‘Hardwerkende’ raadslid koelbloedig vermoor

(Argieffoto: Hansie Linde)

’n ANC-raadslid van die Oos-Kaap is dood nadat daar Sondag laataand verskeie skote op sy motor in Gqeberha (Port Elizabeth) afgevuur is. ’n Passasier is tydens die voorval gewond.

Mzwandile Booi, raadslid van wyk 20 in KwaZakhele, het omstreeks 23:20 met drie passasiers in Tshawukastraat gery toe ’n onbekende verdagte op die motor losgebrand het. Die verdagte het ’n balaklawa aangehad en skote aan die bestuurderskant van die motor afgevuur.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê Booi het verskeie skietwonde opgedoen waaraan hy op die toneel beswyk het.

’n Vrou in die voorste passasiersitplek is in die been geskiet terwyl twee passasiers op die agterste sitplek, ’n man en ʼn vrou, ongedeerd van die voorval afgekom het.

Die ANC sê Booi se “koelbloedige moord” volg maar 24 uur na ’n aanslag op die lewe van ’n ander ANC-leier in Kariega (Uitenhage).

“Ons sou teen hierdie tyd verwag het dat die polisie ’n gespesialiseerde span sou aanstel om hierdie ernstige voorvalle in Nelson Mandelabaai te ondersoek en die metro as ’n brandpuntgebied te hanteer,” sê Loyiso Magqashela, die ANC se Oos-Kaapse woordvoerder.

Magqashela sê dit is nog te vroeg om te bespiegel oor die motief agter Booi se moord, maar die regerende party is bekommerd oor die vlaag moorde en geweld wat in die Nelson Mandelabaai-metro opgemerk is.

“Die moord op ’n raadslid is gelykstaande aan ondermyning van demokrasie, want ’n openbare verteenwoordiger is ’n dienaar van die mense wat direk deur die mense verkies word.

“Raadslid Booi was een van die hardwerkendste raadslede in Nelson Mandelabaai. Ons het ’n groot leier en ’n dienaar van die volk verloor.”

Die ANC doen ’n beroep op die owerhede om Booi se moordenaar tot verantwoording te roep.

“Ons doen ook ’n beroep op alle ANC-lede en die breër gemeenskap van Nelson Mandelabaai om kalm te bly en wetstoepassers toe te laat om al die verantwoordelike en betrokke persone so gou moontlik te ontmasker en vas te trek.”

Naidu sê die motief vir die skietery is in dié stadium nog onbekend. ’n Saak van moord en poging tot moord word deur die provinsiale ondersoekeenheid vir georganiseerde misdaad ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Pierre ·

Nie seker hoe ANC en hardwerkend in die selfde sin pas nie en skielik vra hulle vir n gespesialiseerde span maar die gemeenskappe en veral landelike gemeenskappe vra al jare na gespesialiseerde spanne.

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel met die familie. Die landburgers doen ’n beroep op die ANC die moorde op boere se moordenaar/s tot verantwoording te roep net soos ‘n beroep hier op die owerhede gedoen word.

Cobus ·

Verskoon dat ek vra, maar.
Word hardwerkend en ANC in dieselfde sin gebruik? Is dit moontlik?
Dankie en groete.

Misky ·

Ja, ons kan sien hy was ‘n harde werker as so na die toestand van PE en omgewing kyk…. voorwaar.

Casper ·

Die feit dat Lefufi die skolewet wil verander dat hy beheer kan oorneem van Afrikaanse skole is ook ‘n ondermyning van demokrasie.

Althes ·

Magqashela – nou weet jy hoe voel ons oor plaasmoorde. Jy ondervind nou eerstehands geweldsmisdaad.

Skappie ·

Baie jammer aan sy gesin en vriendekring. Mag onse Liewe Heer julle styf vashou in hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle. Wil net weet hoe kry die mense dit reg om sommer net so te skiet en te moor?
Waar kry hulle die ongelenseerde wapens?

Ansie ·

Die ANC self is die oorsaak van moorde op hulle lede, want hulle laat hulle kiesers (en die res van die landsburgers) lelik in die steek. Mense gaan dood van armoede en honger, maar die ANC hou aan plunder, gee R50 miljoen vir Kuba en tree nie op teen die minister van polisie en absolute verval in die polisie nie gaan steeds voort met die ontplooiing van kaders wat gewoon nie die kennis en ondervinding het om in hulle poste te dien nie en doen ook nie die nodige stappe om werkloosheid en armoede aan te spreek en die SBO’s en munisipaliteite reg te ruk nie.

Waarnemer ·

En hiermee versoek ons die president om die polisie tot verantwoording te roep ten op sigte van die plaasmoorde…

Jack ·

Die gespesialiseerde spanne is anc kaders en dus net so nutteloos. Gewoonlik is motiewe vir die geteikende moorde taxi of dwelm verwant en dit vorm nie deel van raadslede te portefeulje nie. Jy soek vir moeilikheid in die land van dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.