vertroosting toevou.

alet ·

Dit is so hartseer! Pappa mamma ek weet hoe julle voel! Het ook 30 jaar terug n kindjie verloor! Sterkte aan julle! Is die outopsie al gedoen? Wat was die rede vir sy skielike dood?

Elize Jacobs ·

Baie hartseer. Alle sterkte aan die familie. God sal julle hand hou en dra waar nodig. Alle sterkte. Van die Jacobs gesin. Is daar al enige nuus oor wat gebeur het.

Marcia ·

Geen woorde van vertroosting kan Divan terugbring nie.. Die vraag bly egter.. Waar was die leerlingraad en speel terrein toesig onnie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.