Grondonteiening: Slegs enkele dae oor om jou sê te sê

Argieffoto (Foto: Matthew Miles/Unsplash.com)

Die ad hoc-komitee wat aangestel is om artikel 25 van die Grondwet te wysig, wat onteiening sonder vergoeding sal moontlik maak, het Dinsdag belanghebbendes gewaarsku die sperdatum vir geskrewe terugvoer is om die draai.

“Die doel van die wysigingswetsontwerp is om die Grondwet te wysig sodat daar, onder andere, voorsiening gemaak word dat grond en enige verbeterings daarop onteien mag word ter wille van grondhervorming, sonder dat enige vergoeding betaal hoef te word,” het Rajaa Azzakani, woordvoerder van die komitee, in ʼn verklaring gesê.

ʼn Afskrif van die wysigingswetsontwerp is hier beskikbaar.

“Geskrewe voorleggings moet voor 31 Januarie 2020 ingedien word. Voorleggings en navrae moet gerig word aan Mr Vhonani Ramaano, Committee Secretary – Ad Hoc Committee, 3rd Floor, 90 Plein Street, Cape Town, 8000 of stuur ʼn e-pos aan [email protected].

John Steenhuisen, leier van die DA, het gesê die ANC-regering het op 13 Desember, toe ondernemings besig was met hul jaarafsluiting, ʼn amptelike kennisgewing gepubliseer om die Grondwet sodanig te wysig. “Dit is ʼn risiko vir jou huis, onderneming en grond,” het Steenhuisen in ʼn verklaring gesê.

Die DA het ʼn webwerf (www.protectpropertyrights.co.za) opgestel waar Suid-Afrikaners terugvoer kan gee oor die wetsontwerp.

TLU SA het op sy beurt gesê die ANC wil die besluitnemingsproses om namens die burgers van die land toe te sien dat billikheid gedurende die proses sal geskied, van die howe ontneem en in die kabinet vestig.

“Dit moet duidelik gestel word dat die proses wat aan die gang is totaal onaanvaarbaar is, al besluit die howe in sommige gevalle dat daar niks betaal moet word vir bates nie,” lui ʼn verklaring deur die organisasie. “Ons moet daarteen waak om nie vir die ANC se oëverblindery te val nie. Ons moet nie dink dat die aanvanklike voorstel darem sagter voorkom as hierdie belaglike nuwe voorstel en sodoende eerder die oorspronklike voorstel goedkeur nie.

“Ongeag waar die besluitneming sou lê, is die beginsel van onteiening sonder vergoeding in sy geheel steeds onaanvaarbaar. Geen persoon wat oor eiendom beskik waarvoor daar ʼn titelakte deur die staat uitgereik is as bewys van wettige eienaarskap, behoort hoegenaamd in ʼn situasie te wees dat die eiendom afgeneem sou kon word sonder om daarvoor te betaal ingevolge ʼn markgeoriënteerde prys nie.”

TLU SA sê daar is baie bewusmaking gedoen om soveel as moontlik kommentare van beswaar ingedien te kry en hulle maan Suid-Afrikaners weereens om terugvoer in te dien.

Hermann Pretorius, veldtogbestuurder van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR), het gesê sy organisasie het ʼn veldtog van stapel gestuur om antwoorde van belangrike entiteite in die landboubedryf te bekom om te bepaal wat hulle siening oor onteiening sonder vergoeding is.

“Toe die finale verslag van die presidensiële raadgewende paneel oor grondhervorming en landbou in Mei 2019 gepubliseer is, het die landbousakekamer (Agbiz) homself geposisioneer om die grootste deel van die verslag te ondersteun – ʼn dokument waarop die regering sy posisie ten gunste van grondonteiening sonder vergoeding baseer,” het Pretorius gesê.

“Die implikasie dat Agbiz die regering se posisie ondersteun is verreikend – veral vir die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap. Lede van die landbougemeenskap is onder die indruk dat Agbiz nou sy volle gewig agter die regering gooi wat betref onteiening sonder vergoeding.

“Die IRR sal publiek duidelikheid versoek van entiteite en organisasies, wat lede is van Agbiz, oor hul posisie rakende onteiening sonder vergoeding en of Agbiz se ondersteuning van die benadering tot onteiening sonder vergoeding hul eie benadering verteenwoordig.”

Pretorius het gesê die IRR maan alle lede van die landbougemeenskap van Suid-Afrika om die organisasie te help om druk te plaas op organisasies wat veronderstel is om die beste belange van Suid-Afrikaanse boere van alle agtergronde en oor die hele land heen te verteenwoordig.

“As die Suid-Afrikaanse gemeenskap uitverkoop word deur magtige belange oor onteiening sonder vergoeding, dan het die hardwerkende mense wat elke dag werk om kos vir die mense van die land te voorsien, ʼn reg om te weet en ʼn reg om op te tree.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Albert ·

Is dit korrek dat grondonteiening ook woonhuise in dorpe insluit?

James ·

Wat help dit om kommentaar te lewer. Hulle ignoreer dit in elkgeval. Hulle besluit is al lankaal gedoen

Salamander ·

James, indien hierdie in ‘n Internasionale hof gaan draai, sal dit goed wees om te kan bewys dat jy alles moontlik gedoen het. Protes aanteken ingesluit. Doen dit net.

Kaspaas ·

Ek het nog nooit oorweeg om Suid-Afrika te verlaat nie. Maar as die mag om te onteien by ‘n kabinet gaan setel, gaan ek die proses begin om elders in die wereld te gaan woon. Dan leef ek eerder met paar ‘n besittings alvorens ek oor ‘n paar jaar van my eiendom ontneem word in die stad.

Netso ·

Kaspaas, dis presies wat ons reeds gedoen het. Ons huis in SA waar ons ons kinders grootgemaak het was ons trots, ek mis dit so baie, veral ons tuin, maar nou ja.

Susan ·

Hoop ni dit word ook gedoen met ons huise ni. Wat gaan hulle elk geval verbeter wat ek ni reeds het ni . As hulle my plaas vat sonder vergoeding sluit dit my skuld in wat ek di Landbank nog skuld? Want ek gaan wragtig ni iets voor betaal wat ek ni het ni. So jy vat my grond met skuld en al. Jy wil mos grond he dan di skuld ook dan is ek mos skuld vry

George ·

Dit is onregverdig om dit te wil doen. Indien grond of huise of wat ook al moet dit mark verwante pryse betaal word aan die eienaar. Geen mens vat net iets nie dit is diefstal en sodoende sal daar moet opgetree word.

Salamander ·

Susan, die feit is dat “eiendom” nog nie pertinent omskryf is deur die ANC nie. Dit kan als insluit wat jy besit. Jou intelektuele eiendom ook.

Johanna Botha ·

Hoekom nog wil werk of studeer of iets bymekaar maak as dit kan gebeur ….wat is die punt ? ?

Jacobus ·

Gelukkig is die ANC nou in ‘n hoek toegeverf volgens Jan Jan Joubert met hulle voorstel dat ‘n ANC politikus moet bepaal wat die waarde van ‘n eiendom is. Geen opposisie party, insluitende die EFF, ondersteuun die ANC resolusie nie. Dus gaan die ANC dit nie alleen deurkry in die parlement nie.

Werner ·

Moenie dat hull wol oor jou oe trek nie Jacobus al hoekom die EFF dit nie ondersteun het nie is omdat die wet nog te mak is in hulle oe die ANC Sal wel op die ou end saam met hulle werk jy kan verseker wees dat die wet gaan deurkom soos hulle dit wil hé en Ja hulle kan alles vat jou huis in die dorp of jou besigheid of jou trekkers en implimente

Johan ·

Boere plant net minder. Maar nee ons mense kan nie saamstaan nie .vat nou al die ryk plase asb. Ons wil ook soos Zim lyk hahahaha

Piet parys ·

Ja Johan boer jy of kry jy jou salaris by jou werkgewer.

HPiet ·

Wat van al die Banke met huisverbande?
Versekeringsmaatskappye? Wie gaan munisipale rekeninge betaal?

Alles gaan in duie stort en die rand gaan die Zim Dollar ewenaar om die minste te se

Johan ·

Laat banke huise en plase vat Hul kan vir nuwe eienaars verniet gee. Ons blanke boere betaal rente. Ander betaal niks

Johan ·

Piet parys. .ek het al jare gelede begin om net 20 % minder teplant. Werk soos n bom.

John ·

Om te wil hè mense moet eers onteien word en eers wanneer hulle niks oor het nie, mag hulle miskien die howe nader om die kwessie te laat hersien. Sonder geld vir regshulp is elke verontregte te hande afgekap. As dit nie slu is nie, wat sou ons dit noem?

Bottelbek ·

Gebruik asb. julle tyd om jule besware per mail te opper. Ek het vandag my mail gestuur. Dis ernstig en julle kan n verskil maak. Daar sal genoeg tyd wees om weer later in vrede te braak.

Theresa ·

Ag kom ons probeer weer. Die meeste mense het hul insette gelewer maar almal weet dit gaan niks beteken nie. Hierdie klomp gaan nogsteeds doen net wat hulle wil omdat hulle kan. Ons bid en hoop dat die Here ieweres sal ingryp want hulle weet nie wat hulle doen nie!

Pierre ·

Hulle kan met liefde in my huis kom intrek. Maar hulle sal saam hom tot grond afbrand…

Fanie du Preez ·

Begin ruil- koop …ek ruil my boontjies vir jou wortels . . .ruil my n hoenders vir botter….dan sal ons sien wie eet hulle Mercedes se seat-covers en wie eet hulle bedde-goed.

net ek alleen ·

Ek brand eerder self my huis af as hulle hom wil afvat, dan kan hulle maar die murasie kry

Drikus Kotze ·

Sou ek geteiken word as ek teen hul plan kommentaar lewer? Hulle wil alle bates vat (jou huis, jou besigheid, jou pensioen,….ALLES!) Wat dysligwekkend is, is dat die BANKE niks eksplisiet sê nie….Die howe word van hul taak kwyt geskel, -die ministers sal besluit, …ha,ha,ha…. ons is in vir ‘n groot “surprise” .

Vince ·

Hierdie skelms en hul meelopers sal beslag lê op eiendom wat reeds betaal is en nie waarop daar ‘n uitstaande verband is nie. Verder gaan persone, met meer as een eiendom, moet weet dat hul beslis aan die pen gaan ry. Luukshede soos strandhuise is in die visier van die ANC. Reg of verkeerd??

Anoniem ·

Tel dit ook vir die president? Hy het veel meer as 2 plase

Huis ·

Ek sal kla want ek wil nie my hardverdiende huis verloor nie. Die munisipaliteit het reeds gese hulle wil die grond waarop my huis staan vir n ander ontwikkeling of pad of iets gebruik en dat hulle my huis wil skraap daarvoor.

Carina ·

Hierdie in my oe is ‘n oorlogs verklaring van die ANC se kant af.

Helgaard ·

Nog ‘n verdere stap op pad na ekonomiese verval en ‘n diktator stast

Gerrie Roodt ·

Nee !!! Dit is om wetgewing te gebruik om diefstal te wettig. Hoe kan dit selfs net by die mense opkom om so n wysiging aan die grondwet te oorweeg!. Asseblief kom tot julle sinne voordat dit te laat sal wees. Dit is om n oorlog-verklaring te maak teen die burgers van die land. Ons kan dit nie bekostig nie, daar is nooit wenners nie.

Denise ·

Hulle wil jou wettige wapen ook van jou weg neem…. so hierdie is ‘n plan in wording, ons nog almal te blind om te sien wat aan die kom is. Soos hy mos gesê het ons is ‘n klomp paddas wat stadig warm gemaak word. Wonder wanneer gaan ons al hierdie planne in ‘n ry bemekaar gaan voeg. Het begin met plaas aanvalle en so kan ons begin om hierdie legkaart aanmekaar te las.

Gml ·

My protes wat ek gestuur het en wat dalk by almal sal byval vind is as volg :

Die proses wat aan die gang is, is totaal en al onaanvaarbaar.
Ongeag waar die besluitneming is, behoort geen persoon wat oor eiendom beskik waarvoor daar ‘n titelakte deur die staat uitgereik is as wettige eienaarskap, in ‘n posisie geplaas te word dat die eiendom afgeneem sou kon word sonder dat ten minste ‘n redelike markprys daarvoor betaal is nie.
Ons wat hard werk om die land van kos te voorsien het ‘n reg om hier te woon, te werk en te boer ens as sulks het ook die reg om op te tree as ons regte benadeel word.
Volgens die konstitusie van die land het ons die reg om ons self te verdedig asook ons eiendom en hiermee gee ons te kenne dat ons die konsep aldus teenstaan.

Jacobus ·

Dit is onrusbarend dat in die “Preamble” van die wysings dokument, seksie 25 , 4 (b), die vlg geskryf staan: “Property is not limited to land”.

Sonja Marinda Roodt ·

No. The economy will fall. South Africa will become a ghost country!!!!!

Nuku ·

Grondonteining is verregaande!
Hoekom kan hulle jou bates net vat waarvoor jy hoeveel jaar lank werk om bymekaar te maak?

Melanie ·

Hulle het dit weggevat van die boere af in Zimbabwe.. en nou sterf hul van die hongerte… ons ministers is korrup en pateties en het natuurlik n vinger in die paai.. hul wil ons hier weg he sodat hul vir n ruk in die son kan bak en ons groetes eet… tot dit klaar is en dan?… Suid – afrika is baie vining oppad om dieselfde padjie te loop as Zimbabwe

Natan ·

Gister het Maroela Media ‘n artikel geplaas oor die Paardekraal monument. Toe lees ek die Gelofte wat daar afgelê is. Dit staan duidelik in die Gelofte dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly. Al die kommentare hierbo spreek van ongeloof. Eerbiedig hierdie Gelofte, breek die sontempel af om Bloedrivier se Gelofte te eerbiedig en God sal ons help. Moelik nê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.