‘Hef drank- en tabakverbod nou op’

Argieffoto: Pixabay

Daar word opnuut geëis dat die verbod op die verkoop van alkohol en sigarette opgehef word.

Die drankbedryf het gesê die verbod het ʼn vernietigende uitwerking op mense se bestaan.

Volgens Sibani Mngadi, woordvoerder van die drankbedryf, het meer as 100 000 van die bykans een miljoen poste wat deur die waardeketting van die alkoholbedryf ondersteun word, in die eerste fase van die verbod op afsonderingsvlakke 5 en 4 verlore gegaan.

Die drankbedryf se reaksie volg op die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMNR) se beroep op die regering om gereed te maak om die alkoholverbod op te hef.

Dr. Glenda Gray, voorsitter van die SAMNR, en prof. Charles Parry, direkteur van die raad se navorsingseenheid oor alkohol, tabak en ander dwelmmiddels, het Vrydag in ʼn onderhoud met Business Day TV gesê dat die verwagte druk op hospitale weens ʼn toename in Covid-19-infeksies nie plaasgevind het nie.

“My aanbeveling aan die regering is om beweeglik te wees. Ons het die nodige mikpunte bereik deur die aandklokreël en die alkoholverbod. Ons het bereik wat ons wou. Nou moet ons ander kwessies aanpak. Ons het op lewens gefokus en nou moet ons kyk na mense se lewensbestaan,” het Gray, wat ook ʼn lid van Zweli Mkhize, minister van gesondheid, se ministeriële adviesraad is, gesê.

Omset van meer as R19 miljard en R3,4 miljard in aksynsbelasting aan die regering is reeds tydens die eerste fase van die drankverbod ingeboet.

“As die regering konsekwent is in sy benadering tot die verbod moet hy dringend gesprekke begin vir die ordelike heropening van die drankbedryf om verdere werkverliese en ʼn verlies aan inkomste te voorkom,” het Mngadi gesê.

sigarette

(Foto: pixabay)

Yusuf Abramjee, stigter van Tax Justice SA (TJSA), het pres. Cyril Ramaphosa intussen ook skriftelik versoek om die tabakverbod wat al langer as 18 weke geld, op te hef.

“Die jongste navorsing deur toonaangewende ekonome aan die Universiteit van Kaapstad toon dat die verbod die gesondheidsrisiko wat dit moes uitroei, eerder aansienlik vererger het. Vyf keer soveel rokers deel nou gereeld sigarette as voor die afsonderingstydperk, wat die gevaar van verspreiding van die virus aansienlik vergroot.”

Die toename in mense wat sigarette deel, word toegeskryf aan die huidige hoë koste vir die koop van onwettige sigarette. “Misdadigers in onwettige handel het die mark oorgeneem en volgens kundiges verdien hulle R3 miljard per maand deur onwettige sigarette teen baie hoë pryse te verkoop.”

Abramjee het benadruk dat daar geen wetenskaplike bewyse is wat ʼn verband tussen rook en Covid-19 aantoon nie en dat Suid-Afrika steeds die enigste land in die wêreld is wat ʼn tabakverbod ingestel het.

“Die verbod bedreig mense se lewensbestaan, beloon onwettige ondernemings en erodeer belastingbetalers se moraliteit.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

marius ·

Waarom sal die regeerders van hul totale beheer plan afwyk ? Hulle weet presies waarmee hulle besig is .

Isabella ·

Presies my punt ook hul werk volgens hul plannetjies en hul doel is nog ni bereik

Prikkie ·

En het die mense enige hoop dat enigiemand sal luister na hulle pleidooie!

Ek twyfel, hulle het die mag en beplan om dit styf vas te hou.

Piet Pompies ·

en betaal ten duurste daarvoor met geld wat jy nie het nie

Delon ·

dan koop jy by die verkeerde plek , drank is nou goedkoper want dit word oor die mosambiekse grens gesmokkel en hulle drank is goedkoper as ons sin

Isabella ·

Mense jul moet besef di regering gan hierdie lockdown so lank as moontlik uitrek taxis mag voortgaan mar restaurante gyms toerisme drank sigarette gan nie gou realiseer

Scalla ·

Presies Isabella, optrede teen taxis moet begin plaasvind.

Cornel ·

Mense sal rook en sal drink….hulle is nie kinders nie en die regering gaan sy g*t sien want die mense is dik vir al hierdie regering se selfopgelegde reels…..HAMBA!!! Los ons uit….julle is die puppets – nie ons nie

Adeline ·

Totale verwoesting van ons ekonomie en land se dele wat nog nie in gaos en korrupsie en wanorde is nie – word geroof vermoor en verwoes. Ons is ‘n land waar die voos vrot anc korrupte regering die land wil oorneem en die enigste manier om dit te doen is om gaos op alle gbiede te saai sover hulle kan terwyl stilswye heers en regeer.. Ek sien duidelik in alles wat aangaan burger oorlog in die land – hulle soek dit verseker en dit is maar die begin!! Wees wakker en kyk met oop oë dieper en doen navorsing…. hulle lieg op groot skaal vir ons as mense en huidiglik word die drank en sigarette gebruik.. die res kom nog.. derduisende grafte word gegrawe en daar sterf nie so baie mense landwyd aan covid -19 dat dit die aantal gegraafde grafte (waar tussen 2-4 lyke) in begrawe kan word nie. HOEKOM? Doen navorsing!!!

Scalla ·

Luister tog net n slag vir die Dr/Prof Gray, sy het hul al hoeveel keer verkeerd bewys, maak haar sommer ook minister, dat n land se ekonomie tot niet moet gaan ten voordeel van n paar kaders.

koos10 ·

Dis baie maklik om alles te lockdown, maar baie moeiliker op dinge oop te stel.
Die regering is nie in beheer nie, dit is die unies wat die regering lei.
Hierdie regering is tot niks instaat om die burgers van die land te lei nie. Die 2 de drank verbod is ‘n uur na CR se toespraak bekragtig, terwyl ons nou nog wag vir die regulasies vir die skole.

Pieter ·

Die ANC komuniste is n sirkus dit is wat dit is en belasting betalers moet die klomp narre se buitensporige selarisse betaal.

Pieter ·

Die tabakverbod werk verseker nie. Die kafee oorkant my huis verkoop sigarette onwetting en Sondag het die polisie daar gestop in hulle werksbakkie en self sigarette gekoop en weer gery.

Wielspore ·

Drank verbod kan bly, dit is bewys dat drank misbruik en die daaropvolgende gedrag bykomende beserings veroorsaak en kosbare skaars hospitaal beddens en dienste van mediese personeel opneem.
Glo my, ek praat nie twak.

koos10 ·

Wielspore., jy mis die punt. Met die eerste verbanning, was die rede om die gesondheids sektor reg te kry vir die piek van die virus, soos deur CR vekondig. Nou 18 weke later en bykans geen provinsie, behalwe die Wes Kaap en Gauteng, het enige iets gedoen. Ons is nou op die piek en die baie laer was wat voorspel is en die gesondheid sorg is nie gereed nie, en maak staat op die privaat sektor.
Wat het die inkorting van drank en sigarette gehelp,? Al wat die hele inperking gedoen het is om miljoene rande in kaders se sakke in gedruk.

Wonder ·

Dit is rof, veral vir mense wat hulle drank kan hanteer, ouma van 82 drink al jare elke aand n whiskey of 2, ek kan sien dit het n groot impak op haar haar liggaam is al gewoond daaraan, lig die drank en hou die aand klok reël… Die rook verbod maak ook alles erger, want nou is daar mense wat die goedkoop sigarette stompies bêre om n twakkie te rol, dan is dit n mengelmoes van goedkoop sigarette wat ek glo meer skade doen as “wettige” sigarette, wens so daar kan iemand wees wat vir n verandering kan besluite neem wat sin maak…

Magda ·

nee wat – vergeet dit – ou KOPDOEK sal mos ou nooit toestem tot dit nie – want waar sal al hulle inkopies se geld dan vandaan kom.

Sêmanet ·

Het dit nou 18 weke gevat om hierdie dinge raak te sien? Mens kan nie ‘n sigaret aanbied soos voor die lockdown nie, nou deel hul maar. Die drank is ‘n probleem, dit weet almal. Maar die parlement glo dat daar mense is wat intussen opgehou rook het weens die tekort aan sigarette, sowel as die prys. Maar wat hulle nie besef nie, is dat niemand jou kan dwing om op te hou as jy nie self wil nie. Sodra dit weer oop is sal mense wat “opgehou” het, net weer begin rook. Maar ten minste sal dit ordentlike sigarette, nie gemors nie, koop by ‘n winkel wat redelik is met sy pryse. Hulle kan nie mense forseer om op te hou as hul nie wil nie. Pleks dat hulle eerder “ophou rook” pille uitdeel soos wat hulle kondome uitdeel. Dit sal mense inspireer om op te hou, want die pille is so onbetaalbaar duur, dat mense maar eerder rook as om die R500-00 plus uit te haal vir ‘n maand se pille. Laat mense self besluit oor die rokery. Dis nie die staat se besigheid wat mense doen of nie doen nie.

Spyker ·

Wat het met die rokende generaals geword wat op n begrafnis die regulasies oortree het?

koos10 ·

Joos, die regulasies bepaal dat geen handel mag plaas vind nie. Die foto alleen het geen bewyse dat hulle ‘n regulasie oortree het nie. Dit moet ondersoek word waar die sigarette vandaan kom em of dit wettige of onwettige sigarette is.

Renee ·

Volgens onse minister Mbalula is die foto gephotoshop as ook die aantal mense wat daar was

Juls ·

Die enigste land in die wereld met ‘n tabakverbod, die land met die langste inperking, en verlaag die gevalle? Nee. Ons het ook een van die beste verbeterings koerse m.b.t. covid-19 so die enigste verduideliking vir hierdie drakoniese maatreels is weereens korrupsie en ‘n onbevoegde staat.

Persheks Adri ·

Magsmisbruik en korrupsie is al waaroor dit gaan! Ons het die volste reg om te rook! GEEN bewyse dat ons Covid op doen deur te rook nie EN die regering kan nie dink nie

Adam Adriaan ·

Dit is die beplande strategie van die regering, voorgeskryf deur die Global Elite; wat die kapitalistiese stelsel reg oor die wêreld te vernietig, wat saam loop met die pandemie wat hulle geskep het. Daar wag nog groter verrassings vir ons in die nabye toekoms.

Wonder ·

Daar word gesê mense wat rook gaan dan pesiaal ry vir n pakkie sigarette en so die virus versprei, ons mag dalk rook maar het nog n IK, ek glo die meerderheid rokers sal nie net ry vir n pakkie sigarette nie, hull sal wel hull pakkie kry wanneer hulle brood en melk ens gaan kry, maar huidiglik wat ekself beleef, moet ek nou spesiaal ry vir n pakkie sigarette, en dan waar mens nou sigarette kry word daar nie ge-sanitise nie wat die risiko vir covid baie meer maak, maar gelukkig ry ek met my botteltjie “alkohol” saam my… Om op te hou rook is nie maklik nie, en ek moet sê ek’t self al mediekasie gebruik om op te hou rook, dit kos n plaas se prys, en wanneer jy die medikasie los rook mens nog meer as ooit en het baie erge newe-effekte, nie eers my ma of pa kon my laat ophou rook nie maak nie saak hoeveel sigarette met botter en sout water ek moes eet en drink nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.