Grey Kollege: SAOU verwelkom hof se uitspraak

Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein. Foto: Facebook

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) het ʼn uitspraak in die hooggeregshof in Bloemfontein verwelkom waar die beheerliggaam van Grey Kollege se aansoek om verlof tot appèl afgekeur is.

Die SAOU het as ʼn party tot die geding in die saak tussen die skoolhoof en die beheerliggaam toegetree. Die vakbond het ook die aansoek om verlof tot appèl teengestaan.

Maroela Media het vroeër berig Deon Scheepers, hoof van Grey Kollege Sekondêre Skool in Bloemfontein, is in Mei 2018 deur die beheerliggaam van al sy beheerliggaam-pligte onthef. Henry Büchner, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het in daardie stadium in ʼn verklaring gesê dié “ingrypende bestuursbesluit” kom weens ʼn onherstelbare verbrokkeling van die vertrouensverhouding tussen Scheepers en die beheerliggaam. Volgens Büchner het alle pogings om die geskille tussen die twee partye te besleg op ʼn dooiepunt uitgeloop.

“Die SAOU is verheug dat die tweebankregters vandag ʼn deurslaggewende uitspraak gelewer het deur die aansoek met kostes van die hand te wys,” het Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, in ʼn verklaring gesê.

“Dit beteken dat die 2018-uitspraak gehandhaaf word, naamlik dat die beheerliggaam nie by magte was om die skoolhoof eensydig van kritiese funksies te onthef en ʼn eie ‘skoolbestuurder’, waaraan die hoof ondergeskik sou wees, aan te stel nie,” het Klopper verduidelik. “Die SAOU beskou die uitspraak as ʼn oorwinning vir alle openbare skole in Suid-Afrika. Dit voorsien vir alle skoolpersoneel en beheerliggame regsekerheid ten opsigte van die afbakening van die bevoegdheid van skoolbeheerliggame.”

Klopper het bygevoeg dit was nooit die doel van die SAOU om tussen die meriete van die geskil tussen die beheerliggaam van Grey Kollege en die skoolhoof te kies nie. “Ons fokus was op die beginsel van die skeiding van magte tussen skoolbestuur en die beheerliggaam se beheerfunksies. Die lyn is nou duidelik getrek. Die SAOU was van meet af aan oortuig dat die beheerliggaam van enige openbare skool in Suid-Afrika nie by magte is om soos ʼn werkgewer op te tree ten opsigte van departementele werknemers nie. Verder is die SAOU van mening dat die beheerliggaam ook nie by magte is om ʼn “skoolbestuurder” oor die skoolhoof aan te stel nie.”

Klopper het gesê die SAOU is oortuig dat hy in belang van elke skoolhoof en opvoeder opgetree het en dat dit van kardinale belang is dat opvoeders se regte ten alle koste beskerm moet word.

“Die vertroue word uitgespreek dat die strydbyle gebêre sal word en dat alle partye aan die hand van die uitspraak hierdie tradisieryke en trotse skool tot voordeel van almal vorentoe sal neem. Die sage oor die afgelope paar maande het niemand tot eer gestrek nie. Ons sal steeds aktief betrokke wees met die ondersteuning van ons lede waar die wetgewing dit duidelik maak en waar hul regte maklik in die hedendaagse samelewing kan vervaag.”

Lees alle vorige berigte oor Grey Kollege op Maroela Media

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Praat met mekaar en Bid daaroor en hê geloof en vertroue in God ??

Jacques du Toit ·

Nog ‘n beheerliggaam wat nie regtig weet wat hulle doen nie.
Nes die een in SR.
Kry die mense nie opleiding nie?
Of is dit maar net ‘n klomp vooraanstaande (in hul eie ogies) lede van die gemeenskap wat hulself daar inwerk?

Dankie tog ek het nie kinders nie, so het dus nog nooit met skole en hul dramas te doen gehad nie.

HPV ·

Jacques, stem saam met jou. Miljoene aan regskoste, sal goed wees as hulle dit self betaal.

Maljan ·

Hoekim is n skoolbeheerliggaam nooit teenwoordigend van die leerlinge nie? In meeste voorheen model C skole, bestaan die skoolbeheerliggaam uit dokters, prokureurs, bankbestuurders,dominees, rykplaasboere, terwyl meeste van die leerlinge se ouers ambagsmense, klerke, ens is?

Cherokee ·

Is daar ‘n verskil Maljan? Of is jou opinie verteenwoordigend van jou gebruikersnaam? Wat is die verskil? Is die ambagsman, klerk ens nie miskien meer verteenwoordigend van die gemiddelde leerling nie? Ek is voorsitter van ‘n beheerliggaam en weet hoe uiteenlopend opinies en besluite kan wees en hoe verteenwoordigend die verkille dikwels van agtergrond getuig. Skoonmakers se praktiese idees is somtyds meer logies as die van die lid wat selfverteenwoordigend praat, want die skoonmaker is meer algemeen betrokke en praat nie slegs namens self nie.

Cherokee ·

Maljan, ek skuld jou apologie. So pas jou kommentaar weer gelees en weet dat ek dit die eerste keer te vining gelees het. Eintlik praat jy en ek dieselfde taal. Askies!

DarkO ·

Hierdie beheerliggaam laat my aan sekere politici dink: dit kom voor asof hulle nie kan insien dat hulle verkeerd is nie en dat hulle krampagtig aan hulle (armsalige?) posisies vasklou. Dit kom dus voor asof dit hulle aan etiese leierskap ontbreek. Hartseer om te sê, maar ek vermoed dat dit die begin van die einde van Grey Kollege is, soos ons hom geken het.

Nettie ·

Ja-nee, soos gewoonlik is Cherokee weer vinnig op die perdjie, of is dit ‘voor op die wa’ en krities/aweregs.

In my skooldae (en ja, dit was etlike járe gelede) het die gewone man ook nie op die Beheerraad gedien nie. Dit was inderdaad die dokters, prokureurs, ryk boere, ryk sakemanne, dominees en kerksraadslede (wie se kinders in die skool was waar ek skoolgegaan het en wie natuurlik die ruimste geskenk het aan die skool) wat Beheerraadlede was.

Jan Alleman en sy maat – en dié se kinders – is ook gewoonlik as die “domes” agter in die klas laat sit, het nooit in aanmerking gekom vir leerderraadsposisies (prefekte of hoofmeisie/hoofseun nie) en is selde gekies vir die sportspanne, al het daardie kind potensiaal getoon.

Jj ·

Beheerliggaam is net n ander woord vir “my kind is in die skool en hy/sy BETER n prefek word…. niks meer…. niks minder

Cherokee ·

Wanneer iemand nie weet wat ‘n woord beteken nie, sou dit goed wees indien dit nageslaan word om onkundige opinies te voorkom. Google is jou vriend!
Soek dit op, slaan dit na, vind meer uit daaroor met klem op of daar enige finansiële vergoeding is vir tyd spandeer ter wille van die gemeenskap. Doen moeite en lewer weer kommentaar.

alwyn burger ·

Die skade is gedaan !. Ek het altyd gedink Grey se hoof moet op water kan loop!?

aj ·

Die skoolhoof is die professionele leier / bestuurder van die skool. Die Bestuursraad moet die hoof ondersteun want ” it takes an entire village to raise a child”.

Cherokee ·

so aj, jy is een van daardie’s wat glo die burgemeester is altyd reg! Kom aarde toe!

Adam ·

Geagte Cherokee. Ek dink jy het hierdie kommentaar ook te vinnig gelees. Ek sien hierbo wys jy iemand op die voordele van Google. Doen jouself ‘n guns en soek die betekenis van “beterweterig”. Lesers raak regtig moeg van jou teregwysings wat geensins die openbare debat bevorder nie..

Cicero ·

Ek dink nie hierdie beheerliggaam kan ontbyt op die bed beheer nie.

MK ·

Ons beheerliggaam word deur skoolhoof en sy ontvangsdame gekies
Dit is net die klomp op wie se kop hul Kan sit

nico k ·

MK, ek is nie seker aan wie se kant jy is nie, maar dit klink vir my Grey se beheerliggaam is die soort wat jy wil hê, d.w.s. nie die soort wat net doen wat die hoof sê nie. Ons weet nog steeds nie wie was reg en wie was verkeerd in hierdie saak nie. Is die Hoof nie dalk verkeerd nie? Hoekom wil die beheerligaam so graag van hom ontslae raak?

stem saam ·

Ek stem saam met jou Nico. Kom die ou Scheepers nie agter hy het ‘n groot spit in die Grey kultuur veroorsaak nie wat Grey se naam skade aandoen nie? Hy is ‘n boelie wat sy eie onderwysers en leerlinge boelie en te na kom. Die stof gaan nie lê totdat Grey van Scheeprs ontslae is nie want Grey verdien beter. Dankie aan die beheerligaam wat opstaan vir die leerlinge en mense wat te nagekom is deur Scheepers.

L ·

Jj, by sekere skole is dit seker die geval. Maar by menigte skole verseker jou betrokkenheid as ouer nie jou kind van ‘n rol as prefek/leier nie. Inteendeel as ek terug kyk oor die afgelope paar jare van my kinders se skool loopbaan kan ek vir jou sê dat daar ‘n hele paar Beheerliggame ouers was, wie se kinders nie as prefek verkies is nie. Dan moet ek ook by sê dat ons skool die prefekte het nie, maar studente leiers wat verantwoordelikhede gegee word om te doen. Studente-leiers word 100% deur hulle “peers” genomineer en verkies. Met ander woorde jou mede-skoliere moet iets in jou sien en vir jou stem. Mens kan net hoop dat dit deur ander skole aangeneem en uitgevoer kan word. Hiermee saam moet ek ook sê dat daar in alle skole net ‘n sekere aantal prefekte verkies kan word. Daar sal dus altyd goeie leiers nie finale rol maak nie MAAR hier kom ons rol as ouers is om te verseker dat dit nie hulle waarde as mens bepaal nie en ook nie wat hulle met hulle lewe doen nie. Hulle moet leiers wees op hulle eie manier.
Wat Grey betref – ek dink dit is ‘n goeie besluit. Hierdie is nie privaat skole nie – Beheerliggame moet hulle plek ken.

E.K. die eerste ·

Mense los dit tog nou! Al die gekerm en geskinder en aanganery gaan niks verbeter nie. Komaan, staan soos een man agter Mnr Scheepers ONGEAG jou persoonlike gevoelens vir hom. Dis die skool en leerlinge wat saakmaak en hou op met rugstekery dit bring niemand nêrens. Ondersteun hom van nou af hou op mekaar agteraf op te steek en te bel en aan te gaan. Sterkte Grey!

Ai tog ·

E.k. is eerste—Voel jy sleg? Elke man kan mos vir homself besluit of raak jy ook nou soos ‘n Grey diktator en forseer alles al soos n boelie?
Hoekom staan almal nie agter die Beheerligaam en raak van Scheeper onslae nie?

E.K. die eerste ·

Ai tog – hulle staan nie agter beheerliggaam omdat hulle verkeerd is – die hof sê so. Bedaar. Res van jou aanmerkings is lagwekkend.

Ai tog ·

Ek is eerste- jou naam se alles. Jy is duidelik een van Scheepers se skoothondjies. Die beheerligaam gaan nie stop totdat Scheepers weg is by Grey nie al se enige hof wat. Jy is duidelik gebreinspoel met jou aanmerkings

IC du Preez ·

Gedurende my tyd op skool, was daar gereeld onlogies opgetree ten opsigte van sekere kinders. Vandag besef ek die hoof en onderhoof moes agteroor buig om beheerraadlede se kinders terwille te wees ten koste van nie-beheerraadlede. ‘n Beheerraadlid se kind moes hoofseun, en “volgens tradisie”, ook eerste rugbyspanspeler, word, ten koste van baie beter kandidate vir hoofseun & rugbyspeler. ‘n Ander beheerraadlid se kind het erekleure gekry, tot vandag toe onbekend vir watter prestasie. Dit was soms komies om die onderhoof se optrede gade te slaan in sy poging om die beheerraad se guns te behou. Menigmaal het dit oënskoulik aan vrees gegrens.
My kind is ‘n onderwyseres wat “afgegradeer” was omdat ‘n beheerraadlid se kind nie na wense presteer het nie. Na bewering het hy net nooit gewerk nie. By die nuwe onderwyser, het hy twee jaar vervolgens net so swak gevaar – dws gedruip.
Dit is so dat sekere mense op skoolbeheerrade dien net vir die glorie en bevoorregting – vir hom/haar en hulle kinders. My dank aan daardie beheerraadlede wat dit doen om ‘n onbaatsugtige diens te lewer.

André Groenewald ·

Die SAOU (Chris Klopper en andere) se betrokkenheid moet verwelkom word. Chris Klopper se onderhoud op eNCA mbt die Schweizer Reneke-sage toon sy absolute professionaliteit en kundigheid. Broodnodig vir die onderwys in die algemeen, maar veral vir die sogenaamde Afrikaanse skole. Aan die ander kant is Fedsas se rol by Grey te bevraagteken omdat hulle lynreg teen die hofuitspraak optree en ek kry die indruk dat Fedsas totaal afwesig is by Schwiezer Reneke.

JAN ·

Skoolkaping..hmm ? Deur wie Vir wie? En vir wat.?
Ter wille van wat en ten koste van wie?
hhmmm

Ben ·

Ek is bly vir die uitspraak. Dit is die regte een. Beheer ligame het ‘n plek maar dit het net ‘n wyse geword om politieke en persoonlike agendas te bevorder van welgestelde persone of invloedryke mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.