Gru-botsing op N2 eis lewe van vyf

Die gru-ongeluk op die N2 in die omgewing van Umtentweni in KwaZulu-Natal. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Vyf mense is dood toe vier motors Sondag in ’n gru-botsing op die N2 in die omgewing van  Umtentweni in KwaZulu-Natal betrokke was.

Agt ander mense is in die voorval beseer, waarvan drie in ʼn kritieke toestand.

Die KwaZulu-Natalse private ambulansdiens sê vyf pasiënte het reeds voor dié nooddiens se aankoms op die toneel gistermiddag aan hul beserings beswyk.

Paramedici het drie pasiënte op die toneel in ’n kritieke toestand aangetref, terwyl twee ander in ’n ernstige toestand verkeer het.

Die gru-ongeluk op die N2 in die omgewing van Umtentweni in KwaZulu-Natal. (Foto: Paramedics, SAPS and Firefighters South Africa/Facebook)

Nóg drie ander het ligte beserings in die botsing opgedoen.

Die beseerdes is almal op die toneel behandel voordat hulle na die hospitaal vervoer is vir verdere mediese behandeling.

Die presiese omstandighede van die botsing is nie in dié stadium bekend nie.

Die toepaslike owerhede was op die ongelukstoneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swerwer ·

Spoed….drank…….. lanklaas ‘n ongeluks toneel gesien waar dit onderdele in die pad gesaai lê. Sterkte aan die beseerdes wat onskuldig betrokke was by hierdie grusame botsing.

Jacobus ·

Ek sien n dubbele sperstreep. Begin sommer daar met die ondersoek.

Kobus ·

Spoed en n ou proppie gaan nie saam nie ek se van my kant af was daar n redelike spoed gewees sterkte aan die wat agter bly

Malan ·

Soos altyd in ongelukke: ‘n sperstreep. Dit is ‘n ding waaraan min motoriste hulle steur en nog minder verkeersbeamptes.

Shakespeare ·

As jy deesdae In Kwa Zulu natal wil rondreis moet jy jou doodskis saamvat. Onthou dit is Zuma gebied.

Hasie ·

Verkeersreels geld net vir sekere bestuurders en veral net vir diegene wat nie die duur spogmotors kan bekostig nie …die res maak soos hul wil ….Daar is mos verkeersreels …net nie vir hul nie

Nettie ·

Sjoe tragies die engine lê glads buite die kar. Spoed het n groot rol gespeel. Jammer aand die wat oorlede is se familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.