Grondonteiening: ‘Dis die Engelse se skuld’

LP’s tydens ‘n parlementsitting. (Foto: GCIS)

Politieke partye het Woensdagoggend hul insette gegee oor die wysiging van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Die ad hoc-komitee wat die eiendomsklousule (artikel 25) in die Grondwet moet verander, het Woensdag insette van kenners gekry oor hoe om hul taak te benader.

Die voorsitter van die ad hoc-komitee, dr. Mathole Motshekga van die ANC, het die eerste uur van die vergadering opgeneem deur ʼn lesing oor sy siening van die geskiedenis. Dié het daarop neergekom dat dit die Engelse imperialiste se skuld is dat swart Suid-Afrikaners van grond ontneem is, eerder as dié van Afrikaners.

Verskeie rolspelers, waaronder Agri SA, die FW de Klerk-stigting, die Transvaalse Landbou-unie en prof. Elmien du Plessis van die Noordwes-Universiteit, het aangevoer daar is steeds ruimte om die Grondwet glad nie te verander nie, maar Motshekga en die EFF-LP Floyd Shivambu het volstaan dat die skoot reeds geklap het – al wat nou oorbly is die bewoording van die grondwetlike verandering.

Shivambu het trouens geen geheim gemaak van sy frustrasie oor wat hy as ʼn onnodige vertraging met die skryf van die wetsontwerp beskou nie.

Shivambu se voorstel vir die verandering van art. 25 is eenvoudig en tweeledig – om alle verwysings na vergoeding uit te laat en om die bepaling in art. 25 (7) van die Grondwet wat dit slegs op grond wat van swart mense weggevat is ná 1913 van toepassing te maak, heeltemal te skrap sodat dit sal terugslaan tot op die vroegste tye.

Du Plessis het gesê onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik, want dit ondermyn die grondwetlike regsbeginsel van regverdige en geregverdigde vergoeding. As ʼn mens wil aanspraak maak op onteiening waar geen bedrag aan vergoeding betaalbaar is nie, moet die moontlikheid van zero rand as vergoeding ingebou word. Só ʼn voorstel moet egter onderhewig wees aan ʼn hof se bevinding of dit regverdig en geregverdig is.

Cosatu se parlementêre verteenwoordiger, Matthew Parks, het voorgestel dat geen vergoeding betaal word aan inwoners van eiendom wat kragtens apartheidswetgewing soos die Groepsgebiedewet van mense weggeneem is en nou deur ander bewoon word nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

VanAfrika ·

O Vrek, hulle skrik nou eers wakker!!! Hoeveel boere het onskuldig gesterf omdat ons vals beskuldig was oor ons eie grond.
Hy moet nou net verder gaan en gaan uitvind wat ons alles wettig bekom het, soos natuurlik die Swazi Koning en wat ons onderhandelinge was met die koop van wettige grond. Dit sal hulle gierige ogies laat rek oor wie eintlik SA besit en ons niemand gemoor vir dit nie.

koos ·

Eers die Boere, toe die wit mense en nou die Engelse.
Wie volgende?

Petra ·

Wil jy nou meer, die Ingelse, gelukkig het hul nou ‘n nuwe slagoffer gekry. Wonder wat is volgende, dan moet hulle maar die Queen gaan aanvat en kyk hoe ver kom hulle

Cherokee ·

Mev Elizabeth Windsor sal heel eenvoudig sê hulle moet maar annekseer wat hulle wil hê.

m ·

Wat ‘n pot snot, ek wonder hoekom Modeys ons nog nie ge-downgrade het met die stupid goed wat die mannetjies aanvang nie?

Investors hou nie van die sort ding nie, maar ek neem aan die Chinese voel ‘n veer, solank ons net al ons minerale hulpbronne aan hulle verkoop!!

Tiepiese Afrika short-sightedness!!

Bekommerd ·

Julle is besig om te krap waar dit nie jeuk nie. Moet nie aan die witmense se grond raak nie. Julle gaan tweede kom.

Dries ·

Nee wat broer ons kannie eers na vyf en twintig jaar standpunt in neem nie wat nog van saam staan hulle gaan dit vat en klaar die siek ANC maak net soos hulle wil en ons blankes se maar net ja en amen

Johan ·

Ek haal my hoed af vir Malema. Hy praat darm nou die waarheid. Engelse het ons gemoor. Kinders dood geslaan ,konsentrasiekampe . Engelse het apartheid die land ingebeing .

Marelize ·

Johan, lees die berig weer.
Dis vir seker nié Malema wat dit gesê het nie.

@Marelize ·

Seker die foto van Voldemort by die berig wat verwar. Behalwe dat hy onteiening sonder vergoeding voorstaan word hy nêrens in die berig genoem nie….

Tante ·

JA NE!! Kyk nou en dan maak hul als Engels skole universiteite besighede als ????

Dirkie ·

Het ons nou al ‘n kort weergawe van wat hulle wil wat, en volgens watter zero Rand? Wie gaan wat aan wie gee? Dis nou buiten die Engelse wie die skuld moet kry.

Gert van Wierdapark ·

Floyd (Fluit-Fluit my VBS-storie is uit), het nie eintlik n Grondige been om op te staan nie, wat nog van om die Groot Tent te praat asof suikerriet nie in sy mond kan smelt Nie!!! Per-sone wat self ondersoek word, behoort buite die Tent te staan, en stil te bly. PUNT

Arrie ·

My komer is nie wie se skuld dit toe was nie ….! My komer is dat die grond wet aangepas word om te pas by die mense waarvoor gehinder Dan in 94 om die wet beleid opte stel en Goed the keer ….die skrif is aan die muur ekonomiese terugslag em voedsel tekorte soos in Zim is nou n realiteit kan die mense nie dink nie. Sad sad

Bertie ·

Arrie, daar is NIE ‘n woord soos ‘komer’ nie. het jy darem graad 3 geslaag?

Johan ·

Hierdie diefstal wat hulle nou wil wettig is die een grootste fout wat hulle in hulle regeringsjare nóg gemaak het. Hulle gaan alles verloor wat hulle op die silwer skinkbord gekry het en miljoene gaan sterf aan hongersnood.

Leon ·

Hoekom voer die ANC, EFF en BLF nie sommer ‘n staatsgreep uit nie en implimenteer hulle Sosialistese Sowjet Republiek van Suid Afrika planne nie. Dan kan hulle mos alles vat wat hulle wil en hulle diktatuur vestig wat hulle so najaag.

Francois ·

Ek sal nou nie jhis se dit was bloed loos nie maat, maar ons het baie van die sonder bloed bekom.
Maar ja wat maak dit in saak?
Hoekom al het ons dit gevat(vir arguments onthalwe) moet ons dit dan nou terug gee?
Ons probeer heeltyd sulke argumente te maan on te se hoekom ons tog net nie sleg is nie, ek se genoeg, hou op verskoonings maak en staan sterk en trots dis hoe ons die land en van dit sal kan behou, nou is ons n klomp bang honde wat tog net nie wil he ons baas moet ons pakslae gee nie.

Fanus ·

Wat sal dit help as ons al die landbou grond aan die ANC oorhandig en dan lyk dit soos in een van ons buurstate. Al die grond en en geen voedsel, hongersnood en elende dis tragies!

kobus ·

Interessant dat hul Engelse blameer maar verkies Engels as hooftaal. O vrekxit.

Slaap Wakker ·

En dan wil die witmense hê die doodstraf moet teruggebring word! Dink net die onmoontlike gebeur en die EFF word die regering. Hulle sal selfs wittes hang vir ‘n verkeersoortreding. Redes sal gesoek word om wittes te hang! WITMENSE MOET EERDER VEG DAT DIE DOODSTRAF NIE TERUGKOM NIE.
Wat grondonteiening sonder vergoeding betref? ‘Hulle’ het die oorhand en sal maak soos dit ‘hulle’ pas.

marous ·

Nee , dis die Egiptenare se skuld . As hulle die kanaal gegrou het , sou die malungus nooit hul voete hier gesit het nie ….

Milwa ·

Baie boere plant nie weens erge droogte. Maar baie meer boere plant ook nie weens hierdie swaard oor hulle koppe! Ons land se voelselvoorsiening is erg onder drang. Dink egter nie hulle het die kapasiteit om dit te besef nie.

Vlakvark ·

Ek wonder welke etniese groepe het die San en Khoikhoi uit die noordelike en noord-oostelike dele van Suider Afrika verdryf en hul gronde permanent beset het lank voordat Jan van Riebeeck of die Engelse aan die Kaap geland het.

Flippie ·

Ja, dit is die Engelse, nee, Brittanje se skuld. Eerstens hulle het dit moeilik gemaak vir ‘n groot klomp mense in die Kaap(kolonie) en ‘n klomp Kaapse burgers het uitgewyk na Natal. Hier het hulle wettig grond gekry van die Zoeloes, met die goedkeuring van die Pondo’s ook. Hulle stig die Republiek van Natalia.

Die Britte, die Kaapse Kolonie en die Zoeloes konkel en die burgers van Natalia word vir alle praktiese doeleindes onteien. Hulle verlaat hulle republiek en trek Noord en vestig die Republieke van Oranje Vrystaat en die van Zuid Afrika. Die onteien de Natalia word uitgedeel aan Britte, Indiërs en Zoeloes. Slegs 500 Natalia gesinne van die oorspronklike 7000 gesinne bly aan.

Feit is as die Britte hulle morsige handjies en vingers uit die Voortrekkers se sake gelos het, was Natalia vandag die Trekker nageslag se eie vrye, wettig verkreë grondgebied. Die Transvaal en die Vrystaat sou ‘n Britse protektoraat geword het en dieselfde vreedsame pad as Botswana en Eswati geloop het.

In kort Suidelike Afrika sou ‘n heel ander plek gewees het.

As die 1913 klousule gelig word behoort die voormalige Natalia aan die Trekkers se nageslag. Durban inkluis. Natalia soos hy is, is groot genoeg vir die Trekkers se nageslag. Hier kan ons gedy en ons op ons eie vir ons ‘n land bou op die vryheidsideale van ons brawe maar uitverneukte voorsate.

Attie. ·

Ek dink dis tyd dat die Britte al die diamante teruggee wat skelm Jannie (Smuts) vir hulle gratis gegee het. Maw die hele Britse kroon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.