‘Gruwelike’ klagtes oor staatshospitale stroom in

verwaarloosde-hospitaal-bed

Argieffoto: Pixabay.com

Klagtes oor die land se staatshospitale stroom in nadat die VF Plus onlangs ’n veldtog teen die swak behandeling van pasiënte in dié hospitale van stapel gestuur het.

Die politieke party het Suid-Afrikaners verlede maand versoek om hul ervarings van staatshospitale met hom te deel sodat dit aan die Menseregtekommissie (MRK) deurgegee kan word.

Meer as 400 klagtes – waarvan sommige gruwelik – is in minder as ’n maand uit al nege provinsies ontvang. Die meerderheid van dié klagtes kom van die Oos-Kaap. Dit sluit in niks minder nie as tien klagtes oor die provinsiale hospitaal in Uitenhage.

Klagtes is ook veral van Gauteng, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Nood-Kaap ontvang.

Die klagtes kom ook nie net van pasiënte wat sleg behandel is nie, maar ook van dokters en verpleegsters wat nie betaal word nie.

“Dit is skrikwekkend. Daar is ’n magdom goed wat besig is om in te kom. Die Whatsapp-boodskappe hou nie op inrol nie,” het Philip van Staden, die VF Plus se woordvoerder vir gesondheid, Woensdagoggend aan Maroela Media gesê.

Die klagtes wat tot dusver ontvang is getuig van gruwelike mediese behandeling. Van Staden vertel hy was veral ontsteld deur een pasiënt se storie, ʼn persoon wie been afgesit moes word. Dis pasiënt het, soos in talle ander staatshospitaalpasiënte, nie narkose ontvang nie en die operasie is slegs met lokale verdowing uitgevoer. Die gevoel in die betrokke pasiënt se been het egter tydens die prosedure teruggekom en hy moes geweldige pyn verduur terwyl sy been afgesit is.

Argieffoto van ‘n staatshospitaal. (Foto: Maroela Media)

“Ons hoor van dokters en verpleegsters wat nie hul salarisse ontvang het nie, pasiënte wat nie kos kry nie of op die vloere moet slaap en wat sleg behandel word.

“By ’n kliniek in die Noord-Kaap is pasiënte onlangs soos sleg honde weggejaag.

“Dit is verskriklike goed wat inkom. Ons sit met ’n enorme krisis,” benadruk Van Staden.

Hy skryf die haglike toestande in die land se staatshospitale toe aan wanbestuur, wanadministrasie en korrupsie. “Dis wat die land se gesondheidstelsel so teen die grond het.

“Die geld word gesteel op groot skaal deur ʼn regering wat nie sy belastingbetalers se belange op die hart dra nie.”

Maroela Media het vroeër berig die VF Plus het die MRK op 7 Julie genader om ondersoek in te stel na die wyse waarop pasiënte in staatshospitale behandel word.

Van Staden sê die klagtes wat ontvang word, sal getranskribeer word voordat dit aan MRK sowel as die minister van gesondheid se kantoor oorhandig word.

Intussen word Suid-Afrikaners aangemoedig om hul ervarings van die land se staatshospitale te deel. Dié ervarings kan per stemnota na 060 556 4347 gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

JohanR ·

Seker al die Kubane het hulle salarise ontvang? Ek is darem met Discovery maar hoe lank die privaat hospitale hulle standarde kan op hou weet niemand nie. Sal miskien twee of drie nagte in Kingsbury moet oorbly se maar na ‘n operasie, en sal op ‘n matras op die vloer moet slaap. @VoertsakANC!

annie ·

Ne net die hospitale nie, klinieke is glo ook ‘n nagmerrie. Armes wat klinieke besoek word deur die personeel soos hierjy’s behandel. Covid word steeds voorgehou as rede waarom siekes buite in die ryp moet mag terwyl die personeel draal met toegang en opvolgbesoeke as verwaande eise teen die hogere queen van Engeland hanteer. Selfs die aptekers glo skynbaar hulle verskaf medisyne uit hul eie sak.

Saartjievandiebosveld ·

Dis nie net staats hospitale nie…Seker private hospitale in Pretoria is nie veel beter nie. My skoondogter se ma het haar bobeen gebreek en die heupvervanging het uit gebreek toe sy Val. By die private hospitals SE ongevalle aan gekom…hulle het geweier om the help…hulle sê net haar Ander been is reg…sy kan op hom hop tot binne die ongevalle. My skoondogter het gesoebat vir ‘n rolstoel..toe een gekry…hulle weier om haar tot in die rolstoel te help. As sy in ‘n ambulaans gebring was sou hulle haar gehelp het.
Toe hulle agterkom hoe ernstig die saak was..toe kry hulle skielik lewe…en help haar. In die Saal…gee hulle vir haar kos…sonder eetgerei. Sy het 3keer gevra…my Seun Bel die saalsuster en sê vir haar om eetgerei vir sy skoonma te vat. Hy sê ook hulle betaal…dis nie ‘n staats hospitaal nie….
Ek sê maar net…private hospitale is ook besig on the verval

absoluut ·

watter hospitaal is dit anders veralgemeen jy en dan stem ek nie saam nie

Gretha ·

Dit gaan ongelukkig met die goed oor ‘n ‘attitude’ probleem. Sien dit by my ma se frailcare ook

Di ·

Ja omrede hulle mense aanstel oor BBBEEEEEEEE en geen ander rede nie, te hel daarmee of jy die werk kan doen of nie

Cherokee ·

Die woord ‘sekere’ skep gewoonlik ‘n vraagteken. Indien dit die waarheid is, geen rede om nie die hospitaal se naam te noem. Indien dit nie aan die gesondheidsraad gerapporteer is, dan word hulle versterk in hul kwaad.

Ek het was voor die Desember vakansie verlede jaar, vir ‘n operasie in St Augustines hospitaal in Durban. Wàt ‘n wonderlike behandeling! Vyf Ster soos min 5 ster hotelle kan lewer… die personeel, diens etes, beste! Ek wou ‘n dankie skryf totdat ek die rekening gesien het. Koste, verblyf alleen operasie uitgesluit, bietjie meer as R20 000 per nag!

Papsak ·

Dit is dood eenvoudig n seer oog staatshospitale stink lyk vuil en ja behandel jou soos n hond daar maar dit mooi pic vir die agteruit gaan van alles in SA sies julle moet skaam kry pateties

Sandra ·

Die slegte omstandighede en behandeling van pasiente, en nou dokters en verpleegsters, is niks nuuts nie, maar daar gaan hopelik nou iets daaraan gedoen word.

Gerd Lourens ·

Plaas dat Crisp probeer om die staatshospitale reg te ruk.

Kokerboom ·

Die gekerm en gekla oor staatshospitale en klinieke gaan al 28 jaar aan en GEEN oplossing ooit!! Doen ‘n indiepte oudit van ELKE staatskliniek en hospitaal en lê voor aan regering vir oplossing binne gegewe tyd. Indien geen resultaat stel n’ klasaksie teen regering in. GENOEG IS GENOEG!!

Elméne ·

Ek stem saam met jou – hoekom begin die debat nou eers NA 28 jaar. Die land se mense het TE lank vir die anc maplotters die groenlig gegee – ek dink dit is nou ‘n kwessie van “too little, too late”!!!!

Kobus ·

MRK is stil. Wonder hoekom. Rampposa sal seker met skok en verbasing reageer.

domheks ·

Die mini-stes moet daar opgeneem word. Dan sal hulle spring soos met die Wes Rand verkragtings!

Hendrik ·

Hoekom gemeenskappe nie protesteer by hulle plaaslike hospitale teen se swak standaarde weet ek ook nie. Die gemeenskappe stem dan ook en niks verander. My gemeenskap het nie ‘n hospitaal nie maar hopenlik kan ons een bou in die naby toekoms.

sopbeen ·

Privaat hospitale is ook nie meer op standaard nie. Ek glo vas dit is agv die verpleegpersoneel.

Antoinette ·

Ek is n staatspasient van 2018. Kry elke maand my kroniese medikasie.
Was al hoeveel keer siek met sinus, bronchitis, longontsteking nog nooit, ooit was ek deur n dokter ondersoek vir my longe of vir x-strale gestuur nie. Gee elke keer net pynpille. Ek knyp maar n geldjie af en gaan dan na privaat dokter om my te help.

Di ·

JA nee ALLES in die land het verval in totale gemors danksy “regstellende aksie” Hulle WIL NIE WERK NIE, soek net die salaris. Meerderheid is arrogant, sleg en onbevoeg. Hulle weet dat daar niks aan hulle gedoen kan word nie want hulle is “DIE REGTE KLEUR”, het alle regte wat hulle beskerm

Albertus ·

Hulle moet Boksburg staats hospitaal gaan kyk, my skoonma oorlede na behandeling daar, klomp slegte mense wat daar werk.

Di ·

Dit help nie eers om hierdie sake te verwys nie. ALMAL in beheer en wat besluite maak is self onder die ANC Beheer en pateties! Dis vrot van bo tot onder en ons baklei teen ‘n muur vas.

Groen-oog ·

Ek was nou in n staatshospitaal vir n historektomie. Die diens was regtig goed. Mens kry oral die 1 heks van die weste wat misluk is al is dit in watter hospitaal of saal. Hier was ook 1. Maar die diens was regtig goed. Die kos was n heeeeel ander verhaal ….. AS DIT DAREM N BIETJIE SOUT IN GEHAD HET sou dit eetbaar gewees het. Maar alles was opgekook sonder sout sonder enige iets. Verder geen klagtes.

Schalk ·

En dan wil die ANC die gesondheidstelsel nasionaliseer? Ek glo nie hulle kan eers ‘n Noodhulpkas in stand hou nie.

dada ·

My tannie het my vertel dat mens nie jou lewe kan waag om na die staatshospitaal op Uitenhage te gaan nie. Die regte dokters en beheerraad is soos sleg honde weggejaag.

Dana ·

Ek het dit self ervaar toe my ma 7 jaar gelede in Steve Biko hospitaal gesterf het. Haar enkel was gebreek en sy kon nie loop. Niemand het moeite gedoen om vir haar ‘n karteter in te sit nie. Toe ek haar kom besoek, was die urine reuk om van naar te word. Haar nagklere en beddegoed was deurdrenk van die urine. Ek het dadelik ‘n bohaai gemaak en sy het skoon beddegoed gekry. Dit het my 4 wasse geneem om die urine reuk uit die nagklere (en my kar) te kry.
Op ‘n positiewe noot: . Die tannie wat by ons woon, gaan na die Silverton (Pretoria) kliniek. Aangesien sy amper blind is, word sy SO goed behandel. Sy is een van die eerstes wat gehelp word en haar medikasie word vir haar gebring terwyl sy sit. Sy is vol lof vir die kliniek.

Andries ·

Dit is waarom die regering die NGV wil instel sodat hulle toegang tot private hospitale kan kry in die hoop dat dit daar beter sal gaan. Ek het nuus vir hulle. Die verpligting op private hospitale om aan SEB te voldoen, laat ook dié hos[pitale verswak. Ek het in 2015 ‘n rugoperasie gehad in wat as een van die beter private hospitale in Pretoria beskou word. Om teen 22:00 ‘n bedwas te kry nadat jy daarvoor moes vra, is nie ‘n plesier nie. Daar was ook vele ander probleme maar hier is nie ruimte om dit te bespreek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.