Groot twyfel oor suksesvolle vervolging van staatskapers

(Grafika: DA)

Daar hang ʼn groot vraagteken oor die staat se vermoë om diegene verantwoordelik vir staatskaping suksesvol te vervolg – met die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se heel eerste verhoor hieroor wat in ʼn klaaglike mislukking geëindig het.

Die NVG het vroeër gesê hy oorweeg sy opsies nadat die hooggeregshof in Bloemfontein Vrydag die beskuldigdes in die sogenaamde Nulane-bedrogsaak van R24,9 miljoen vrygespreek het.

Die beskuldigdes het onder meer Vrystaatse regeringsamptenare, die sakeman Iqbal Sharma, sy swaer, Dinesh Patel, en ʼn voormalige Gupta-werknemer, Ronica Ragavan, ingesluit. Regter Nompumelelo Gusha het die staat gekap oor sy ondersoek en gesê daar is nie ʼn prima facie-saak bewys nie.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se woordvoerder oor justisie en korrektiewe ontwikkeling, sê die wegkalwing van vaardigheid binne die NVG tydens die Zuma-jare is nou daar vir almal om te sien in die “hopelose” hantering van die Nulane-saak.

Van adv. Shamila Batohi, direkteur van openbare vervolging, se versekering dat die NVG opnuut versterk word, moet daar nog iets gesien word, sê sy.

Die staat het aangevoer dat die Vrystaatse departement van landbou vir Nulane op bedrieglike wyse aangestel het om ʼn lewensvatbaarheidstudie vir die Mohoma Mobung-inisiatief te doen – en dit is glo voorgestaan deur voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule.

Nulane het die studie aan Deloitte uitgekontrakteer, teen ʼn koste van R1,5 miljard, en het glo die bevindings van die verslag gewysig om Para, ʼn maatskappy met Gupta-bande, as die beste vennoot in die omstrede Vrede-suiwelprojek te identifiseer.

Die staat het beweer dié verloop van gebeure was die aanvoorwerk vir die plundering van R288 miljoen wat eindelik gevolg het.

“Die mislukking van die saak is uiteindelik gegrond op die vrotsige hantering van belangrike dokumentêre bewyse wat nie in die hof toegelaat is nie – met die hof wat die gebeure as ʼn sirkus beskryf,” sê Breytenbach.

“Die staat het eindelik versuim om enige getuienis te lewer wat hul saak bewys.”

Breytenbach sê ondanks talle ondernemings deur die regering dat diegene verantwoordelik vir die plundering van staatskoffers daarvoor gaan boet, het die jongste verwikkelinge ʼn vraagteken oor dié beloftes geplaas.

“Die mislukking van die staat om die Gupta-baasbreine agter staatskaping te laat uitlewer, asook die verstommende mislukking van die Nulane-saak, veroorsaak nou ongelukkig groot twyfel oor die vermoë van die NVG om sy beloftes gestand te doen.”

Suid-Afrikaners is ook al siek en sat vir blatante misdadigheid wat geen gevolge dra nie, sê Breytenbach.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Manie ·

Ons moet ophou hoop dat iets sal gebeur, want daar sal absoluut NIKS gebeur nie. Bedrieërs ondersoek en straf hulself nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime het die staat se strukture behoorlik afgetakel.

Nellene ·

Heeltemal reg Manie. Ons is sat en voos van die kriminaliteit in die land, maar staan hopeloos en toekyk. Kom Solidariteit, maak weer bietjie jou stem dik.

WILLEM ·

Tot die geregshowe word gekaap!! Ons kan maar die huis toesluit en die sleutels weggooi, dan is daar niks om meer te kaap nie. Kom ons loop.

domheks ·

Daar is nie ‘n WIL om die skelms te vervolg nie. Hulle stem dan anc…

Eugene ·

Ramp-phosa keur alle bedrog en korrupsie goed, want Sy regering is korrup.

Elméne ·

En HY – rama-nikswerd – die hoofman oor die adder kaders!!

Nie Verbaas ·

Natuurlik sal niks gebeur nie. Die parlement sal leeg wees as die klein vissies begin praat. Om ons SEB vriende te kry om oordentlike werk te doen is ook n onbegonne taak.

Carl ·

Ramaphosa is deel van die skelms. Tensy hulle privaat vervolg word sal niks gebeur nie.

Elméne ·

Mense nou van WANNEER af het ons ENIGSINS iets anders van die anc adder kaders verwag??? Hulle WAS, IS en sal ALTYD ‘N TOTALE freakin mislukking wees – HULLE MOET UIT!!!!! ENIGSTE OPLOSSING. Kom ons doen onsself en ons land ‘n guns, STAAN BYMEKAAR EN RAAK ONSTLAE VAN DIE KORRUPTE GEMORS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.