Ramaphosa: Aandklokreël, alkoholverkope aangepas

Pres. Cyril Ramaphosa (5 Augustus 2021) (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand die land toegespreek oor afsonderingsregulasies om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Hy het gesê syfers van hospitale wys die waarde van inenting en het dit benadruk dat die inentings veilig, doeltreffend en die beste manier is om Covid-19 te bekamp. “Ons weet dat mense wat ingeënt is nog steeds die virus kan opdoen en dit na ander kan oordra. Ons sien egter dat mense wat ingeënt is, oor die algemeen nie ernstig siek word of suurstof benodig nie en dit is minder waarskynlik dat hulle sal sterf.”

Ramaphosa het gesê die derde golf van die pandemie is beslis nog nie verby nie, maar daar is die afgelope paar weke ʼn bestendige afname in gevalle landswyd.

Die president was met die nasionale koronavirusbevelraad en die ministeriële raadgewende komitee in gesprek en die besluit is geneem om die land van 13 September 2021 van vlak 3 van die afsonderingsregulasies af te skuif na vlak 2.

Dit beteken:

  • Die aandklokreël geld van 23:00 tot 04:00
  • Nie-noodsaaklike instellings (bv. restaurante, kroeë, ens.) moet reeds om 22:00 sluit
  • Byeenkomste (godsdienstige of politieke byeenkomste en sosiale geleenthede) word beperk tot 250 mense binnenshuis en 500 mense vir buitelug-geleenthede of 50% van die kapasiteit van die venue
  • Alkoholverkope vir verbruik weg van die perseel word toegelaat Maandag tot Vrydag, vanaf 10:00 – 18:00
  • Alkoholverkope vir verbruik op die perseel word toegelaat kragtens lisensiëringsreëls tot 22:00
  • Die dra van maskers bly verpligtend

Hierdie regulasies sal binne twee weke hersien word om die impak daarvan op Covid-19-gevalle landswyd te bepaal.

Ramaphosa het gesê daar sal ook binnekort meer inligting bekendgemaak word oor die regering se benadering tot inentingsertifikate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mariaan ·

Ironies…ons wag vir “die president” om te se dis reg om funksies v 250 binneshuis by te woon…NEVER sal ek n funksie bywoon met soveel mense nie…COVID is nog BAIE aktief…mense moet hul gesonde verstand gebruik en hulself beskerm

Tiptol ·

Darem bietjie goeie nuus. As ons net ‘n hoër inenting syfer kan kry, kan al die reëls opgeskort word soos die UK.

annie ·

Sal ons ooit ontsnap uit die web van die bevelsraad wat nou so ingewurm is in die bestel dat hul glo hulle is die regering met haar hoogheid die regeerder? Daai entstoffabrieke begin ook nou eers botteltjies uitryg…

BOKKIEBEK ·

Dis vir my moeilik om te verstaan dat sosiale byeenkomste – troues en partytjies tot 250 mense binne mag vergader en self as jy Sondag kerk toe gaan en 500 as dit opelug is – maar ‘n begrafnis mag net 50 mense bywoon….jy moet ‘n uitnodiging rig aan wie mag en wie mag nie..baie sad. Weereens maak hulle reels nie sin nie..

ES ·

Ek dink nie jou redenasie is korrek nie. Begrafnisse tel onder byeenkomste en is beperk tot 250 mense en nie net 50 nie. Hoekom kan jy kerk toe gaan (waar begrafnisse ook gehou word) en 250 mense wees, maar met begrafnisse (by diselfde kerk) net 50? Dit was wel so gewees met vlak 3 van die inperking.

Misky ·

Dit staan duidelik daar ES, maksimum 50 mense by begrafnisse

Barney ·

Ek dink het te doen daarmee dat in sekere kulture in die land begrafnisbyeenkomste by die huis van die oorledene gehou word en nie by ‘n saal of kerkgebou nie. Honderde mense woon gewoonlik so byeenkoms by en dan is hulle ineengebondel by ‘n gewone woonhuis.

jou gewete ·

hulle het nooit opgehou om dit te doen nie so wat beteken die beperking

Persheks Adri ·

Betogers mag seker wéér in massas wees. Nie dat hulle die reëls nakom nie in elk geval!

SjN ·

Die reels is in elk geval net vir die gehoorsame burgers, sal graag wil weet hoe kom hul by die bywoningsyfers uit, duimsuig getalle?

MakersMark ·

Nou begin die gekuier weer oor drie maande hello vlaag 4. Maar ons kan die ANC en die inentings wat nie werk nie blameer al is ons nie ingeënt nie.

koos10 ·

Al wat kort kom op sy hele aankondiging, is dat die reëls net van toepassing is op sommige mense. Politikuste, plunderaars, kriminele, plaasaanvallers en die soort is gevrywaar hiervan.

Kobus ·

Ja die gemors praat net oor die sqatter moorde maar van van die plaas moorde die mense wat kos op ons tafel sit daarvan word niks genoem nie

Patch ·

500 mense word in buitelig by byeenkomste goedgekeur maar daar mag nie 500 mense in ‘n rugby stadion wees waar daar op Loftus plek vir 51 000 mense is nie????? Die wiskunde maak nie vir my sin nie, hoekom kan daar nie toeskouers wees by groot rugby wedstryde nie?

Kobus ·

Onthou die goed was nie in die skool nie al wat hulle weet is dra weg of I want

Karina ·

Bokkiebek ek stem saam met jou ivm begrafnisse. Maar as ‘n politieke persoon ‘n begrafnis het, is daar definitief meer as 50 mense teenwoordig. Lyk my reels is net van toepassing op sekere mense. Verder almal het dinge goed opgesom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.