Grootskaalse soektog ná Durbanse pa glo vier kinders vermoor

(Foto: SA Polisie)

Die KwaZulu-Natalse polisie is steeds op die spoor van ʼn pa van New Germany naby Durban, nadat hy Dinsdag glo sy drie kinders én sy stiefdogter vermoor het.

Kol. Thulani Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê man het sy drie kinders, onderskeidelik 4, 6 en 10 jaar oud, kort ná 14:30 by die skool gaan oplaai.

“Daar is gesien hoe hy in die huis ingaan met die kinders. Die kinders se ma het gehoor dat hy hulle gaan haal het. Sy het agterdogtig geraak dat hy moontlik iets beplan,” het Mbele gesê.

Die vrou het by die Kwadabeka-polisiestasie gaan hulp vra en ʼn polisielid het haar na die huis vergesel.

“Met hulle aankoms by die huis het hulle twee kinders gekry wat in die hoofslaapkamer opgehang is en nog ʼn kind wat in ʼn ander vertrek opgehang is,” het Mbele gesê.

Die vrou is inderhaas na haar 16-jarige dogter se skool, waar sy óók meegedeel is dat die pa die kind reeds kom haal het.

ʼn Grootskaalse soektog is na die tiener op tou gesit en die meisie se liggaam is in ʼn nabygeleë veld gekry.

“Die soektog na die verdagte duur voort,” het Mbele gesê.

Die Pinetown-polisiestasie ondersoek vier moordsake.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

$ ·

Grootskaalse soektog maar geen besonderhede oor waarna (na wie) gesoek word nie – net waarom. Sonder detail kan niemand help soek nie.

Hannetjie ·

Sou hierdie nou ‘n mens genoem word wat hierdie aaklige onverskoonbare wrede dade gepleeg het?Wat ‘n skande…weerlose kinders.Hoop hy word baie vinnig aangekeer.

GM ·

Doodstraf is ‘n te genadige straf vir so een. Ek sou eerder sê hy moet aan die lewe gehou word terwyl die ma/familielede haar/hul woede en hartseer op hom uithaal – op watse manier sy/hulle ookal goed dink. Geen genade.

Michael P ·

Sien ons regering nie die goed raak nie wat gaan dit kos om hulle te laat besef hulle beleid werk nie

Erika ·

Hoekom altyd kinders vermoor? Of diere mishandel??
Daar is niks meer respek oor vir mekaar nie! Die wereld is siek!
Wat kry die man nou daaruit of sy kinders te vermoor? Hy gaan homself seker nou om die lewe bring van bangheid..

Michael P ·

Ons is die landsburgers ons moet aandring op n referendum oor die doodstraf ons het die reg om veilig te voel in jou eie land glo my alle burgers sal saam my stem.

Cherokee ·

Daar is reeds ‘n petisie aan die gang en duisende het reeds ten gunste daarvan gestem.

SkaamteLOOS ·

Jong, dit is nie die wereld wat siek is nie maar wel die mense daarin. Die wereld maak nie die mens dood nie maar ons word onder mekaar vermoor.
Stem ook vir die doodstraf dan sal daar ook weer geld in die land wees want wie sorg nou vir daai moordenaar as hy in die tronk eindig ek en jy.

christine ·

Bring dood straf terug hoe doen n mens dit aan jou kinders joh.Hoop hul kry hom gou en kry sy straf.
Hoekom moet kinders vir grootmense se huweliks probleme boet.

What ·

Ons mooi land suid afrika is gedompel in moord en verwoesding .
Hoe op aarde kan die president nie iets ontrent dit doen nie .Almal woord links en regs aan geval .Mense praat van oorlog ons beleef reeds oorlog in ons land suid afrika .Polisie werk al om die klok sluit mense toe .Maar more loop hulle vrylik rond.Mnr president hoeveel kinders vroue ens moet nog vermoor raak moet nog aangeval word hoeveel moet nog gebrand word .Woor jy mnr president jou oogklappe laat val .staan op en doen wat van jou as president verwag word .

Adri ·

“Sê maar net”, die een oomblik pleit jy vir die doodstraf en die volgende oomblik erken jy ons regstelsel is ‘n sirkus. Wat laat jou dink dat die regstelsel nie ‘n sirkus van die doodstraf gaan maak nie?

SUSAN ·

So n selfsugtige en wrede daad, mag hy lewend gevind word en stadig en pynlik gestraf word. Arme onskuldige kinders se lewe neem-waste mens doen dit. Ja ons president kry n “wake up”call asb-wat n helse week tot dusver-arme kinders.

Rina ·

Hy het dalk sy eie.lewe.ook geneem. Asb as n depr jul slaan kry hulp.

Rina ·

Blykbaar hom gekry ……..hy lewe … wrede monster dit was net.kinders

vroulike leser ·

Gee hom vir die gemeenskap en dan eers vir die polisie – sodat as hy parool kry hy niks gaan beteken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.