‘Hef regulasies en ramptoestand op’ – DA

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: Twitter)

Ná afloop van pres. Cyril Ramaphosa se afkondiging Sondagaand om die land se afsonderingsregulasies na vlak 2 te skuif, versoek die DA dat alle afsonderingsregulasies en die ramptoestand heeltemal opgehef word.

“Hoewel die DA die skuif na vlak 2 verwelkom, wil ons dit verder voer en op Ramaphosa ʼn beroep doen om hom te verbind tot ʼn einddatum vir alle regulasies én die ramptoestand,” het DA-leier John Steenhuisen Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Die enigste moontlike rede vir verdere beperkings is om almal ouer as 18 jaar die kans te gee om ingeënt te word. Mense tussen 18 en 35 jaar kon hulle reeds sedert 20 Augustus laat inent en dié groep staan al einde se kant toe met inentings.”

Steenhuisen stel voor die spertyd vir die ophef van regulasies en die ramptoestand moet middel November geskied.

“Daar is tot dan nog 12 weke oor waartydens mense hulle kan laat inent.

“Hierdie sperdatum moet nou bekend gemaak word, sodat ondernemings wat deur afsonderingsregulasies geraak word daarvolgens kan beplan. Dit is nie iets wat op die laaste oomblik besluit en aangekondig kan word nie, aangesien dit nog meer ondernemings en werkgeleenthede in die gedrang sal bring.”

Steenhuisen sê as Ramaphosa nie saamstem met bogenoemde voorstel nie, moet hy redes verskaf waarom hy en sy regering dit nie wil doen nie.

“Suid-Afrikaners het buitengewone opofferings gemaak om te voldoen aan beperkings en regulasies wat selde verduidelik of geregverdig word.”

Steenhuisen vra dat Ramaphosa die kriteria moet uiteensit wat sy kabinet vereis voordat die ramptoestand opgehef kan word sodat almal kan weet of dit rasionele en billike besluite is.

Die DA het sowat vier weke gelede vir Ramaphosa gevra om die spesifieke voorwaardes waaraan voldoen moet word voordat die ramptoestand opgehef word, uiteen te sit. Volgens Steenhuisen wag die party nog vir ʼn antwoord.

Steenhuisen stel voor dat ʼn streekgegronde model gevolg word totdat die regulasies opgehef word, aangesien die infeksie- en inentingskoers van gebied tot gebied verskil.

Stad Kaapstad se burgemeester Dan Plato het ook die skuif na vlak 2 verwelkom en sê die verlenging van die aandklokreël én handelstye vir ondernemings sal help met ekonomiese herstel.

“Talle ondernemings verkeer onder groot druk weens die regulasies en probeer aanpas en oorleef in hierdie uiters uitdagende omstandighede,” het Plato gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Juffrou ·

Ag tog, wat ń klugspul! Dink hulle ons is ook dom? Dis alles net vir hul verkiesingsveldtog. Stemme te werf. Politieke byeenkomste moontlik te maak. Ensovoorts. Sirkus dié spul.

Harley Davidson ·

Roep ‘n referendum uit in die Wes Kaap en kry onafhanklikheid van SA se ek.

Anton ·

Bly om te sien daar is darem een ou wat dink Cyril doen ‘n goeie job :-)

Casper ·

Skuilnaam ek kan nie meer met jou saamstem nie.Hy kritiseer alles wat Ramaphosa doen.Alhoewel daar ‘n beduidende afname is beteken nie die virus is nou weg nie.Daar is ‘n groot negatiewe houding teenoor entstowwe a g v fopnuus.As alle landsburgers net wil inent kan die ramptoestand herroep word en alle beperkings opgehef word.Daar is nog te veel sterftes en mense in hospitale.Ek het baie vriende verloor omdat hulle slim was en hardegat was en nie wou inent nie en die prys betaal het.

koos10 ·

Casper, die ANC het voor 1994 alles wat die regering gesê het, gekritiseer, so ook vandag, die EFF. Die is die oposisie partye se werk, en 99% het hulle geen werkbare oplosings nie. Verstaan my goed, ek stem nie saam met die regering se besluite nie, maar om alles te kritiseer sonder werkbare oplossings help niks nie. Ons belasitng betaal politikuste en weet jy wat, hulle doen niks nie.
Ek sal graag wil sien dat ons regering ophou inmeng met alles, en doen waarvoor hulle verkies is, en in die grondwet vervat is.

Robert ·

Tans in Engeland is dit die wat die jab gekry het wat die meeste opgeneem word. Hoe werk daai som nou?

Francois Le Cochon ·

Robert, baie eenvoudige verduideliking. 44 Miljoen uit ‘n bevolking van 66 miljoen al ten volle ingeent. Dus veel meer ingeentes as oningeentes. Indien 100% ingeent is, sal 100% hospitaal gevalle ingentes wees. In China het 100% van mense wat in hospitale opgeneem word, swart hare, bloot omrede Chinese nie blond is nie.

piet ·

Dis logies want oorgrootte meerderheid van hul bevolking is reeds ingeent. Wat jy moet doen is om die persentasie van mense wat nie ingeent is nie en hospitaal toe moet gaan, vergelyk met die persentasie wat wel ingent is en moet hospitaal toe gaan As hulle nie so baie mense ingeent het nie, het hulle hospitale nou heeltemal oorgeloop. Hier in SA self word dit reeds bewys, net verlede week het Groote Schuur hul statistieke bekendgemaak.

Rooikopheks ·

Ja, ń duisend maal ja, ek stem saam met jou Casper, maar die mense is hardegat. Die oplossing vir normaliteit is inenting maar mense sal eerder breindood nonsens glo.

Francois Le Cochon ·

Netso. Mense neem al wat medisyne is wat hul dokters voorskryf sonder om met die dr te redeneer oor die samestelling en newe effekte, maar glo alles wat hul lees op sosiale media.

Rooikopheks ·

Ja Casper, as die mense weer normaliteit wil hê moet hulle gaan vir hul inenting. Maar hulle verkies om breindood onwaarhede te glo. So hulle moet nie kla nie.

Skuilnaam ·

Casper, dan is daar nog die FEIT dat die DA se dae getel is – hulle sal NOOIT weer die mas opkom nie. Die alewige “power struggle” in die DA het hulle gekelder. Die DA is sy eie grootste vyand.

SlinkseKoljander ·

MM was die begin van die einde vir die DA, hulle moes hom nooit leier gemaak het nie. Hy het absoluut niks beteken vir die DA.

Toy ·

Almal het nou ‘n eier te le oor Steenhuizen en die DA, maar kom ek vir jul se gaan kyk hoe netjies is dit in die Kaap. Ek hou van Steenhuizen, dis my opinie. Als is rampspoedig met die ANC.

tweeling ·

Die eier wat gelê moet word is dat die mense in die townships aangemoedig moet word om in te ent. Dit is die DA se plig wat hy nie nakom nie. Regulasies sal verslap hoe meer mense hulle laat inent

Jakes ·

Hierdie mense wat die DA so kritiseer, as julle dan so wys is gaan registreer julle eie party en doen iets konstruktiefs vir die land. Die Weskaap is die enigste provinsie wat na iets ordentlik lyk en as julle ou Ramaphosa steun dan het julle nog nie in 26 jaar besef watter skade hierdie klomp onbeholpe en onbevoegde diewe die land gekos het ne.

koos10 ·

Jakes, dieselfde Wes Kaap waar daar tans twee oorloë aan die gang is. Een is tussen bendes en die tweede tussen taxis? Daar waar die haweloses in tente of enige ander struktuur, op bykans enige oop grond bly, maar veral onder al die brue. Daar waar die DA vra om die SANDF in te kry? Elke provinsie het sy eie probleme. Die Wes Kaap bestaan nie net uit die atlantiese rykmans buurtes nie, net soos Gauteng nie net uit Sandton bestaan nie. Dis redelik maklik om die probleme mis te kyk, maar om te beweer dat daar geen probleme is nie, is net nie waar nie!

piet ·

Natuurlik is daar probleme, dis SA. Maar jy moet die Wes-Kaap vergelyk met die res van SA, dan is daar tog ‘n verbetering in terme van dienslewering en so aan. Of stem jy nie saam hiermee nie?

SlinkseKoljander ·

Ek bly nou al 15 jaar in die Kaap en die laaste 5 jaar het die Wes Kaap BAIE agteruit gegaan. En jou opsie is nie net DA of ANC nie, daar is baie ander.

Casper ·

Skuilname in ‘n mate stem ek saam met jou maar kyk hoe goed gaan dit in DA geleide munisipaliteite en vergelyk dit met ANC geleide munisipaliteite Die ANC gaan by die verkiesing heelwat steun verloor a g v die onstabiliteit,korrupsie bedrog en verkragting en moorde.Cele is ‘n teleurstelling in alles onder sy beheer..Hy spandeer teveel tyd om met die nasionale kommisaris swaarde te kruis i p v sy werk doen waarvoor hy aangestel is.

Boerkind ·

Ai John… Jou party staan ook verdere beperkings voor in die vorm van “inentings” en digitale paspoorte… Los mense vir eens en altyd uit en laat die land terugkeer na normaal. Julle verstaan demokrasie nie eens nie – jy word deur massas gekies en dan besluit die individu vir die massas… Koebaai!!

Pieter ·

Die regulasies is absurd. Soos drankverkope van 10vm-6nm. Hoekom nie reeds vanaf 7vm nie, want baie winkels het ‘n wynafdeling. Dit gaan ongemaklik wees. Soos die regulasies absurd is, is die bestuur van die plandemie ook absurd. Glo nie veel van die agtergeblewenes en hul koor nie.

Blomme ·

Regtig? Sal die virus net verdwyn as almal ingeënt is… Regtig waar Steenhuizen? Hoekom het jy nie laaaankal met dai briljante oplossing gekom nie! Ek wonder net hoe wonderlik jou oplossing is as gekyk word na hoeveel mense wat die entstof geneem het positief toets en hoeveel reeds gesterf het. Word wakker asb! Kry ń entstof wat die virus uitdoof en nie een wat net moontlik die simptome verlig nie!

tweeling ·

Entstof wat die virus gaan uitdoof gaan jy nêrens kry nie, hoe lank is die griep virus al op die aarde.

Zara ·

Veel liewer die DA as die korrupte, magsbehepte, onbeholpe anc

Willempie ·

Om ń beroep op Cyril te te doen is so goed as om POWERBALL te speel.

SlinkseKoljander ·

Die DA wil altyd hê Ramaphosa moet verduidelik, het hulle nog nie geleer dat hy hulle glad nie ag slaan nie? Of is dit maar net al wat die DA kan koen, want hulle slaan nooit oor na enige werklike aksie vir hulle kiesers nie.

piet ·

Wat moet hulle doen, hulle is nie die sentrale regering nie? Selfs in die provinsie wat hulle regeer, is hulle onderworpe aan sentrale regering. ‘n Opposiseparty kan net soveel doen en hulle doen BAIE meer as enige ander opposisieparty.

JohanR ·

Stem maar vir die ANC in November, en kyk in 5 jaar 2026 hoe lyk die Wes-Kaap soos ;n riool plaas. Ek iewers op Twitter die volgende gelees soe ek hoop is OK met die skryfer as ek dit hier sny en plak. Ek sit dit in Engels en Afrikkaans : How many times must this be pointed out? The entire ANC is rotten, top to bottom. It’s not a party. It’s not a government. It’s not a liberation movement. It’s just one big criminal money sucking parasite that is killing our country. It has to go.

Hoeveel keer moet hierop gewys word? Die hele ANC is vrot, van bo na onder. Dit is nie ‘n partytjie nie. Dit is nie ‘n regering nie. Dit is nie ‘n bevrydingsbeweging nie. Dit is net ‘n groot kriminele geld suigende parasiet wat ons land doodmaak. Dit moet gaan.

Mariana ·

Nee dit sal nie gebeur nie. Onthou hulle het reeds 4de vlaag voorspel vir sommer begin Desember. En die Wes-Kaap lyk baie beter as res van die land. DA doen iets reg, moenie hulle afkraak nie. Die hele land kam net beter wees onder hulle leiding.

Elize ·

As hulle nie die inenting verpligtend gaan maak nie, moet hulle maar die ramptoestand en lockdown wegvat. Oor n paar hardekoppe moet almal nou onnodig ly.

Johan ·

Dit is beter as DR Groenewald wat vra vir strenger inperkings en dan nog vir die afdwing daarvan ook. Sal die keer maar mooi dink as ek gaan stem.

Alleen Wolf ·

Dit sal nooit gebeur, die blote feit dat ramapara in vier weke nog nie reageer het op die vorige versoek nie is genoeg bewys dat die mags behepte anc so lank as wat ons dit toelaat aan die mag sal vasklou.
En dan is daar nog die klomp wat hom ondersteun en glo hy red lewens met sy reeltjies, maar wat hulle gerieflik vergeet is hoeveel huidhoudings totaal vernietig is in die proses.
Ons kan ook maar vergeet van vakansie in Desember, hulle het klaar op dag en datum besluit vir die s.g. 4de golf.
Wanneer gaan ons wakjer word en besef wasrmee die klomp narre besig is
DIE GROOT VRAAG MOET WEES, WAAROM IS DIE GESONDHEIDS FASILITEITE NIE OPGEGRADEER OM MET DIE PANDEMIE TE KAN DEEL NIE, WAT HET VAN DIE GELD GEWORD RAMAPARA?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.