Grondbesettingsaak: EFF kry op sy neus in hof

Die EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF)

Die hooggeregshof in Pretoria het Julius Malema en die EFF se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat AfriForum in 2017 bekom het, van die hand gewys.

Hierdie interdik het Malema en die EFF verbied om mense aan te hits om private eiendom te betree en dit onwettig te beset. Die hof het ook gelas dat Malema en die EFF AfriForum se koste moet betaal.

Met hierdie uitspraak het regter PM Mabuse ’n vroeëre uitspraak van die Konstitusionele Hof bekragtig en daarop gesteun. Dié uitspraak het die ongrondwetlikheid van aanhitsing tot betreding van private eiendom en die ernstige kriminele aard van enige aanhitsing om eienaars van private eiendom of die reg op private eiendom in gevaar te stel, beklemtoon.

“Hierdie uitspraak is ’n groot oorwinning vir private eiendomsreg en ’n groot slag vir diegene wat misdadigheid, geweld of wetteloosheid wil aanhits,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

“AfriForum verwelkom regter Mabuse se uitspraak wat die nodige klem lê op die ernstige kriminele aard van die aanhitsing van mense om private eiendom te betree en onwettig te beset.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

TruthDealer ·

Goeie nuus. Darem n tree terug van anargie. Dankie regter Mabuse!

Strandloper ·

Eerder dankie AfriForum! Mabuse het net sy werk gedoen soos wat van hom verwag word.

JohanR ·

Wat sou ons al vir 28 jaar sonder AfriForum en Solidariteit gedoen het? Elke nou en dan kry die regering, of iemand soos Julius Malema ‘n lekker snotklap omdat AfriForum en Solidariteit nie nonsens van kabouters vat nie!

Johann ·

En die mags mal rassis gaan hom daaraan steur? En sy massa navolgers nog minder.

EnoughSaid ·

Maar as hulle reeds mense so aangehits het is dit mos reeds n oortreding van die wet- moet hulle dan nie aangekla word nie? Eers arrestasie en dan hof toe, hopelik tronk toe, jammer die galgtou is nie meer beskikbaar nie…..

Joggie ·

Van akademiese betekenis, gaan niks aan sy rassisisme verander nie…

Michael ·

En wat gaan dit nou verander-niks, Hulle doen dit steeds en niks gaan met hulle gebeur nie-die uitsprake van die howe is nie die papier werd waarop dit gedruk word nie en ook nie die hardeskywe waarop dit gestoor word nie

Perdeby ·

Baie goeie nuus sien hy en Zuma leer moor by mekaar! Sluit die gemors toe op ‘n eiland met net een sel wat 2km van die naaste vasteland is.

Kiewiet ·

Prys die Here v hierdie oorwinning ..en dankie v AgriForum dat julle v ons geveg het..die krag en insig wat ons hemelse Vader v julle gegee het om dit te kan doen…

Vonkprop ·

Ongelukkig verander dit niks van Malema se denkwyses af nie. Hy sal nou nog harder probeer om sy punt te bewys.

CHRISTINE ·

UItstekend. Malema moet net stilbly. Ek vermoed meeste van die party se stemmers, is nie belastingbetalers

Anje ·

Die EFF het geen respek vir die hof nie. EN hy sal nie ophou met sy uitlatings nie. Die man behoort toegesluit te word.

skurweberg ·

Afriforum is tans die beste “gerat” om ‘n baie ingewikkelde “kolletjie-prentjie” van gebeure in SA te voltooi. Die prentjie van ‘n toekomstige SA word vir die wat baie hard probeer om die kolletjies te verbind net meer en meer ingewikkeld. Hierdie uitspraat is voorwaar deel van die groter prentjies en so het AfriForun nog ‘n stuk van die permanente “legkaart” van ons land gevestig. Dankie dat julle die WAARHEID dien.

Papsak ·

Well done Afriforum julle ysters geweet julle kan bou so voort trots op julle baie dankie goeie werk

hpven ·

Ramaphosa begin dieselfde deuntjie sing. Dit is die rede dat Malema vryloop en maak soos hy wil. Die land stuur af op ‘n tweede Rwanda…

Agie@toeka ·

Fantasties! Nou kan Afriforum miskien die uitspraak dalk gebruik om “MR” se liedtjie singery stop te sit.
Met klein maar definitiewe stappies word hierdie saak n wen saak. Basta met daai Jafta!!

Samuel ·

Dink julle Julius Malema en sy trawante steur hulle aan die howe? Ek glo nie.

JohanR ·

Kry altyd soe lekker as die ou ‘n snotklap kry….nog twee biere asseblief barman!

Eugene ·

MAL ema steur hom glad nie aan enige Hof uitspraak nie en die prez doen niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.