Groot dele van Pta wéér sonder krag

(Foto: pixabay)

Net meer as ʼn week nadat ʼn massiewe kragonderbreking groot gedeeltes van Pretoria lamgelê het, is talle buurte in die hoofstad vandag wéér sonder krag.

Kragonderbrekings is in groot dele van die stad, waaronder Garsfontein, Erasmuskloof, Faerie Glen, Menlyn, Kilner Park, Montanapark, Villieria, La Montagne, Kloofsig, Die Hoewes in Centurion, Olympus en Woodhill, aangemeld.

Lindelo Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, het gesê tegnici probeer op dié stadium nog vasstel presies wat die onderbreking veroorsaak het.

Verlede week is die kragonderbreking veroorsaak deur ʼn klinkskakelaar by die Njala-substasie wat probleme gegee het.

Mashigo wou op hierdie stadium nie bewerings dat dit vandag weer die geval is, bevestig nie.

Hy het gesê die metroraad sal inwoners op die hoogte hou met sy vordering om kragtoevoer te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anoniem ·

Raak nou belaglik ons is een keer per week sonder krag dan is dit vir 24 uur af.

Des ·

Sterkte. Ons is al van Saterdag af af in Kempton Park met geen terugvoer oor wanneer ons weer gaan krag hê nie. Elke dag ‘n ander storie….

Juan ·

Jip. Areas in Kempton Park nogsteeds sonder krag vanaf Saterdag 4:00. 6de dag sonder krag hier kom ons.

AgterOs ·

Wel, party inwoners het n briefie van TMC gekry om te sê die krag gaan van 08:30 to 15:00 af wees…

Hans, ·

Dis nie bewerings nie, dis feit, die krag is af. Miskien moet hul n “taakspan” by die stasie permanent ontplooi. Trek generator se bransyof verbruik ten volle van jou belasting af

Snert ·

“Op hoogte hou” soos die vorige keer, ons sal weer nie ‘n woord hoor nie. Pateties!

Elna ·

Dit gaan maar oral so tot op die kus. Hier sit ons weer met water probleme. Meer sonder water as met water en krag onderbrekings. Skrikwekkend wat aangaan in hierdie land.

GeSeënde Oraniër ·

Ek is so dankbaar ons kon daar wegkom.
Sterkte mense

Frm ·

Siener het gese sa gaan donker word van die ooste na die weste. Ek wonder of hy van ligte gepraat het of wat?

KP ·

Andre vir wie sal jy voorstel om voor te stem?…….. onthou geen stem is so goed as vir ANC.

Gert van Wierdapark ·

Moenie “worry” nie inwoners van Tshwane – die DA beheerde Koalise regering is seker net besig met ‘n Krag-toertjie!?

Suzette ·

Nee jou, ek dink nie so nie. Dit lyk dit is van suid na oos????

Japsnoet ·

Tegnologie sal dit regkry, mense. Die vierde nywerheidsrewolusie is dan hier! Optiese vesel, sonkrag, windkrag , Maklik man , ons hoor dit dan elke dag, hoe tegnologie jou lewe gaan verander!

Verdag ·

MM eks in Kempton Park en sit sonder krag vanaf Saterdagoggend 4am. Dis nou die 5de dag. Hulle se dis n substasie wat hier naby ontplof het maar ek is seker as julle ondersoek loots dat julle verband tussen die twee sal vind…die kragvoorsiening is besig om uitmekaar te val.

Boerin ·

Ek kan net raai van watter donkerte Siener gepraat het….!Besig om baie donker te word!

Andre ·

Viva ons revolutionary uitstekende ANC regering, en vir die van julle wat nog DA stem.

Hoopvol. ·

Siener het ook gese, die swart regering gaan in duie stort in groot chaos,wat voorafgegaan sal word deur groot stakings en groot onrus(protes optogte?)

Johan ·

Ons sit nou al vir 5 dae sonder krag in Kempton Park. Geen berig daaroor op Maroela Media nie????????????

bjsmit ·

aag julle is gelukkig ons krag is al van saterdag af en dis elke dag die storie dit sal so 6 uur aankom al van maandag af ons wag nog steeds kos nou al n arm en n been om krag opwekker te loop braai maar elke aand dis alwat ons hier kan doen KEMPTONPARK

Robert ·

Snaaks hoe mense maklik vir die siener sal kwoteer maar nie hulle hoop op die Almagtige sal sit nie!

aj ·

Kragloosheid is normaal vir Afrika.

Raak gewoond daaraan … of klim van die “grid” af!

Wie die biljoene rande uitstaande Eskom skuld (vir Soweto ens.) gaan betaal weet ek nie.

Want die huidige betalers verllaat die land … die wat agterbly verlaat die ‘grid’ … so wie gaan vir die ‘wanbetalers’ opdok?

Donkerte keer terug na Suid Afrika!

Anoniem ·

Laasweek het die Njala substasie Dinsdag gekonk. Hierdie week konk dieselfde substasie Woensdag. Ek sal nie verbaas wees as dit volgende week Donderdag weer die geval is nie…

Johan ·

Niks nuuts! Iets waarmee ons moet saamleef. Ons bevoegde mensies in die regerende party wat ons lewe vergemaklik!!

Herman ·

werk nou al jare oral oor afrika. dis die norm. eks al 3 jaar totaaal van die grid af.
kry maar vir julle watertenke ook. dis volgende wat gaan opdroog.
orals in afrika word jou water met lorries afgelewer. Wat sommer uit d riviere vol riool gepomp word.

Osie ·

In die laaste 25 j is daar byna geen maintanance gedoen nie. Die is ons voorland, meer en meer. Ons rates&taxes geld gaan vir partytjies, duur voertuie en eerste klas besigheidsklas kaartjies. DA, ANC, EFF = almal dieselfde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.