Groep wil ‘7de Laan’ red

(Foto: 7de Laan My Nou – Amptelik/Facebook)

ʼn Groep aanhangers van 7de Laan wil Donderdag na die SAUK in Auckland Park opruk om te betoog teen die besluit om die sepie te kanselleer.

Joel Wilson, ʼn lid van die span wat die Facebook-groep 7de Laan My Nou Amptelik bestuur, sê hulle wil die SAUK se motief rondom die besluit betwis. Dié groep het meer as 525 000 lede en fokus al sedert 2015 op inhoud uit 7de Laan.

“Toe 7de Laan beperk is tot drie dae, het ons betoog. Met die kansellasie van die sepie, sal ons selfs harder baklei,” sê Wilson. “Ons het die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van Suid-Afrika (Okosa), die Nasionale Vervolgingsgesag en die Openbare Beskermer gekontak waar ons hulle in kennis gestel het hoe kansellasies Afrikaans op die kantlyn plaas.”

Wilson sê die opsies vir sepies krimp al hoe meer. “Die SAUK het op ons reageer, maar die redes vir die kansellasie word bevraagteken. Die SAUK het baie min pogings aangewend om advertensies of borgskappe te bekom en het ook nie die program toegelaat om dié opsies te verken nie.”

Wilson sê die program is uniek omdat dit ons kultuur, taal en erfenis vier op ʼn manier wat geen ander program doen nie. “Dit het by Suid-Afrikaners geresoneer.”

Die petisie sal in samewerking met die Good-party aan die SAUK oorhandig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

bolletjie blom ·

Ons is die enigste land in die wêreld wat televisie lisensies betaal. Hoop hulle gaan daarmee ook wegdoen.

willie ·

Asb kanselleer dit inmiddelik, weet nie hoekom mense nog sulke twak kyk nie.

George ·

Mense kan seker kyk wat hulle wil. Daars 100 duisende wat vra hoekom kyk mense sport.

Koen ·

Want sommiges geniet nog 7de Laan. En wat van die akteurs wat nou sonder werk gaan sit. Ongeag van wat jy dink. Die son sak nie as jy gaan sit nie.

Bolandse Nooi ·

Die son sak wel as sy gaan sit … daar waar dit in elk geval nooit skyn nie! Ag nee wat, daar is BAIE beter sepies en ander reekse om te kyk op TV!

Koen ·

Gun ander mense hulle plesier. Almal deel nie jou siening van wat goed of sleg is nie. Afrikaanse wit mense gun nou maar niks vir andere nie.

honeybee ·

Ek wil ook 7de Laan kyk. Ons pesioenarise geniet dit, en kan nie iets anders bekostig nie, en ja ek betaal my lisensie.

SwartBees ·

Tannie, jy gooi jou geld in die water (jy sponsor eintlik n anc kader)….spandeer daai geld op data en stroom. Vra jou klein kids om jou geholpe te kry, jy sal nie spyt wees nie.

Koen ·

Die mense wat nog by Spur eet en by Dischem koop en hulle DSTV skottels stukkend gelaat het soos hulle held steve hulle beveel het om te doen.

Amelia ·

Het dit gekyk toe madel en sandra in storie was nee wat toe hul uit is het baie dit ophou kyk die 2 het die storie gemaak

SwartBees ·

Maak die hele SABC toe. Dit is in elk geval net nog n koei wat droog gemelk word.

Sê maar net ·

Ag asseblief! Vir ‘n sepie? Hou nie van dit nie en sal dit ook nie kyk nie. Dankie tog nie almal het dieselfde smaak nie.

George ·

Hierdie kommentaar afdeling wys presies hoe die afrikaner is. Gun mekaar niks nie. As dit nie my smaak is nie, moet niemand dit kyk nie, en as jy doen gaan ek jou spot, bullie en afbreuk.

Papsak ·

Daar is niks om mee na te kyk wat ordentlik is op tv nie alles is engels en swart taal niks meer wit of afrikaans nie alles swak oor geklankte goed daar nie geld vir ordentlike flueks nie maar vir gemors ja los 7 delaan op tv iets ordentliks ek sal tv lisensie betaal as daar meer afrikaans op kom oons spirt word nie eens meer gewys nie hoe nou lis 7 de laan geen pyne nie

bolletjie blom ·

Ag neewat Sewende Laan het lankal sy rakleeftyd oorskry. Toe Danie Odendaal nog die vervaardiger was, was dit nog die moeite werd om na te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.